As jy in die mark is virre nuwe entry level karretjie stel ek voor dat jy ‘n koffie en ‘n brannas gooi en hierso kom sit en lees. Volkswagen het vir my ‘n nuwe Up! gegee om rond te ry vir so twee weke. Hulle het glad nie ‘n review verwag nie, maar ek is in elk geval lus om my doodeerlike opine te gee. Straight…
Die outjie kom in twee modelle uit: Die Take Up! en die Move up! In my video review het ek per ongeluk die “Take Up!” ‘n “Get Up!” genoem vir een of ander rede. Ek is ‘n fokken poephol, sorry. (kyk die video hieronder aan die einde van die review)
My eerste gedagte toe ek uitvind dat ek hierdie tjor vir twee weke kry was dat ek dit gaan review vir die piece of shit wat dit is. Ek het nie vreeslike high hopes gehad nie. As ‘n bonuspunt het die kaar ook ‘n vreeslike lelike gat. Die kleur het my ook nie juis aangestaan nie. Gifappeltjie vibes. Liewe Heksie sou haarself bekak het. Die geel gevaarte wat ek gekry het was egter fully loaded – hy spog met cruise control, ‘n elekrtiese panoramic sunroof met iets soos 5 of 6 settings, electric vensters voor, electric spieeltjies en verstelbare stuurwiel. Verder is daar cruise control en aparte heated seats voor met twee settings wat jou ass en rug warm hou in die winter. Lekker ekstra warm poepe vir jou en jou goose. Een ding wat vir my weird was, was dat die karretjie park assist ook het maar ek kan imagine dat jy poepholle kry wat enige size kar se gat in iets in kan vas reverse. As jy dalk simpel genoeg is om die kar te rol, het hy ten minste 3 airbags ook.
Check, die verskil tussen die twee modelle is nogal significant in terme van ekstra features alhoewel die engine, performance en fuel economy presies dieselfde is met beide modelle, so kom ons roep hierdie ‘n R160k kar, fully loaded – dis een wat ek leer ken het. Persoonlik sal ek die sunroof los (wat jou so R8k sal spaar). As jy die “Driver Package” (cruise control, park assist, multi-function display) en die “Winter Package” (heated seats, fog lights) uitlos, kan jy nog so R7k van die prys afsny wat jou by ongeveer R145k bring, wat aanvaarbaar is vir ‘n entry level run-around wat steeds met baie features gelaai is. Gaan vergelyk gerus self wat jy splinternuut in daai prysklas kan kry. Jy het natuurlik die opsie om ongeveer R135k te betaal vir die stock standard Up! ook.
Ek het gevind dat so paar aspekte van die kar aanvanklik die kak uit my irriteer het. My linkerhand wou heeltyd die volume control en radiostasies op die stuurwiel verander – iets wat die kar nie het nie en ook nie beskikbaar is as ‘n ekstra opsie nie – maar jy sal hierdie tipe kak net mis as jy daaraan gewoond was in die eerste plek. My eie kar is ‘n Golf 1.4 Tsi en dis hoekom ek aan die begin soos ‘n snotneus weeskind gevoel het in die Up!
Nog ‘n ding (wat nie regtig ‘n train smash is nie) is dat die elektriese vensters nie vanself toegaan wanneer jy die kar sluit en die immobiliser inhou nie. Weereens, iets wat jy net sou mis as jy in die eerste plek spoilt was met iets meer luuks. Ek het byvoorbeeld op ‘n stadium ‘n Audi A4 gery en eers die dag voor ek die kar verkoop het (na ek hom vir fokken 2 jaar lank gery het) besef al die vensters gaan toe as jy die remote control se knoppie inhou. Jirre, ek het soos ‘n dom doos gevoel!
Onhou ook dat dit ‘n 3-deur voertuig is. Vir sommige mense is dit ‘n deal breaker, maar ek ry selde rond met drie ekstra mense in my kar, so ek was fine daarmee.
Om weer terug te kom na die kar se lelike boude – kyk, meeste dinge en mense lyk maar gewoonlik fokken lelik van agter af, met die uitsondering natuurlik van Jessica Alba en hyenas. Wat? Hyenas het fokken oulike boude man. Moenie so judgemental wees nie. Die boot lid is egter van glas gemaak so as daai besigheid opgefok word, kan dit ‘n duur storie raak. Dis asof dit ‘n modegier is onder car manufacturers met hulle klein karretjies deesdae:
*ou in fabriek lig sweis helmet af en vee sweet af van voorkop af met overall se olierige mou*
“Jirre Frik, daai kar se gat is darem nou vir jou poeslelik. Wat gaan ons maak?”
“Gee vir my daai stuk glas en die tint aan, dan wys ek jou fokken iets…”
Daar is gelukkig hordes positiewe aspekte wanneer dit kom by die VW Up. Jy hoef hom nie in Energade geel te koop nie – daar is baie ander kleure om van te kies waarin die kar genuine befok lyk, tensy jy natuurlik ‘n boner kry vir hierdie spesifieke geel. Anders as met ander entry level voertuie voel hierdie een ook moerse solid. Niks rattle nie, die deur maak ook lekker wyd oop en die voorste venster is fokken huge. Die voorste spasie is ook ruim. Ek het gesukkel om uit te figure of die spasie voor in die Up! kleiner is as die in my Golf. Ek is ‘n langerige moer en kon die seats lekker ver agtertoe skuif en die seat ook op en af verskuif. Dit, plus die groot vensters maak dit lekker gangster, my broe. Daar is nie veel bêreplekkies in die kar nie, maar die cold drink holder slash asbak en die rakkie vir kleingeld of jou beursie skiem ek is voldoende. Jy soek in elk geval nie ‘n mantlepiece in jou cabbie wat jy vol kaggelkakkies wil pak nie. Daar is ook ‘n askbak/cold drink holder tussen die twee voorste seats en wegsteekplekkies agter. O ja, die voorste deure se side panels is groot genoeg om ‘n stewige beef fillet in te lob.
Die boot se size het my nogal impress. Vir so klein voertuig is dit nogal spacious. Jy kan ook’n vals bodem uithaal vir meer spasie en onder die vals bodem sit jou spaarwiel. Die design nerds by VW het nogal slim gewerk met die Up se spasie in die algemeen. Jy kan die agterste seats ook heeltemal platslaan. Met die entry level model slaan die agterste seat in een stuk plat en met die Move Up! is die sitplekke 60/40 gesplit, so kan hulle appart platslaan. Ek moet ook net byvoeg ek skiem dat hierdie kar ‘n tweepersoon kar is. Daar is nie vreeslik baie spasie agter nie, nie vir groot of lang fokkers nie, in elk geval, maar 4 medium-built mense behoort gemaklik in te pas.
Hierdie is die ideale derde kar, ‘n klein run-around vir besighede of delivery voertuig. Dis ook die perfekte kar vir studente of net doodeenvoudig die perfekte oplossing vir mense wat gatvol is om geld weg te bliksem en die belt bietjie wil vasmaak deur te downscale. Financially it makes sense.
Die Up is actually een van die min karre wat dit van concept car tot op die production line gemaak het. Gewoonlik mors manufaturers ‘n klomp skille op een of ander lelike stuk kak met onnodige features om dit te laat pronk by die Geneva Motorshow. VW het prakties te werk gegaan en actually ‘n plan deurgevoer om iets decent op die mark te sit.
Soos ek vroeër gemention het, voel die kar solid en die driving experience is smooth genoeg sover dit entry level hatches betref. Power steering maak dinge ook gerieflik. By ‘n tjommie se braai moes ek die kar skuif toe ander mense wou waai. ‘n Ander tjommie het toe sommer ‘n 3-punt draai gemaak in die drive-way. Die outjie is kort en effektief. Soos die meeste ouens se piele maar ook is. Jy kan relate? Mooi.
Die Up is by no means ‘n hot hatch, maar jy kan hom in tweede rat tot 80 druk sonder dat hy soos ‘n brandsiek donkie klink. Hy sukkel glad nie op die highway nie en ek kon hom maklik druk hier by die 140/150km/h merk. My goose het effens gemoan dat die kar nie byhou op die highway nie, maar jy weet hoe gooses soms bestuur. Ek het glad nie ‘n probleem gehad in die regterbaan op die N1 nie. Jy moet ook in ag neem dat die engine ‘n pitiful 1000cc is met ongeveer 74 perdekrag (as ek 55KW reg convert met my standaardgraad Wiskunde) maar hy loop soos stroop. Anton Goosen ry nou al vir so paar weke lank sy eie een en toe ek uitgevra het oor sy indruk oor die kar het hy getune: “Ek het die Move Up! aangeskaf met elektriese dak, cruise control en tru-hulp. Ek is baie beïndruk met die brandstofverbruik, die veiligheidsaspekte soos onder andere dat die radio vanself sagter gaan wanneer die kar agteruitry, regtig ruim pakplek vir ghitare ens en bestuur heerlik in die dorp of langpad…”
En dit is juis die ding. Die beste aspek van die VW Up is sy petrolverbruik. Sy fuel tank is fokken klein – ‘n skamele 35 liter, maar worst case scenario sal jy net oor 580km per tank kry. As jy highway ryery en stadsryery combine kyk jy na oor die 740km per tank en as jy net langpad ry en nie soos ‘n doos bestuur nie sal jy lag-lag 870km kry. So kyk bietjie na daardie nommers as jy ‘n entry level kar soek. Toe ek dit besef het, het die lelike gat pla my nie meer so baie gepla nie. Die karretjie het op my begin groei. Dis ‘n befokte klein dingetjie.
Gaan boek gerus ‘n test drive by jou naaste VW dealer. Nee genuine, gaan ry die outjie jouself en gaan inspect hom so bietjie up close and personal. As jy in Pretoria is, bel sommer vir Willie Scheepers by Hatfield VW by 012 4318000 of drop hom ‘n mail by willie@hatfieldvw.co.za – hulle run tans ‘n special op die Get Up! en hulle diens is great.
Watkykjy staan op 3,090,631 post views in totaal sedert 1 November, 2019.