The Oh So Serious het ‘n strategiese ‘g’ in Hanover gesit toe hulle die ander dag daar ‘n bietjie tunes gemaak het. Die 3 Darling Street babelas was egter een waaroor ek nie baie spyt is nie. Die show was next level befok en die kak wat ons na show gepraat het ook. Ek wens net ek kon meer onthou, maar daar was ondermeer tequila betrokke. Talk about cowboy vibes. Eina ma!
Vana (die main peanut van die band) het my wel op some stage tussen die shots en samesyn na die gig getune dat hy dit sal like as ek iets oor die album skryf. Let wel, die kere wat ek al so iets vir Griff gedoen het, het ek nog altyd die artist se CD stukken geluister (dikwels het my flatmates in hul broeke gekak oor die repeat vibes) en met The Oh So Serious was dit die week ook die geval.
Lekker chill tunes wat beslis die strict playlist van my toekomstige bar sal maak. Maar fok my, Rolbees se review kan beswaarlik getop word – dit is asof die marabs iets van tunes af weet. Ek stem met fokken alles saam, bliksemse Rolbees.
So Vana, kom ons praat eerder oor die show, of dit wat ek so tussen die zamalek en shots deur kan onthou. Vir starters, was die individual vibes wat julle aan die begin gegooi het piscool gewees. Elke bra het so bietjie van ‘n ander flavour met die kitaar in die pot gegooi en teen die tyd wat dit go-time was het die enigste tjerrie in die bar al teen haar stoel begin afgly. Die gay dudes was net so opgewonde, by the way.
Daarna is ‘n paar tracks van die nuwe album gelooi en ek is seker ook ‘n paar meer bekendes – ek sal nie weet nie want die show is waar ek my Oh So Serious virginity verloor het. Laas toe die manne by #bucksforbrixton opgetree het was dit in die tyd toe ek noodgedwonge langs my kar ‘n middagslapie gevang het. Ek blame dit op daai All Good Health Shop girls saam met wie ek geparty het. It’s All Good, so back to the music.
As jy The Oh So Serious se CD luister klink dit pretty much perfek. Check jy hulle live dan verstaan jy dalk hoekom dit so crisp op die oor val. Die manne is nou maar net serious musicians met full-time jobs wat elke strum van die kitaar of blaas van die bekfluit terdeë geniet. Daai vibes het gesorg dat elkeen van die sewe-man (een tjerrie) strong crowd nie regtig die band wou toelaat om op te hou nie.
Kritiek: Old Fashioned Morphine is ‘n nice cover om met soveel incredible musicians te doen, maar vir my werk dit slegs as daar husky female vocals iewers betrokke het. Jy maak uit van daai sexy Single Malt, 20-skywe ‘n dag stem?
Laniemybru, Rian Malan en Les Javan se rendition wat soms deel van hul Svengali Project sets uitmaak doen die Jolie Holland track aansienlik meer justice – en hulle doen dit sonder drums of ‘n kief sax waarmee The Oh So Serious my in my panty laat cream het.
Piele show, piele groep dudes wat SnorCity-style lekker kan kuier – net jammer ons land se music industry is so gestructure dat hulle nie binnekort genoeg zak gaan verdien om hul dayjobs ‘n pit te druk nie.
Daar is ook die naweek Currie Cup rappie en volgende week kies Heineken sy 31-man squad vir die World Cup. Go sport!
Watkykjy staan op 3,089,929 post views in totaal sedert 1 November, 2019.