‘n Dubbel op die klippe saam met ‘n gerookte ribbetjie – ja, Heinrich Brüssow se eerste bok game ná Bryce Lawrence ons in 2011 so verneuk het is iets om te vier. Ek onthou nog daai Cheetahs stryd teen die British Lions in Bloemfontein waar Brüssow die eerste keer bewys het dat size nie regtig saak maak nie. Manne, ek praat nie hier van jou zaber nie. Tjerries like ‘n solid stuk wors #feite.
Maar op die rugbyveld skiem ons dat grootte alles is en die gevolg is dat tienerlaaities deesdae al hul sakgeld op protein shakes spandeer. Boys, daai goed maak jou plesierspier klein, ek herhaal – tjerries verkies ‘n solid stuk wors! Buiten ‘n krimpende boesman word die brein ook deur al die gym juices wat die manne so looi beïnvloed. Ons sit reeds met ‘n generasie agro mannetjies in hul mid 20s wat nie meer rugby jol nie maar steeds ysters buig en weens hul tekortkominge by die broek vir geen rede, bar fights begin. Ai, min dinge gee my so min plesier as om so bonehead in ‘n moshpit uit te haal nie.
Terug na die rappie…
Brüssow het die Britse Leeus hard gedonner en admittedly was ek een van daai tietkoppe wat geskiem het hy is te klein vir toetsrappie. My bra, Hendrik Hangbal het my na die game heavy uitgekak en nes @Tweetkak getune dat ek dalk eerder netbal moet kyk. Dit was in 2009 en intussen het hy ons Bokke op meer as een geleentheid help wen. Tog voel ek ook vir ou Marcel Coetzee. Die lat was nog net ‘n wenner in die Bokspan en let’s face it, as hy fiks was sou dit onmoontlik gewees het om hom te drop.
Wat more se game hier op Ellis Park aanbetref moet ons ook besef dat dit heel moontlik Heineken Meyer se laaste game as coach teen die All Blacks gaan wees. Sy manne behoort alles te gee. Hulle gaan die een soos ‘n final aanpak. Watch maar. Heineken kon dit nog net een keer regkry om die swart gevaar te klop en dit was danksy ‘n balhaarbreedte penalty wat Pat Lambie in die doodsnikke oorgeklits het. Shame, ou Lambie kon nie eers na daai moerse pressure kick ‘n plek in die beginspan kry nie. Shame.
Ek en so stuk of 10 Watkykertjies was daar. Francois Hougaard was ook daar en ou Hougie was op die dag ons beste verdediger. Fokkit hy was ‘n solid muur! As die bra net kon pass soos hy tackle was hy seker Saterdag weer daar, maar kom ons gee hom ‘n gap, die Bulls het hom nodig.
Net soos ek presies nou ‘n yskoue Windhoek nodig het.
Watkykjy staan op 3,083,278 post views in totaal sedert 1 November, 2019.