Boargazm – The Baconing
Ok, ek was nog nooit rêrig ‘n moerse fan van Strepsil Metal nie, maar ek het ‘n glyskaal. Heel onder aan die lys is ‘twee pakkies Strepsils ‘n dag metal’ soos Cannibal Corpse. Death metal. Varkstront, dit klink vir my net na onherkenbare geraas. Maar van vyf Strepsils ‘n dag af headbang ek saam. Soos Sepultura en Pantera. Speklekker bands daai! Ek is meer ‘n thrash metal fan, so Metallica en Megadeth is seker een of twee Strepsils ‘n dag.
Boargazm is in die Sepultura range. Moet nou nie ‘n vark wees en die twee wil vergelyk nie. Boargazm het al vir hulle geopen – maar dis twee verskillende vibes. Forvarksakes, daar is deesdae so baie kategorieë. Wat is groove metal anyway? Ek moes nou eers gaan google. Ahhh dis soos Pantera en Sepultura. Stoner Metal? Symphonic black metal? Symphonic stoner (with brain damaging weed) metal? Technical Death Metal? Boargazm is ‘n intergalactic space metal band? LOL! Die bras het ‘n sin vir humor. Boargazm se wildevark konsep is nogal hardcore, disturbing en snaaks alles op een slag. Ek het nie ‘n probleem met konsepbands per sé nie. Daar is net te veel metal konsepalbums deesdae. Solank die musiek net bevark is skiem ek dis cool. Moenie dink Boargazm vark rond soos Green Jelly van ouds nie. Not by the hair of my chinny chin chin. Hulle is serious oor hulle musiek.
The Baconing is hulle tweede offering en ook ‘n konsepalbum. Rebelse opstand deur mense in gevangeniskap op ‘n vyandige planeet vibes. Dink nie hulle vat die konsep ding te ernstig op anyway nie. Hulle is ook nie posers nie. Mind you, daar kan geen twyfel by enige iemand wees dat hulle full on METAL is nie. Boargazm is hard, vinnig en gee jou ‘n vollengte sweeploesing.
Die Van der Walt broers maak uit van metal. Dié Wolmers ken van hardcore riffs. And above all kan niemand kla dat hulle nie weet hoe om hulle intrumente te speel nie. Soos solos byvoorbeeld. Dis ‘n belangrike bestandeel in die metal resep. Holy varkin’ bacon burger, what happened to solos these days? Gone forever? Chris gooi of self solos of hulle kry van hulle mede oinkers om te kom goël. Wie se skills ookal pas by die vibe van die song. Natural selection en dan evolve die songs natuurlik. Jason Hinch is soos ‘n besete vark met drumsticks. O my varksiel, hy kan dromme bliksem. Cicero Carstens vinger sy bass asof sy lewe deur ‘n slagter bedreig word.
Hierdie band is bo aan my lys om live te gaan check nog. So watse tunes het my die meeste impress? Een van die bevarkste metal tunes wat ek in ‘n langtyd gehoor het is Star Overseer. Eenvoud. Minimalisme. Hardcore. Damnit to eisbein, dis my kos! Met dromme vars uit die hel uit, fast catchy riffs, great kombinasie vocals en daai squeal klanke wat klink of ‘n Amerikaanse tandarts ‘n wildevark rondruk en verwurg. Gerookte vark metal. Daars nog ‘n kategorie vir jou. Lanie gooi ook ‘n bass solo daar iewers in. Rebel Slave is ook een van my favourites. Good ham almighty! Dit begin met ‘n punk riff wat Heine ontstoke aanhits en dan ontplof dit nogal hardcore-like, met sulke groove metal tussen in. Hey, nou weet ek wat groove metal is. Ek love die stilte net voor die helfte van die song. Stilte voor die wildevark stormloop. Die song sluit af met ‘n mean solo deur Jaco Mans.
OK, so Chris tune die t.A.T.u. cover van Not Gonna Get Us was tongue in cheek om bietjie rond te vark met al die hardcore metal fans wat te serious kan raak. Boargazm like meer van party en fun as om te donker en technical te raak. Dis daai serious porkers wat te veel kategorieë uitdink as jy my vra. Bacon on shit! Daar’s te veel. Funny ding is ek dig die Wolmers se version kwaai. Dit pas obviously nice in by die hele rebellion konsep. Tien keer beter as die original anyway. Hierdie album is ‘n must have as jy like van true metal!
Ek gee hom 7½ uit 10!
Ek is nou honger.
HAIL BACON!
Nightwish – Century Child (Reloaded 2007 Collector’s edition)
Ek het groot geword met vrouens in metal wat ballas geskop het. Ons het respek gehad vir hulle as metalheads. Doro Pesch van Warlock, Lita Ford, en die all girl bands Vixen en L7 (laasgenoemde in die grunge era) om net ‘n paar te noem. En ek bedoel nie hulle het probeer om manlik te wees nie. Hulle het hulle vroulikheid behou maar kon fokken hard rock. Maar Tarja Turunen, wat die lead singer van Nightwish was toe hierdie album release is, klink vir my meer soos Sarah Brightman. Symphonic metal? Dit voel net nie reg nie man. Dis meer soos ‘n mix tussen opera en pop musiek wat wegkruip agter ‘n bos en elke nou en dan uitspring en jou probeer bang maak met ‘n paar hardcore riffs en speed metal drums. Die probleem is net niemand van ons wat regte metal like toon enige reaksie nie. Awkward stilte.
Dan luister ek eerder Baby Metal. Jissus, nog ‘n konsep album? Ek sweer as daar nóg een oor my pad kom gaan ek die horries kry en weer tantrums gooi soos ‘n klein meisie. Hulle tune dit gaan oor die dood van onskuld. Die hele album klink vir my meer soos een lang suicide note. En ek maak nie jokes oor depressie nie. Dis nie ‘n snaakse onderwerp nie. Ek’s ernstig. Die lirieke is ‘n serious cry for help. Miskien het hulle al die geld wat hulle gemaak het bestee aan sielkundige hulp want niemand het goddank selfmoord gepleeg since then nie. Die suicide rate in Finland (waar hulle vandaan kom) is nogal hoog. 33ste in die wêreld.
Marco Hietala se vocals is genuine nie mooi afgerond nie. Hoe de moer verkoop hulle so baie albums? Ek verstaan net seker nie die modern global musiek trends en huidige oorsese smake nie. Hietala se borderline vals vocals is veral hoorbaar op die Phantom of the Opera cover. Cringe metal. Daar is vir jou nog ‘n metal category. As jy ‘n Sarah Brightman fan is en dalk een of twee metal albums in jou collection het gaan koop dit onmiddelik!
Dit kry ‘n flouerige 5 uit 10 van my af.
Kabaal(klankbaan) – Baptism
Baptism in sy geheel het nie my mind geblow nie. Behalwe die song Radio Silence. Dit het my uitgeboul right off the bat. Dit maak jou siel stil vir ‘n paar minute. Jy hoor nie meer sulke songs deesdae nie. Laat my dink aan early eighties the Cure of mid-eighties the Mission. Daai lekker donker vibes voor alternative musiek te mainstream geraak het. Eenvoudige idee. Eenvoudige musiek. Eenvoudige lirieke. Love it! Maar ek kan ook ‘n Violent Femmes invloed bespeur in van die songs. Soos met die lively folk tune Phone Calls. Kief tune. Dis moeilik om Floris Groenewald se musiek te label want vir ‘n one man band spring hy nogal surprisingly rond tussen genres. As ek dit in ‘n boks moet druk dan is dit folk en alternative rock meer as enige iets anders. Player Two is die golden midway evidence daarvoor. Ook baie lekker om na te luister.
Floris eksperimenteer nog baie en makeer ‘n meer ‘n signature sound. Baie van die tunes het aanklank gevind by my en ander net mooi fokol. Soms love ek sy stem maar ‘n ander kere klink dit slightly out of place. Dit het probably te doen met die dramatiese lirieke (partykeer klink dit soos monoloë) in van die love songs. En party songs is bietjie soppy en temerig vir my smaak. Not Alone, wat saam met Shotgun Tori opgeneem is, is weer ‘n great tune. Dit vloei beautifully in all respects. Ek sit op die draad met die album en meeste van my kritiek is persoonlike smaak, I guess.
Ek sou die hele album uitcheck as ek jy is want ek is soms vol kak. As jy lucky genoeg is om Oppikoppi toe gaan check sy vibes live uit!
Ek gee dit ‘n overall 6 uit 10 met ‘n afsonderlike 8 uit 10 net vir Radio Silence. Dit is nou op my favourites playlist.
Watkykjy staan op 3,048,217 post views in totaal sedert 1 November, 2019.