Howzit, musiek junkies! Hierdie is die eerste in ‘n reeks reviews van CDs, DVDs, vinyl, MP3s, boeke, old school pornos (OK, Tannie relax. Ek joke net. Nee, ek doen nie.) – watookal die bra’s by Watkykjy? my kant toe gooi. Die Rolbees gee net sy opinie – maar as jy verskil gaan check die tunes uit en gooi bietjie comments. Hou dit skoon, julle naaiers – dis is ‘n familie webtuiste. Julle weet mos!
Griffin laai die stash by die kreupel af in ‘n wit birthday prez pakkie met pienk kolle. Fokkit! Ek praat nie kak nie. En soms krap ek iets uit my private stash ook uit. So kom ons check wat’s in die pink pakkie vandag:
Lana Del Rey – Born to Die
Eerste is Lana del Rey se tweede studio album Born to Die. Actually is dit haar eerste album – fokken confusing, né? Haar “regte” eerste album is na drie maande recall of iets. Hulle moes hierdie een ook recall het. Born to Die was vir een of ander rede nommer een in verskeie Europese lande en nommer twee in die VSA in 2012. Dankie tog ek het dit gemis. 5FM het dit seker faktap gespeel. Want dis verbeeldingloos, vervelig en elke song klink dieselfde. Hoor hierdie vlak lyrics uit die song National Anthem: Money is the anthem of success so before we go out, tell me your address of Money is the reason we exist. Everybody knows it. Kiss kiss. Jirre fok, nee. Wie het dit geskryf? Kanye West? Dis great musiek om in ‘n elevator te speel, vir agtergrondmusiek in ‘n restaurant of as jy jou pop wil impress met ‘n kersligete. Pasop net wie jy gaan attract as jy sulke kak luister. OK, die Rolbees is nie sexist nie – ons vroulike lesers kan met graagte eerder piel-atus hierop doen – of as jou man gesuip by die huis kom elke aand, bind hom vas en martel hom. Ja, Born to Die hom, suster! OK, all jokes aside – sy is beeldskoon en het ‘n supermooi stem maar dis nie vir my nie – wonder net hoekom lyk sy so depressed op die album cover? Skiem sy’t te veel na die album geluister… drum roll… Badam-tish!
Die Rolbees gee die poging ‘n 4 uit 10! Miskien het sy beter gevaar met haar nuwer albums. Dink ek gaan te besig wees om uit te vind – moet my hare was daai dag… crickets in the night.
Godsmack – Awake
Aaaahhh wat’s hierdie? ’n Classic… Godsmack se tweede studio album Awake so reg uit die oude doos – die jaar 2000! Fok jou, Griffin, nou voel ek oud. Awake het meer as twee miljoen copies verkoop net in die good ol’ USA alleen. Impressive. Maar ek is biased as dit by metal kom, so kom ek krap ‘n bietjie waar dit nie jeuk nie. Hey hardcore fans, Sully Erna skiem hulle het nooit soos Alice in Chains geklink nie en die band se naam het niks te doen met die song Godsmack nie. Mmmm… sy vorige band se naam was The Scam? Sully, dude, julle naam is ‘G-o-d-s-m-a-c-k’ en ek hoor ‘n sterk ‘Dirt’ en Layne Staley influence in meeste songs op Awake. As ek reg onthou klink die debut album baie dieselfde. Whatever you say dude, almal “leen” ‘n bietjie aan die begin seker. Maar OK, dis ten minste hard en aanhoudend en skop gat van Pretoria tot in die Kaap. Gooi hom as jy Godklap-die-moer-in is vir iemand. Jou baas, jou pop, jou buurman of die Zuma government. Sick of life is die beste middelvinger song op die album. Mooi “sag” op die oor. Hulle het nog nie hulle experimental fase fully bereik hier nie, so daar is geen major surprises verder nie. Miskien Vampires wat ‘n bietjie Rob Zombie se kant toe bliksem. Awesome kitaar riffs wat aan jou klitring pluk-pluk. Kaklekker! Geen wonder hulle het ‘n grammy nomination gekry vir die song nie. Die CD design is pretty standard – Sully wat skree, middelvingers, bras met ink en hey, die CD double as ‘n CD-ROM, so jy kan kort interviews check as jy van talking heads hou. Die interviews was bietjie flou though. Die Rolbees gee dit 7 uit 10. Check dit uit al is dit net om bietjie nostalgie te beleef!
Ann Jangle – Kicksing Sawdust
Die laaste een is uit my private stash. ‘n Juweeltjie van een van my gunsteling artists op die oomblik. Ann Jangle se tweede en nuutste offering, Kicking Sawdust. Haar vorige album was straight-up blues maar hierdie is anders. Baie anders. As Lana del Rey net haar talente kon aanwend soos dié Kaapstad rock and roll diva… Jislaaik. Vir ons Gautengers het dit gevoel of sy ‘n Martino pull. Kul jou hier – kul jou daar en siedaar – daar fokof sy Berlyn toe! But in all fairness, ek skiem dit was onafwendbaar. Ann Jangle gaan die wêreld oorneem. Watch this space. Maar terug by die album. Wat ‘n bose konkoksie van verskillende genres! Riskant en eksperimenteel. In dié geval is die eindresultaat fokken groundbreaking. Ann Jangle en Albert Meintjies (die bra van Scicoustic) het ‘n major production hier opgetower! Die hele gypsy tema kom sterk deur – die CD artwork en veral die cover dra by tot die authenticity daarvan. Gaan check bietjie die talentvolle artists uit wat op die CD feature. Te veel om op te noem.
Mens kan net hoop dat die Europeërs hoor wat ek hoor. Haar sexy, husky stem en donker lyrics gooi ‘n hypnotic towerspel oor jou en dan vind jy jouself in ‘n alternate wêreld van black magic folk, blues en gypsy carnival jazz wat soos ‘n warrelwind om jou waai. Sax, trompet – eerie folk blues – en soms as jy nie kyk nie: hard rock riffs wat jou weer tuis bring. Die musiek het vinnige en stadige tempos – highs and lows wat jou meesleur. Ek weet nie – sy is ‘n rock and roll Marlene-Dietrich-singing-an-alien kind of blues. Ek het nie ‘n gunsteling song nie. Ek luister dit soos ek goeie vinyl luister – van begin tot einde. Maar ek moet bysê : Ann Rangle en A Good Day For Sarcasm het die hoendervleistoets geslaag. Fokkit. Beste album van 2015 sover vir my.
Ek gee dit 8 uit 10 (maar net omdat ek ‘n doos is anders sou ek dit volpunte gee)
Gaan koop dit nou. Dadelik. Dis al.
-check gerus Rolbees se persoonlike blog ook uit: http://rollingrockprophecies.co.za/ – Griffin
Watkykjy staan op 3,083,275 post views in totaal sedert 1 November, 2019.