Springbok Nude Girls. Fokofpolisiekar. Taxi Violence. Black Cat Bones. Shadowclub. Blues Broers. Solid rock bands met rock solid street cred wat al diep spore geskop het in elke club, pub en op elke stage in Suid-Afrika. Nou vir Blood Brothers, ‘n dream team met ouens van al hierdie bands, pappie. Een band. Een stage. Hulle beste tunes. Hulle favourite rock songs. Een aand in Joburg. Een in Kaapstad. Wil jy dit regtig fokken mis?
Blood Brothers is Arno Carstens (Springbok Nude Girls), George van der Spuy (Taxi Violence/Goodnight Wembley), Francois van Coke (Fokofpolisiekar/Van Coke Kartel), Albert Frost (Blues Broers), Kobus de Kock Jnr (Black Cat Bones), Hunter Kennedy (Fokofpolisiekar/Heuwels Fantasties), Rian Zietsman (Taxi Violence/Beast), Loedi van Renen (Taxi Violence), Jason Hinch (ex-Black Cat Bones) en Isaac Klawansky (Shadowclub).
Ons het met ‘n paar van die Bloedbroers gesels by Kill City Blues studios in Kaapstad waar hulle ‘n Blood Brothers single opgeneem het (wat later beskikbaar sal wees). Check dit fokken uit!
Video geskiet deur MJ Lourens van Prefab Films (http://www.prefab.co.za/)
Pull in vir wat ‘n bedonnerde aand gaan wees en doen sommer iets fokken goed met jou geldjies. Proceeds gaan na die Vrede Foundation, ‘n local organisasie wat jong mense paraat maak vir kanker en hulle help om hospitaalkoste te betaal as hulle nie kan nie. Kanker is ‘n poes, kom ons geevir hom ‘n PK!
Ons het twee single standing tickets ook om weg te gee. Jy moet ons net die volgende Tweet:
“Hey @watkykjy ek wil fokken graag @BloodBrothersSA gaan kokkenodge!”
Ons sal twee random wenners kies Maandagoggend, so jy het kakbaie tyd.
Vang die Blood Brothers hier:
Joburg vibes:
Carnival City
Saterdag, 18 Julie 2015
19:00
Kaartjies: http://www.webtickets.co.za/event.aspx?itemid=1456677163
Kaap vibes:
Grand West
Woensdag, 23 September 2015
20:00
http://webtickets.co.za/event.aspx?itemid=1456920024
Watkykjy staan op 2,931,565 post views in totaal sedert 1 November, 2019.