So ek is seker almal wat Blood Brothers beleef het verkeer nog in ‘n waas van verwondering. En ek kan net dink dat die bras wat dit konsepsualiseer het en deurgevoer het genuine trots moet voel nou. And rightly fucking so. Congrats van ons almal by Watkykjy? Daar is baie om te prys en te vier, maar daar is ook ‘n paar dinge wat my pla. Ek is net ‘n fan van musiek wat die SA rock musiek landscape nog leer ken en wel, daaroor skryf. Die “critic” deel is bietjie artificial vir my, maar dit kom seker saam met die package. Come hell or high water, ek moet eerlik wees of ek mors my fokken tyd.
First and foremost, moet daar eer betoon word aan die belangrikste deel van die hele show. Die spil waarom die hele event gedraai het. Herman Pretorius en sy legacy (waarvan die Vrede Foundation ‘n massive deel uitmaak). Onthou julle sy aansteeklike passie vir SA rock musiek? En sy signature phrase, vrede? Eenvoudig maar powerful. Ek sal nooit sy memory kan justice doen in ‘n paar sinne nie. Ek het hom ongelukkig nooit ontmoet nie maar sy gees sal my altyd bybly. Ek het sy broer Henré Saterdagoggend by die rehearsals so op ‘n afstand gesien en flugtig ontmoet by die show. Ek kon die effek van die hele vibe nie net in sy juvial gemoed en glimlag sien nie maar ook in al die mal fokkers wat daar bos gegaan en rondgespring het. Laat ek aanmove. Jirre.
Die Blood Brothers se aanslag op stage – on that fateful night, 18 Julie 2015 – was in die vorm van ‘n oorlogsregiment. Kanker en al die kak wat daarmee gepaardgaan, vir jong mense in particular, moes vir een aand bes gee. Die oorlog is obviously nie gewonne nie. Not by a long shot. Maar die bras het die battle gewen daai aand. Against all odds. In die heel agterste linie was Jason Hinch (Black Cat Bones & Boargazm) en Isaac Klawansky (Taxi Violence& Goodnight Wembley) wat die dromme gemoker het. Op regter flank, reg vir kontak, was Rian Zietsman kitaar in hand (Taxi Violence & BEAST) en langs hom, gereed en aan die brand, welbekende axeman Albert Frost. Op die linkerflank was Hunter Kennedy op kitaar (Fokofpolisiekar et al) en Loedie Van Reenen (Taxi Violence) slapping de bass. Semper fidelis, motherfuckers! En die voorste linie, eerste in die geveg op vocal attack met spreekwoordelike skietwonde en al: Francois van Coke (Fokofpolisiekar et al), George van der Spuy (Taxi Violence en Goodnight Wembley), Kobus de Kock Jr (Black Cat Bones) en Arno Carstens (Springbok Nudegirls). More or less ‘n drie ure set bestaande uit 34 songs wat deur al die bras uitgethrash en finaal gekies is sonder enige Van Halen tipe kak en hare voor die tyd. Ja fok, rock stars werk ook hard en kan hule egos in toom hou. Dit was awesome om hulle in workmode te sien by die rehearsals.
Die set list was ‘n mengsel van die verskillende bands en artists se tunes en dan covers van die bras se favourite tunes. Daar het so baie gebeur op stage ek sal ‘n fokken boek moet skryf as ek detail wil cover. But for practical reasons, hier is my golden moments, beautifully fucking illustrated.
Die show het afgeskop met ‘n cover van Audioslave se kickass Cochise. Kobus op lead vocals en George wat back-up vocals gooi. Daarna het Francois oorgeneem op lead vocals met Fokofpolisiekar se Antibiotika. Dit was ‘n moerse treat om Kobus en Francois saam te sien rock. Albert Frost se eerste major solo het die first charge mooi afgerond. The first of many. The battle was in full swing. Take no prisoners, take no shit!
Jason en Isaac het daai dromme saam hard gebliksem vanuit hulle uitkyktorings af. Maar op hulle eie was hulle steeds ‘n force majeure to be reckoned with. Dit was ‘n overpowering experience. Ek het vergeet dat Albert Frost nie net ‘n ervare blues guitarist is nie maar nog altyd hardrock kon goël. Rian en Hunter het riffs uitgedeel asof dit kaarte op ‘n pokertafel is. Loedie was soos ‘n sniper met daai bass lines, alomteenwoordig met niemand om hom af te los nie. Hectic.
George is een van daai “in your face” frontmen en dit was particularly visible met Goodnight Wembley se Time Machine. Met almal wat ‘n mic voor hulle gehad het op backing vocals was dit off the charts. Jirre daar was ‘n overload van sulke oomblikke so ek moet versigtig kies. Die Black Cat Bones se No Place Like Home en Long Drive met daai varkpen-in-die-hare maniac, Kobus de Kok Jr op vocals was vir my een van die hoogtepunte. Songs wat geskryf is om crowds te laat uitfok en rondbons het met die full might van die bras agter Kobus ‘n ander level bereik.
Van Coke Kartel se Here Man was ook net die inspirasie wat die crowd nodig gehad het om te connect met Francois en die res. Woohaa! WOOOHAA! Hoendervleis. Here, dit was lekker om dit te sien. Hey, en ons Gen X toppies is nog nie te oud om te rock and roll nie. Arno Carstens se vocals en onstage presence op songs soos Hozier se Take me to Church en daai chilled out version van AC/DC se Highway to Hell was next level. Daai slow version begin vir my al hoe beter klink. Op beide songs was die connection tussen Albert en Arno waarneembaar. Onthou julle New Porn? Well ek was interested om te sien wat Albert beplan met daai violin bow (op beide songs). Hy het nie Jimmy Page antics try copy nie. Hy het net eenvoudig die violin bow stadig en reserved gestrum. Dit het beyond beautiful geklink saam met Arno se vocals.
Jissus wat nog? Daar was ‘n moshpit phase toe dinge bietjie uitgeclutch het. Kon nie mooi sien of daar actually een voor was nie maar die musiek was gepas: dit het begin met ‘n cover van Nirvana se Smells like Teen Spirit, daarna ‘n hardrocking version van Taxi Violence se Unholy, Pearl Jam se Spin the Black Circle en Motorhead se Ace of Spades. Jy moet kan raai teen die tyd wie het vocals op watter een gedoen. Die Blues Broers se Caroline was ook slightly meer rock and roll opgedis. Jy weet mos. Frostie is the king of variety. The spice of life.
Die Fokof vibes was ook sterk. En boonop twee van my gunsteling Fokof tunes: Hemel op die Platteland en Ek skyn heilig. Laasgenoemde was deel van die encore as ek reg onthou. Mens sou sweer die songs was bekend op ‘n stadium want die crowd het elke fokken woord geken. Ha! Van Coke Cartel se Tot die Son Uitkom was ook iets om te beleef. Francois weet hoe om met crowds te connect.
Jeesh, Hunter Kennedy het my verras op vocals met Black Rebel Motorcycle club se Whatever Happened to My Rock and Roll. Goddamn, dit was meer rock and roll as die original version. En ek kon nie glo toe hulle Bubblegum on My Boots speel nie. So net na die tribute vir Herman. Ek het daai song dekades laas live gesien. Great memories. Arno het lekker uitgefok op stage, but so what. As die gees jou vat né…
Die brothers het die battle tot ‘n einde gebring met Neil Young se Keep on Rocking in the Free World met Kobus op vocals en George en Francois wat ceremoniously stage dive after stage dive waag. Ja, hulle is gevang.
“So waar’s die kritiek?” vra jy. Well, here it comes – Kom ons begin by die klank. Dit was nie totally kak nie maar dit was nie optimal vir ‘n supergroup nie. These guys are breaking the barriers, man. Hulle het KLANK nodig. Dit moet reflect wat op die stage aangaan.
Ek was by altwee Kings of Chaos shows die afgelope paar jaar. Kom ek stel dit so: as Blood Brothers se sound op KOC level was en Matt Sorum en kie was in die audience sou hulle skiem “what the fuck just happened?” So wat is die probleem? Het die organisers ‘n kakhuis vol venues om van te kies? Sadly no, meeste groter venues kan barely sufficient sound akkomodeer. Het die organisers en sound engineers alles gedoen om die beste klank uit die venue te kry? Ek dink nie hulle het veel gehad om mee te werk nie. Do they have the kind of budget that allows them to throw money at the problem? Obviously nie. Voeg by dat hierdie ‘n charity event is en dit sluit aan by my tweede punt van kritiek. Iets waaraan ek self skuldig is.
Hoekom is international shows al die eerste fokken dag uitverkoop? Hoekom was Blood Brothers nie fully uitverkoop nie? Daar was baie mense maar dit was nie jampacked gewees nie. Dis die realiteite waarmee ons local bedryf te doen kry. Ek sê weer dit was ‘n massive sukses AGAINST THE ODDS. Bottom line is ons fans kan nie moan dat die klank nie “optimal” is as ons nie hierdie tipe efforts consistently support nie. Sorrie, dis die waarheid. Kruisig my maar as julle wil maar ek wou dit net in die universe infok. Vir myself ook. Kaapstad luister julle?
Watkykjy staan op 3,083,757 post views in totaal sedert 1 November, 2019.