Daar is ‘n video online waar Mike Patton van Faith No More by ‘n musiekfees is en Wolfmother hulle tune, ‘Woman‘ begin speel in die agtergrond. Patton vra die joernalis sarkasties in watter jaar hy homself bevind. ‘Wolfmother, you suck!’ tune die man. Sy punt is eenvoudig dat Wolfmother nie juis iets moerse nuut bydra tot rock en roll nie, dat dit meer terugkykend is. En alhoewel ek Wolfmother smaak het die maltrap ‘n punt aan die ballas beet.
Enter Feed the Wolf wat, alhoewel hulle toevallig ook ‘n wolf in hulle naam het, eerder aan die Faith No More kant van rock sit as Wolfmother. Want dis beslis rock, maar dis nie gister se baadjie nie, pappie. Dis ‘n rock en roll leerjas vol wriemelende verrassings en rose en rewolwers en rook en vlymskerp tande onder ‘n cowboy hoed.
Hulle nuwe album ‘Feed the Wolf’ is so onvoorspelbaar soos ‘n Hoëveldse donderstorm en klap net so hard. Van rock en roll stompers tot broeiende ballades tot die spaghetti Western gallop op Revelry Gone, jaag die songs oor die musical landscape met mening. Hierdie wolf is honger en dis tyd om te jag.
Check wat sê Francois van Coke oor die album:
Die musiek is kompleks en dit vat beslis meer as een spin van die record om dit werklik te verstaan en waardeer. Dit was my experience, in elk geval. Dis musiek wat jou forseer om te luister, dit sal nie werk as agtergrondmusiek of in ‘n elevator nie. Waar dit sal werk is in ‘n fliek, met ‘n langhaar robbies wat oor die Karoovlaktes jaag in ‘n ou Mustang, sy hot chick langs hom in ‘n denim short en bikini top, haar slanke voete op die dashboard… en ‘n swaar-gewonde gangster in die boot…
Aangevoer deur talentvolle en duidelik-ervare musikante kan mens hoor dat dit primarily kitaargedrewe songs is waar heelparty riffs, licks en leads mekaar slim komplementeer. Onder die enjinkap klop ‘n dik solid V6 bass en drom combo. Span hieroor die ongelooflike vocal range van Donovan Borne en jy kry ‘n album wat vars nuwe grond breek in die local rock scene. So vars en nuut dat ek vermoed dit nie elke ou se glas Jack sal wees nie, maar ek moedig jou sterk aan om jou oë toe te maak, diep asem te haal en ‘n groot sluk te vat. Jy sal nie spyt wees nie.
Hoogtepunte vir my is Shiver, Burning Bear, The Woe en Flicker. Laasgenoemde feature guest vocals deur Andra. Die kombinasie van Borne se male swagger en haar strelende harmonising is iets om te beleef en ‘n perfekte emosiebelaaide einde tot die album. Pure klas.
Koop die album op iTunes:
Watkykjy staan op 3,084,021 post views in totaal sedert 1 November, 2019.