Die son gaan slaap bietjie later deesdae, ons het die winter survive en oor so paar winks begin die World Cup! Jy kan vir ‘n limited time only ons Superbru pool gratis join – die wenner kan ‘n springbok wen, as die Bokke wen.
Ek sal seker altyd skiem dat die Bokke ‘n shot sal hê om die trophy terug te bring, but this time it’s different. Ek is vas oortuig – want chack my zoo cookie
Koekies praat mos nie kak nie.
Anyway, die veld is weer vrolik my bra, die lewe ‘n lied! Die verskonings om te braai raak by die dag meer. Kort rokkies, spierwit bene (vir so ruk at least) en bloeisels aan die bome. The start of new things. So loop ek die anderdag perongeluk aspris die nationale kaptein van kuns, Willem Boshoff, raak. Die bra is fokken huge in die overseas en sy baard is even meer huge. Fok Paul Kruger.
Nee seriously, klap ‘n google as jy skiem ek try jou ‘n mielie rol. Of check net sy website – ‘n legend, fokken #once. Ons het in so semi-biertuin tuin onder ‘n druiweprieël gepark en ek was, first of all, blown away toe hy my tune ons het dalk al iewers, somewhere along the line ontmoet. Hy was amper convinced en ek kon nie regtig stry nie want ek het al per geleentheid memory loss gehad as daar jagsemeisies aka tipex oftewel Jagermeister betrokke was.
Willem is oorsprongklik van daai zefskaam hoekie in die Vaaldriehoek langs V-Town. However, die naaste wat ek aan Vanderbijlpark oor die laaste dekade gekom het was om ‘n tjerrie wat ook daar gebore is te date – een van daai dik skelm (pun intended) nommertjies.
Willem het ons oor ‘n glasie rooi vertel van die moves wat hy gepull het as hy nie regtig met iets (governments policies veral) saamgestem het nie. Amerika se calculated air strikes op Baghdad (die payback vir 9/11) het hom byvoorbeeld nie aangestaan nie. Kuns wat hy oor daardie tietkop move wat George Bush in 2001 gemaak het, het net die ander dag vir like R2-miljoen.
verkoop. “Ek dink ek het die werke oorspronklik vir R15 000 stuk laat gaan,” het Boshoff verduidelik. Nie ‘n sent meer vir die artist nie.
Toe begin hy oor rappie gesels en dit was dalk die befokste pre- World Cup chat wat ek tot dusver gehad het. Boshoff worry, soos meeste van ons nou maar doen, oor die ouderdom van sekere spelers. Hy kon egter die waarde van soveel ervaring in die Springbok groep beaam en nes die res van ons, sien hy ook daarna uit om die global showpiece te kokkenotch.
Vir my was dit verby cool om te check dat ‘n legend in die kunswêreld ook ‘n opinie oor iets het wat nie noodwendig hip-and-happening in artistic circles is nie. So baie arty farty fokkers is nou maar net nie so gewire om van sport te hou nie. Baie van hulle kyk daarop neer terwyl ander hipsters daarvan oortuig is dat dit “uncool” is om so bietjie passionate oor ‘n bolsport te raak.
Okay fine, daar is seker redes waarom sekere mense besluit om met oogklappe deur modern South African living te gaan, en ek is seker baie ouens wat die kwas eerder smeer, was op skool gemok omdat hulle nie ‘n bal wil of kon vang nie – en dit is ook oraait.
Maar as Willem Boshoff uitmaak, kan dit dalk net tot hul voordeel wees om so elke nou en dan die kassie dop te hou as die ouens in groen en goud jol. Niemand verwag van jou om oornag die coach of kaptein se naam te ken nie, maar fok die game, check net hoe mense reageer wanneer ons score.
My tweede zamalek was veral lekker gewees, thanks Willem en PS, die blou aap road kill decompose in een van die local artists se studio.
Watkykjy staan op 3,091,361 post views in totaal sedert 1 November, 2019.