Wie van julle like daai swart heroïne? Ja fok dis nie net my bras in die Oos-Rand wat vinyl smaak nie. Klankbefokte marabse is orals. Selfs in Sêndton ook, doll. So vandag is die eerste vinyl review op Watkykjy. Richard Taylor, daai vinyl junkie van snor city het bietjie ‘n classic gesponsor. As julle nie weet wie die fokker is nie gaan check sy stash uit by https://www.facebook.com/StashRecordsMusic. Bietjie tunes van Gerald Clarke en Brixton Moord en Roof Orkes ook. Long live music. Long live Brixton Barnard!
Kiss – Dressed to kill
Hello, my naam is Rolbees en ek is ‘n recovering vinyl addict. At least ek dink ek het recover. Jirre, die kak kan jou cash flow seermaak. Al die vinyl junkies smile nou senuweeagtig. Ja julle etters, julle verstaan presies wat ek sê. En die van julle wat nog beplan om ‘n draaitafel te score: die regte lingo vir ‘n draaitafel is ‘n TT. Maak notes as julle wil. Skryf hierdie neer: julle gaan hoes met hierdie stokperdjie pappie.
Sadly het hipsters se koopkrag veroorsaak dat greedy dealers die pryse van ou originals opstoot. Maar as jy wegbly van die dose wat die pryse opstoot en met mense deal wat ‘n genuine passie het vir die formaat dan gaan jy jou liefde vir musiek soveel meer geniet. Ok, so jy kan ou vinyl gaan soek by vinyl fairs en vlooimarkte as jy wil. Maar wees gewaarsku, dis nie meer so cheap soos ‘n paar jaar gelede nie. Die goeie nuus is daar is nog reputable dealers en jy sal vinnig agterkom who’s who in the zoo.
Baie mense vra of record companies nog vinyl press. Die antwoord is ja. Hulle maak net nie meer vinyl presses nie. Dis te kak duur. Maar nuwe wax word op ou presses gedruk. Ja, jy het reg gehoor – dis nie nuwe tegnologie nie. En nuwe pressings is ook nie goedkoop nie. Die ou masjiene breek gereeld en dis duur om reg te maak. Die Rolbees is deesdae nie meer so hung up om alles originals te koop nie want soms kan skaars albums net belaglik duur raak. Dis nou as jy dit kan kry op vinyl. So as jy ‘n fairly decent TT en system het dan is die belangrikste ding daai fokken mooi analog klank MOS. Of dit nou originals is of onlangs gedruk is. Whatever. Kry net ‘n behoorlike TT asseblief nie daai kak wat kettingwinkels aan jou verkoop nie. Anders gaan jy al jou duur plate opfok.
Ek is jammer vir die audiophile malaitas. Julle kan maar argumenteer tot julle blou in die gevreet is. Digital sound kom nie naby analog vir my nie. Dit het ‘n voller klank en ‘n “warmte” wat digital klank nie kan namaak nie. Hierdie is ‘n 2014 repress van die classic 1975 album. Dis op Universal se Back to Black series release. Hulle gee jou ‘n kode ook dan kan jy die album op MP3 ook download. Vir daai tye wat jy nie naby jou TT is nie. Dis net die tipe kak wat jy op vinyl wil spin. As daai naald op die wax connect soos ‘n vliegtuig wat land en elegant rondbons dan word jy terug in tyd geneem. Dis soos ‘n time machine. Zap! En jy is in die seventies met horror make-up en space age monster super hero outfits. Gene Simmons sing en pose met daai lang tong wat boldly gelek het wat niemand nog ooit van tevore gelek het nie. Hierdie album het net een bekende Kiss tune op though. Julle behoort dit almal te ken. I wanna rock and roll all night….and party everyday! Snaaks genoeg het die song nie so goed gedoen op die charts daai tyd nie. Dit het met tyd en oor jare ‘n anthem geword. Dit is een van die kortste albums wat ek nog gehoor het actually. Net 15 minute aan elke kant en die pauses tussen die tracks is nogal lank. Seker om op te maak vir die feit dat dit so kort is? Dis moeilik om die een te rate in vandag se terme. Mens verwag epicness van Kiss maar hulle seventies stuff kan nogal repetitive raak. Maar fok dis mooi in analog formaat. Mr “God of Rock and Roll” kan bly wees hulle kry ‘n solid 7 uit 10!
Gerald Clarke – Follow the River
Hierdie is weer een uit my eie stash uit. So twee jaar gelede release. Ek het dit by STRAB opgetel die jaar en het ‘n Gerald Clarke blues album verwag. Soos Black Water maybe. Want Gerald mag mos daai kak goël. Ek is soos Sheldon van Big Bang Theory as mense met my musical comfort zones rondfok. Of my eie persepsies oor artists. Dit is darem moontlik vir my om sulke disappointments te oorkom. Eventually. Ek het die album vinnig deurgescan daai tyd en dit het het my so onkant gevang dat ek dit gebêre het vir later. Was net nie in die mood nie.
Verlede week oppad terug van die Kaap af iewers tussen Hanover en Drie Susters pop ek hom in my CD player. OK, dit was seker bietjie fokken unfair om proper first impressions vir ‘n review in so setting te kry. Jirre die tunes was mooi, asof dit bestem was vir daai oomblik. Dis soulful tunes. Love songs meestal. Broadly defined. Nee, nie die soppy temerige kak nie. Swart perde, beautiful sunsets, beeldskone afgeleë plekke en complicated verhoudings. Maybe eerder verhoudings wat eenvoudig klink (en lyk) maar eintlik is dit glad nie. Is there any other kind?
Dié is musiek wat jou help om die liefde en al daai kak uit te figure. En dis ‘n genuine deurluister album – daar is nie een song wat my irriteer nie. Sal nogal lekker werk op vinyl skiem ek. Musically is dit meer kind of acoustic soulful folk tunes. Bietjie meer commercially palatable sonder om daai sell-out boundaries te oorskry. John Mayer en Citizen Cope tipe vibes. Walking Slowly het ‘n lekker catchy chorus wat jou verplig om saam sing. Maybe I’m a Fool het nogal ‘n Van Morisson influence wat sterk deurkom met ‘n bietjie blues guitaring so nou en dan. My favourite tune op die album. There She Goes het ‘n radio-vriendelike vibe. Set Me Loose is nog een van my favourites. Lekker toned down Guy Collins banjo en slide geeeetar. Baie kief gaskunstenaars. Luna Paige doen backing vocals op Shooting Star en checkit, Adriaan Brand blaas trompet en speel trekklavier op die album. As jy dit gemis het gaan checkityt!
7½ uit 10 for sure!
Brixton Moord en Roof Orkes – Slaaptyd in die Suburbs
As jy na meer as tien ure se bestuur so teen skemer in die buitewyke van Johannesburg arriveer en die smog in die townships groet jou bedonderd, dan is Slaaptyd in die Suburbs so gepas dis fokken scary. Die woorde skud jou onmiddelik wakker uit jou langpad waserigheid. Elektriese heinings, diefwering vrees, stempels in jou pasboek om deel te wees van kleinburgerlike dae, kleinburgerlike vrae, styf aan die speen van jou kleinburgerlike ma.
Jissus, Kleinburgerlike Kreet se lirieke is spot on. Ek was nog nooit ‘n moerse fan nie maar ek het respek vir hulle realness en vermoë om die waarheid vir jou op te dis en yskoud te bedien. Op ‘n ou hout skinkbord. Met gebrande gate. Moenie afgeronde musiek verwag nie. Eerder intelligente rock and roll poetry – but with ‘n competent musical underscore. As jy nie die waarheid wil hoor nie dan is die album nie vir jou nie. Dit gaan jou ongemaklik laat voel. There be no bullshit here. Tankwa-Karoo herinner net weer dat al hardloop jy weg van die groot stad, gaan dit jou waarskynlik nie geluk bring nie. As jy nie jou demons konfronteer nie gaan die stilte van die Karoo jou vir altyd pla.
Hierdie is musiek wat jou forseer om in die spieël te kyk op dae wat jy net wil wegkyk. Jy besef ons is almal Mariaan, Marius van der Merwe, Vera Naude, Hermanus, Lenie en haar liefling ook.
Dis ‘n 7 uit 10 vir my!
Dit voel vir my amper half useless om ‘n band soos dié te try konformeer met my eie klein stempeltjie. Rest in Peace Brixton Barnard. Dis al.
Watkykjy staan op 3,089,944 post views in totaal sedert 1 November, 2019.