Dagsê, Belieber kindertjies! Julle is spesiaal, hoor. Griffin het ‘n Justin Bieber geskenkie by my ‘to review’ lysie ingeslip. Foktog! Maar vandag is ek reg. Anxiety pilletjies vanoggend gedrink. Meditasie gedoen. Ek is positief en een met die fokken universe. Lyzyrd Kyngs CD uit my private stash om te help met die lastige earworm flashbacks. En heel laaste ‘n kykie na Lacuna Coil. Ons het mos nou al reeds verlede week vasgestel dat “nuwe” metal nie te kak kan wees nie. What could possibly go wrong? Ek voel nog steeds nie gemaklik nie…
Justin Bieber – Believe (acoustic album)
Jy weet, wat my afpis nog voor ek dit selfs geluister het is – ek kon nie uitfigure of dit ‘n Vodacom pre-starter pack of ‘n CD is nie. Hierdie klein fluffpeertjie het homself so uitverkoop dat selfs Vodacom sy kak musiek aan die massas kan versprei. Ek weet nie wat is verniet nie? Die starterpack en free airtime of die CD? Ok wag, daar is ‘n prys op. R129. Dis R129 te veel. Dis in 2013 uitgereik so jy sou dink dat daar al genoeg van die stront verkoop is. Maar nee, kom ons maak dit deel van ‘n ou inducement pakkie om die arme gepepeupel te kry om geld uit te gee – wat hulle nie het nie – op die kakste musiek in die geskiedenis van ons homo sapiens se bestaan. Hoe op Gods-groen-fokken-akker kan jy teen sulke blatante onregverdige misselling en misleidende advertering baklei? Daar moet wette wees wat mense beskerm teen dié onheil. Ek kort nog anxiety pille. En Griffin, fok jou ook!
Hierdie album is die acoustic weergawe van fluffpeertjie se befaamde 2012 album – dink jy ek kan uitvind wie het kitaar geslaan of klavier gespeel op die album? Daar is so baie mense wat op een song gewerk het mens sou sweer dis ‘n opera produksie. Fluffpeertjie sit op die cover met ‘n kitaar en staar dromerig die verte in – maar ek dink nie hy kan eers een cord speel nie? Miskien is ek net nie lus om te hard te soek nie. Who cares? I’m done.
O my Vader. Daar kom daai rollende puberteitsbepoefde R&B stemmetjie – dit gaan my einde beteken. Dit klink of iemand hom met ‘n veertjie in die anus kielie. Hoe dieper, hoe hoër die trilrolstemmetjie. Trildrol. Die resultaat is ‘n gekerm wat my ‘n spesiale tipe maagpyn gee. Ok nee, dis ‘n besonderse diep pyn (grens aan diarree) maar dit het geen intensie om my te jaag na die abluus toe nie. Dit linger aspris en knaend maar vir my sondes is ek onder die illusie dat ek die vermoë het om dit nog ongemaklik in te hou. Daai hoë nootjies. Asseblief, skiet my in albei knieë want dis vinniger en minder pynvol. As ek nie kreupel was nie het ek bo-op die CD gaan sit, gesquat en myself geforseer om met alles in my wese daarop te kak. Just release the pain. Kan jy my gesigsuitdrukking picture? Wel, kan jy? Dis hoe ek nou lyk. Iewers tussen volskaalse opelyf en kraampyne. Dis die effek van Justin Bieber op die Rolbees. Ek is verslaan.
Op een song gooi hulle sommer ‘n album version ook by. Nou is dit glad nie meer acoustic nie. En nou kan almal hoor hoe kak die musiek rêrig is – met komper drum beats wat flou pomp. Ek voel soos ‘n idioot omdat ek vir ‘n nanosekonde rerig dof genoeg was om te dink hierdie mag dalk ‘n genuine acoustic album wees. Of genuine musiek for that matter. Die beste ding van die hele offering is die R29 free airtime wat die arme siele gaan score as hulle actually die vermorsing van koolstofdioksied gaan koop. Ek is nie lus om weer nul te gee nie. Ek gee dit 3 uit 10. Net omdat ek free airtime gekry het. Bleh, ek voel vuil.
Lyzyrd Kyngs – a few grains of sand
Ek het hierdie CD (Lyzyrd Kyngs se tweede offering) al ‘n wyle en dis die beste teenvoeter vir Justin Bieber se hondkaktos musiek waaraan ek kan dink. Essentially is hulle musiek ‘n rebellie teen die magtige korporatiewe gevangenis. Ek dink nie hulle doen dit doelbewus of kom dit rêrig agter nie. Hulle leef – en denkwyse staan net lynreg teenoor die hele spul – en dit reflekteer in hulle songs. Piet Botha, Arthur Dennis, Rudi Dennis en AJ Graham is ou garde van die SA musiekbedryf. Hulle het scars. Piet is ‘n veteraan (met scars). En hulle het nie Vodacom fokken gimmicks wat hulle CDs verkoop nie. Hulle doen dit soos Metallica in die vroeë tagtigs. Toer die kak uit die land uit. Al vir jare. Die internet help seker maar dis beperk as jy nie ‘n gierige Mamon masjiene agter jou het nie. Starterpacks? Fokkit. Moenie dat ek weer begin rant nie. Maar geld, roem en aansien is not what this band is about at all. As jy dink dis te idealisties hou op lees en skip to the next one.
Still here? Ok, daar is die wat hulle meesters elke dag moet prys, doen wat “the man” vir hulle sê om te doen. Leef net vir naweke en vakansies. Maandae is dit die déjà vu blues. En die siklus gaan net aan en aan en fokken aan. Maar daar is dié wat gekies het om die kak te sidestep. Sommer summier. Wag, wag lees die volgende sin in ‘n Don Lafontaine stem: “They follow the Zen of the Lyzyrd. They are the Lyzyrd Kyngs!!!”
Hulle wys ons daar is ‘n ander manier. Gaan iemand ooit hulle boodskap ernstig opneem? Antwoord jy maar daai een.
Ok, vir die van julle wat te veel meetings bywoon en nie genoeg SA musiek luister nie. Lyzyrd Kyngs 101. Piet Botha (Jack Hammer) + Akkedis = Lyzyrd Kyngs. Die naam is ‘n blend van Jim Morrison se bynaam en die lang “y” spelling in Lynyrd Skynard se naam. Die musiek is in Ingels en natuurlik as jy Piet Botha en Akkedis saam gooi is die dynamics ‘n ander tipe magic. Dis lekker old school musiek. Gooi bietjie Dire Straits rock, Neil Young en Willie Nelson folk for good measure, lekker blues tunes en eiesoortige Afrika rock vibes met ‘n dash Mosambiek in die pot en laat dit simmer vir ‘n uur of so. Dis vir seker nie eenvoudige en een dimensionele musiek nie. Piet Botha en Arthur Dennis is ervare storievertellers. Daar is diepte in hulle ervaring. Luister mooi na Piet se lirieke en jy gaan op reis saam na Duitsland, ervaar die ryk historiese (alhoewel grou en koud) stad Berlyn (Ghosts of Berlin), raak verlief in Gordonsbaai (Bertie’s Moorings) en deel misnoeë met die gierigheid van die faktap sisteem en die effek van die global economic crisis (The Game; Monkey Song). Arthur bring weer interessante karakters in die lewe en gee jou ‘n glimpse van die zen lyzyrd rock and roll lewe – soos Johnny die bankrower rock star wat hulle in Duitsland ontmoet het (Don’t you mess with Johnny), die liefde vir Afrika (Mama Afrika) en wille awesome tye (Crazy Days). Julle corporate fokkers met adventurous spirits sal dié kak love. Gaan jou soos ‘n doos laat voel omdat jy ‘n gevangene is maar hierdie is befokte escapism. So gooi hom in jou SUV of in jou iPod en ontsnap as jy op die donker N1 is oppad na Mordor toe. Hierdie album verdien ‘n solid 7½ uit 10.
Lacuna Coil – Broken Crown Halo
Nee my Oos-rand broer, ‘n Lacuna Coil dis nie ‘n spare part vir jou 3 liter Ford nie. Dit beteken ‘empty spiral’. Heavy emo. Alles is fokken empty. Krisis. Uit my perspektief is hulle nie eintlik metal nie. So kom ons compromise en sê dis ‘n goth rock band met metal trekke (so nou en dan). Uit Milan, Italië nogal. Ek is bietjie uit my depth hier want my enigste verwysingsraamwerk wat ek kan gebruik in hierdie genre is Evanence – en ek ken dit ook net slightly. Ek love die feit dat Andrea Ferro die aggro strepsil metal vocals doen en Cristina Scabbia (schwing!) die meer feminine vocals.
Cristina Scabbia is ‘n total fox. Sy is probably die sexyste vrou op die scene op die oomblik. Ek wil nou nie soos ‘n horny kreupel perve klink nie maar daar is net iets aan gothrock brunettes wat die Rolbees se remme laat opspring. Yabbadabbadooh! Ok fokus. En… ek is terug. Die dual vocals gee hulle meer scope om die yin en yang van hulle musiek te explore. Dit klink balanced en werk perfek. Maar net so oppervlakkige scan van hulle vorige albums en ek kon agterkom hulle musiek het oor die afgelope dekade bietjie flouer geword, veral na die eerste twee albums – maybe raak hulle idees al minder en minder? En dis gewoonlik ook wanneer bands met konsepsalbums vorendag kom. Al weer, se jy? Ja ek wonder ook WTF? Ek love dit maar dit is bietjie volop deesdae by al die numetal bands.
Die tema van Broken Crown Halo is die Zombie Appocolyspe. *Scratching sound of needle gliding off a vinyl record*. Nie te oorspronklik nie, amici miei. Ek kan anyway nie te veel van die lyrics hoor nie so dis seker fine. Ek is openminded genoeg om die elektroniese musiek tussenin te verdra maar die Italian zombiestoppers kan bietjie flou en eentonig raak op dié album met tye. But hey, dis nog steeds ‘n lekker album om deur te luister – al swoon jy net oor Cristina Scabbia. Ek sal die album so 6½ gee vandag. Cristina kry ‘n 10!
Watkykjy staan op 3,110,225 post views in totaal sedert 1 November, 2019.