My Blood Brothers and Sisters! Het almal al recover van Saterdagaand se paartie? What a show! Goeie fok dinge is bietjie stadig gewees die week. Lastige verkoues en hangovers abound. Wonder hoekom? So let’s slow it down a bit voor die naweek weer mal ruk. Wat van ‘n bietjie blues? Ons maak dit ‘n Albert Frost double feature. Variety is the spice of life en Albert Frost groei daai kruie in sy agtertuin. So bietjie Blues Broers, Albert Frost DVD en dan chilled out classic jazz rock genaamd Dildo, sorrie ek bedoel Steely Dan!
Blues Broers – Into The Red
Ek weet, ek weet. Die Blues Broers is nie net Albert Frost nie. Hy mag miskien deesdae net meer famous wees as die ander (even more seasoned musos). Maar is dit nie befok dat hy ‘n album kan maak saam met sy blues family waarin hy nie die hele tyd sy chops afwys nie? Niks fout daarmee nie – blues fans feed off that shit. Just saying. Die Frostie kruie is minder spicy op dié album, toned down en almost in the background. Sy rol in die band is equal to everyone else’s. Dit proe nog steeds fokken lekker. Dan is daar mos baie ruimte vir ‘n meer traditional blues klank om blues fans ‘n voller experience te gee. Die Blues Broers het blues gegoël toe meeste van ons nog pimple faced laaities was, wat net grunge en metal geluister het. Hulle was rebelle daai tyd en die band en record executives het mekaar vir jare die middelvinger gewys. Hulle moes hard werk om kop bo water te hou. Is dit enigsins anders ’n kwarteeu later? Antwoord jy maar daai een. Die band was shattered toe Frostie se pa, Frank Frost oorlede is in 1999. Dit was obviously taai jare tot 2006 toe hulle die kitare weggepak het. Frostie het al in sy tienerjare saamgejam met die band en het nooit rêrig opgehou nie. True SA Blues lore well worth exploring as jy sou wou.
Ok, back to the future. Die Blues Broers is al ‘n geruime tyd weer terug en gee ‘n slight respectful nod aan die Blues Brothers met hulle swart pakke, brass horn section en female backing vocals. Maar daar is geen copying betrokke nie. Hulle het selfs lekker skiffle musiek in hulle sets. Tea chest bass vibes. Can I get an Amen! O wag, die Blues Broers is net so min religious soos Jake en Elwood. Fire and Brimstone is seker my favourite tune op die album. The most anti-gospel blues song I’ve ever heard. Maar die musiek mag jou dalk net laat opspring, bietjie gees laat vang en jou laat skree: Hallelujaaah! Befok.
Voor ek weer te veel kak praat. Die Blues Broers is: Simon Orange op vocals en klawerbord, Harpdog Bob (aka Rob Nagel) slappedie de bass and blowin’ de bekfluitjie mon, Albert Frost on vocals en geeetar en Jonno Sweetman wat die dromme slaan en daai wasbord so lekker krap. Simon, Rob en Frostie sing ook interchangeably.
Die cool ding is dit klink soos ‘n live album dié. Hoekom? Want hulle het soveel as moontlik van die oorspronklike takes gebruik en Jürgen von Wechmar het al die band members op een slag opgeneem. Like in the old days. Yup folks, 14 tunes recorded in 3 days. Professional much? I think the only thing missing is some more cowbell!
Verdere byvoegings is ‘n paar vocal en solo overdubs, die brass horn section en die backing vocals. Ek kry sommer sewentig orgasmes op een slag as ek daai horn section hoor chilled jams gooi. Ja, ek sê mos daar is ‘n horn section. En Melissa van der Spuy se multitrack backing vocals blaas my horing! It’s getting worse isn’t it? Nee, nie my humor nie. Dis ‘n song. Nogal ‘n gem wat uitstaan. Modern day South African blues tune. Daar’s sulke Ray Manzarek klawerbord vibes wat jou probably gaan laat voel jy wil net die emmer skop, opstaan uit die dood, jou werksklere gaan aantrek en stadig soos ‘n zombie werk toe skuifel. Maar dis mos die blues dié, so jy sal befok voel sodra jy by die werk kom. Laat die blues jou vat, pappie.
Caroline is een van daai classic bluesy love songs. Tydloos en meandering en my gunsteling earworm. Dit kan maar weke in my kop rondfok. My Black Dog is die blues soos ek dit leer ken het. As jy gatvol is vir al die fokken kak en jy wil net iemand bliksem dan gooi jy hom. Skiem Griffin kort hierdie song op repeat met al die kak wat bouers hom gee. Maar die sagte blues licks op die song wys maar net weer hoe versatile Frostie is. Hierdie is ‘n superb album opgeneem op ‘n bietjie ander manier en mens kan dit duidelik hoor. Rolbees love dit kwaai.
Ek gee dit 8 uit 10.
Albert Frost – SkyroomLive DVD
Hierdie is nou ‘n lekker Frostie DVD. ‘n Kombinasie van sy eie tunes en die songs wat hom inspire het oor die jare. Meestal acoustic vibes, loop peddles so nou en dan en hy sing ook deur daai customised microphone – wat hom soos ‘n ou blues toppie op ‘n 1930’s recording laat klink. Hy goël elektriese kitaar ook op ‘n paar songs. Befok. Ek het eers gedink die cover lyk bietjie low budget en daar’s fokol info op die DVD and so on and so on. Maar die Skyroomlive concerts was live streaming music concerts wat op die internet versprei is in 2012 in partnership met SABC 1. DVDs was probably an afterthought. Maar dit gaan oor die musiek vir my. So who cares really? Die setting is flippen kief. Op die dak van die Lister Medical Building, 19 verdiepings hoog met Jozi se geboue en stadsliggies in die agtergrond. Perfect, behalwe dit was in die winter geskiet. Brrrrr! Dis net so onder ‘n uur van pure Frostie magic. Hy skop af met ‘n Bo Diddley classic: Who do you love? Loops aan die gang en onmiddelik vat hy die song na electric blues heaven toe. Chakakaka chops – goeie fok. En dan maak hy daai elektriese geetaar sy bitch deur die res van die song.
Next up een van my favourite Jimi Hendrix tunes maar met West-African twist ingewerk. Senegalese acoustic blues, man. Hear My Train a Comin’ is manjifiek verwerk. Hy doen ook die title song van sy Devils and Gods album, bringing some zen balance to the universe. Nog tunes wat ek seriously dig is die Frostie version van Robert Petway se Catfish Blues en the Band se Same thing. Laasgenoemde is ‘n mindblowing extended version met beide acoustic en electric solos in. Yowza! Frostie het op een of twee plekke amper gesukkel met Neil Young se girlie stem vocals op Harvest Moon, but he pulled it off. En toe gooi hy daai slide guitar addition en ek vergeet sommer van die vocals. Albert Frost is truly the most versatile blues guitarist in Africa. Moeilik om ‘n live DVD te rate. Maar dit moet ‘n Cum Laude wees. Nee, nie cum louder nie, jissus julle is zefgatte.
7½ out of 10!
Remastered: the Best of Steely Dan – Then and Now
Hierdie is die tipe plaat wat Dr Johnny Fever van WKRP in Cincinnatti op die draaitafel sou gooi voor hy sy seventies donkerbrille opsit, sy voete op sy lessenaar gooi en net katatonies sit en musiek luister. Met die eerste oogopslag klink Steely Dan se musiek boring en ancient. Circa late seventies, early eighties. Maar luister weer. Dis gekompliseerde musiek, baie beïnvloed deur jazz, maar met catchy pop harmonies wat jy sal herken van fuck knows where. Dis lekker daggawalm kalm tunes. En verskriklik polished wat die actual tunes en audio quality betref.
Donald Fagen en Walter Becker is perfeksioniste en boonop eksentries ook, so die lyrics range van Bhuddist temas tot die normale rock and roll goed soos dwelms en liefdesverhoudings. Maar dis nooit normale liefdesverhoudings nie. Steely Dan doen nie love songs per sé nie. Meer soos obsessive faktap relationships songs. Hey Nineteen klink onskuldig maar as jy dieper delf klink dit meer of dit gaan oor daai creepy ou toppies wat uithang in bars en jong barely legal poppies met cocaine en tequila probeer verlei. Dirty Work wat gaan oor owerspel of ontrouheid of so iets. Die verteller sien kak kom maar doen niks daaromtrent nie. Fok net apaties aan.
Dis asof Steely Dan ooreengekom het om love songs te vermy. Wel, die naam Steely Dan is ‘n tipe dildo. Gaan lees William S. Burroughs se Naked Lunch. Maybe slaan ek die spyker op die kop? Eina jirre! So tussen musiek wat klink of dit in softporn movies hoort (sexy sax, daai), Copa Cabana bongos en ligte bossa nova ritmes waardeer ek hulle sarkasme en soms ook ironiese lirieke geweldig. Op Reelin’ in the years byvoorbeeld:
You’ve been tellin’ me you’re a genius, since you were seventeen, in all the time I’ve known you I still don’t know what you mean, the weekend at the college, didn’t turn out like you planned, the things that pass for knowledge, I can’t understand.
Dis great lyrics daai. Dildo moment right there.
As jy ‘n Stealy Dan fan is dan is jy probably ook ‘n audiophile. No static at all. So dis waarskynlik hoekom Universal Music ‘n remastered best of album release het in 1993. Ek sweer ek is nie ‘n audiophile nie, that’s my story and I’m sticking to it. Universal Records South Africa het die 1993 CD weer in 2001 in ons land release. Dis classic shit hierdie en as jy ‘n music explorer is en bietjie tyd neem en dit mooi luister gaan jy jou gate uit geniet.
Goed, 7 uit 10 maar net omdat dit nie helemaal in my everyday kak musieksmaak val nie. Maar dis besig om op my te groei.
Watkykjy staan op 3,089,794 post views in totaal sedert 1 November, 2019.