Die Rolbees was bietjie STRAB toe. Eerste keer dat die kreupel sy wiele in Moz gaan rol het. Goue sonsondergange, klein “eiland shack”, bars en eetplekkies, mal fokkers wat op die sandpaaie rondcruise in 4×4’s, warm bokkies in bikinis, ‘n warm somer turquoise see en die reuk van prawns, pregos en peri-peri hoenders wat in die lug hang. Dis Ponta Malongane in ‘n neutedop. Die locals verkoop Moz klere, Dosh M biere en ander cool stuff. Die famous local rum en rooi koelas is gevaarlik. Jirre, pace dit net of dit bliksem vir jou. Maar dis ‘n moerse chilled out plek. So when in Rome… bly net weg van die local dealers. Hulle idee van ‘n tourism package is ‘n Mia Wallace (Pulp Fiction) experience in die middel van fokken nêrens. Naaiers.
STRAB is drie volle dae van folk en blues musiek – ‘n musiekliefhebbersparrafokkendys. Daar is twee stages – een in die dag op ‘n deck by die boonste bar met die see in die agtergrond en in die aand jam die bands op die main stage reg op die sand – ook nie te vêr van die see af nie. As jy buite die STRAB kampeerterrein bly mag die hele vibe, die befokte mense en plekkies jou dalk net ‘n paar bands laat mis. Jy gaan per ongeluk laatkom vir ‘n paar sets. So chill out as jy gaan. Maar as jy anal en stiptelik is, kamp naby die stage. Die Rolbees ken net van “gimp glamping”. Om kreupel te wees is ‘n duur hobby.
Ons het Woensdagaand in Pretoria ‘n R n’ R oefenlopie gehad en moes vroeg opstaan om in die pad te val. Fokken slim Rolbees. Babeleer en travel is nie jou vriend nie. Teen Donderdagaand was die kreupel ou brood. Die eerste band wat ek rustig kon sit en waardeer was Akkedis. Die Dennis broers se legendariese Afrikaanse folk rock is ‘n familiar favourite en ek kon die polsslag van STRAB begin voel. AJ het my net te fokken laat gewaarsku oor die local rum, maar dit was die begin van groot dinge!
Ann Jangle. Goeie fok. Ek sweer daar is iets in die water in die Kaap. Ek het per ongeluk jags geraak toe sy begin sing. Haar stem is diep, powerful en husky. Die musiek wissel van sielvolle donker intimate folk musiek tot groot karnival gypsy jazz met sax en banjo wat die joligheid ontlont. Jy verdwaal as die verskillende tempos jou vinniger en dan weer stadiger meesleur. As jy jouself weer vind fok Basson Laubscher jou op met ‘n solo.
Vrydagaand was 7th Son aan die brand op stage. Ek is nie ‘n moerse SKA fan nie maar die Rolbees het sy fussy kak opsy gesit en die talent waardeer. Kaapstad, julle passion en musiek fokken rock! Ek het amper opgestaan en begin dans.
Maar die STRAB polsslag het daarna nog vinniger begin klop toe die Black Cat Bones die rock and roll gode wakker gemaak het en STRAB poeshard gerock het. Ek was net bietjie agter die crowd en kon nie mooi alles uitcheck nie maar die mal etters se energie het my wiele in die sand laat spin. Kobus de Kock Jnr en kie het – soos konvensie bepaal – uitgefok en die crowd aan hulle voete gehad. Jirre die bras drink whiskey saam met hulle whiskey. Kobus se rock and roll poetry was in jou gesig… wille varkpenne in die hare en al. Andre Kriel se guitaring is lieflik raw en technically precise. Ek onthou nog die Steak and Ale gigs toe hulle passion baie meer was as hulle musical ability. Net vyf jaar of so jaar later en hulle goël met die harde blues rock. Pretoriaaaa bitches!!!! Almal het gewonder wat die onbekende poeier was waarmee Kobus die crowd gegooi het. Hoop nie dit was die local dealers se stash nie? Naaiers.
Ok, so teen Saterdag was die kreupel in die groove – reg vir die moerse trappe na die boonste deck toe. Ek en my tjommas het geoefen by die strandhuis. Bly ons almal lewe nog. Ek weet nie hoekom jaag almal se asems so as hulle my moet opdra by trappe nie? Onfikse bliksems. OK, twee bands met GEES. Sea of Green wat ge”loadshed” is halfpad deur hulle set en die hele deck aan die sing gehad het met ‘Somewhere over the Rainbow’. Julle is wizards – raw deal daai, but great attitudes! En die bra van Wave Rider wat skiem hy is nie ‘n muso nie. Jy het die potensiaal, surfer dude! Gooi net!
Marcia Moon se gripping tunes het my een met die hele setting laat voel. Die see, die mense, die vibe. Die hele fokken Universe. Didgeridoo langs die see. Ohhhhhmmmm! Terwyl ek daar op die magic deck gesit en luister het, het alles perfekte sin gemaak. Alles.
Almal weet Jaco Mans kan geeetaar speel like a boss maar sy stem is ook nie te kak nie. Hy het ‘n awesome cover van Robert Johnson se ‘Walking Blues’ (meer Eric Clapton se version) gedoen. Die Rolbees het daai een veral waardeer. Damn, brother hit a nerve.
Dit was geen verassing dat die Black Cat Bones die blues weer tot ‘n hele nuwe level gevat het nie. As jy oud is en dink hulle is net ‘n band wat geraas musiek maak, check bietjie hulle ‘deboned’ sets uit. Dit was ‘n lekker mix van hulle eie tunes en covers. Muddy Waters sou trots wees en Neil Young sou daai set ook kwaai smaak. Ek het selfs ‘n Valiant cover gehoor. Waar was Valiant by the way? Keep on rocking in the free world!!!
Colabs op die deck was oral waar jy kyk. Ek het track verloor. Jaco Mans saam met Andre Kriel. Basson Laubscher saam met Jaco Mans. Wie wil nou notes neem by STRAB? Ek het nie geweet waar om te luister nie. Magic. As jy dink dit was die hoogtepunt wag net… Jirre, Saterdagaand het afgeskop met Luna Paige. Sy het so ‘n fyn, skaam stemmetjie as sy praat maar as sy eers daai sultry stem loslaat en begin groove dan is die Kaap weer Khoisan. Sy is nogal slim ook – besig met ‘n Doktorsgraad. Maybe in befokte musiek maak dalk?
Toe Crimson House begin speel het ek my tjommies getune vanaand is die Rolbees reg voor die stage. En so was dit ook. Die bloedrooi Kapenaars hou van genres meng. Dit het ‘n old school blues freak soos ek nogal laat kopkrap. Maar hulle funky hillbilly blues rock is lieflik – lekker jazzy ook. En daar is banjo! Dankie Arno! Maar OK, ek is nie fokken Chris Prior nie en dis miskien beter om die musiek te geniet en nie te veel probeer pigeonhole nie. Die band se energie is aansteeklik – maar die slow tunes vang jou ook. Basson Laubscher se B.B. King tribute, “How blue can you get”, het die Rolbees laat serious trane pik. My fok bra – meng jy die Kaapse water met whiskey en hoodoo juice?
Eerste keer dat ek Guy Collins live sien ook. Ek is ‘n moerse Texas Blues fan. Dit was off the charts – straight up Southern blues – geen fieterjasies nie. Sy B.B. King tribute was ‘n southern blues version van ‘When Love Comes to Town’. Ek dink die bra het gesien ek verloor dit. As iemand weer kla dat ons nie talent het in SA nie – fok jou sommer byvoorbaat nou al. En net toe ek vergeet ek is in Mosambiek herinner Jack Hammer my weer waar ek is. Die polslag van STRAB was so sterk dat ek konstant hoendervleis begin kry het. Stalwarts van die SA folkin’ rock n’ blues struggle. Piet Botha, die Godfather van STRAB, die Dennis Broers en Schalk Joubert. Verskillende generasies, verskillende bands, maar dieselfde rock and roll gees. Kobus de Kock Jnr het awesome backing vocals gedoen vir ‘n song of twee saam met Rudi van Akkedis en Nick Becker van Crimson House was ook op stage vir ‘n paar tunes. Ek het letterlik ‘n oordosis musiek in my bloed gehad al.
Ek kon nie meer inneem nie en daar was nog drie sets oor. Die Blues Broers is al dekades lank ‘n SA blues institution en as jy nie geweet het nie, Albert Frost speel nog altyd vir hulle. Hulle het ‘n meer grounded “respectful to tradition” blues klank. Ek sien hulle bitter min in Gauteng optree, so dit was vir my ‘n special treat. Gerald Clarke en Albert Frost is meer innoverend en push boundaries met hulle unieke blues style. Hulle individuele sets was topklas. Telefoon mics, old school mics, feedback en loops en al daai befokte gimmicks – blues wat die crowd insane gehad het met tye. Gees ontelbaar. Skiem die bras het hulle tienduisend ure ingesit. ‘n Blues fan se droom was Basson, Guy en Gerald saam op stage besig om die groot blues geeste op te roep en Jess van der Merwe en Nick wat join met hulle saxes. Gerald Clarke het met ‘Thrill has gone’ die B.B.King tributes soulfully full circle gebring. Jy kan die magic daai aand nooit weer herskep nie. Dankie aan almal wat dit moontlik gemaak het! The King would have been proud!
Onthou om Mamoli Sending te ondersteun. Kobus het ver geloop van Pretoria af tot in Moz sodat jy nooit ooit so iets fokken eers try doen nie. Respect bra.
O ja, en Big H was ook by STRAB om kak baie rum te drink en kiekies te neem. Hier is ‘n paar foto’s:
Stelth Ulvang:
Gerald Clark en Guy Collins:
Akkedis:
Ann Jangle:
Monkeys in Boots:
Bark:
Bitches Brew:
Shotgun Tori:
Naming James:
7th Son:
The Black cat Bones:
Guy Collins:
Blues Broers:
Gerald Clark:
Watkykjy staan op 3,074,331 post views in totaal sedert 1 November, 2019.