Daar is hoop vir die Bokke en vir ons marabse wat vandag nog in hierdie land van load-shedding, geweld en korrupsie leef. Die Bokke het nou wel verloor, maar dit was ‘n goeie vertoning en as al ons manne weer fiks is kan dinge net beter gaan.
Vir ons wat in die land bly waar jou lewe minder werd is as die panga waarmee jy aangeval word, is daar ook tekens dat ons nie heeltemal die plot verloor het nie. Daar is nog dudes wat die cops sal bel as daar by jou huis ingebreek word. Daar is ook nog ‘n paar manne wat jou sal help as jy deur ‘n klomp kapers by ‘n verkeerslig voorgekeer word.
Die new-age Afrikaner kan ook saamstaan (believe it or not) as een van hul geliefde seuns in die knyp is. Ja ons kan.
So het Brixton Barnard die afgelope naweek sy stryd teen kanker verloor en hoewel dit nooit maklik sal wees om van ‘n legend afskeid te neem nie, was dit iets besonders om te sien hoe ‘n klein groep Watkykertjies, musos, vriende en familie kort voor hy oorlede is hul harte en beursies vir die bra oopgemaak het. Meer is R140k is lag-lag ingesamel om van sy mediese kostes to help dek.
Net dit, ja net die goeie gebaar, is genoeg om my hoop te gee.
Watkykjy staan op 3,090,624 post views in totaal sedert 1 November, 2019.