Oor 100 dae begin die World Cup in Engeland en boys, as ons mooi na die stand van sake kyk kan ons in ‘n way fokken bly wees dat ons nie met te veel confidence die storie gaan aanpak nie. Niks knock ‘n span so hard as om met ‘n pielstyf by so storie op te daag nie. Vra maar die Proteas wat weke voor die groot dans reeds hul beste moves gegooi het.
Soos dinge nou lyk gaan ons ‘n hele klomp manne wat al op pension moet wees saamvat om op te maak vir die laaities wat nog in hul nappies was toe Francois Pienaar in 95 die beker omhoog gehou het.
Maar dis cool.
Toe Heineken vier-jaar gelede die job by P Divvy oorgeneem het, het hy getune dat die gesondheid van Suid-Afrika se rappie aan die welslae van die Bulls en Sharks gemeet word. Hy was ook daarvan oortuig dat ‘n konserwatiewe game plan sou sorg dat ons weer nommer een in die wêreld word en een van sy hoof missions was om te seker te maak dat ons Super Rugby franchises se coaches saamwerk. Wat Heineken geskiem het en wat toe uitendelik gebeur het was so onverwags soos daai oproep wat ek die ander dag uit Nigel gekry het – die tjerrie get my getune ek is die pa, maar toe tune ek haar ek double wrap altyd as ek in die Oos-Rand score.
Die engels vir Nigel is KY jelly – terug na die rappie.
Dit is dalk ietwat van ‘n understatement maar ons weet dat die Bulls en Sharks vanjaar gesukkel het. Hulle het about soveel gesukkel soos ek tans sukkel om met ‘n yskoue hand ‘n dratie voor werk te kap. Die konserwatiewe game plan is met ‘n meer attacking mindset vervang – ek meen daai vibes van die fly-half wat in die pocket moet wag is so uit soos koekies in die weehuis.
Tot ‘n mate werk die franchises meer saam as dit by die bigger Bok-prentjie kom, tog bly ons grootste worry nie samewerking nie, maar eerder die bucks wat die brasse oorsee aangebied word. Ja mammas, sorg dat jou laaitie op sy 10de verjaardag by die gym aansluit – fok varsity.
Dan is daar ook die opkoms van die Lions wat dalk die beste aanduiding is van presies hoe diep ons land se rappie in die kak is. Die dudes in Joburg is die enigste span in die Suid-Afrika wat All Black style rappie jol nadat Johan Ackerman slim genoeg was om fotostate van John Mitchell se playbook te maak. So werk daai Xerox sponsorhip vir die eerste keer ook mooi uit.
Credits moet ook aan Rudolph Straeuli gaan. Dit bra het ‘n skip wat al amper die bodem bereik het gered en dit lyk of daar nog baie goeie dinge in Jozi gaan gebeur. Toe ou Plumtree, wie dalk binnekort in die Kaap gaan coach in beheer van die Sharks was, het hulle ook all-round All-Black style rappie gejol, maar sedert John Smit daar ingepul het en vir al sy tjommas jobs gegee het hoor jy nie meer van Sharks fans nie – hulle is so skaam soos ek was toe ek die ander aand in some Brakpanbar se kakhuis uitgepaas het.
Ek het die volgende oggend in ‘n hippie tannie se huis wakker geword. Haar hond het my in die gesig gelek. Mens kan net hoop dat ‘n hond ons land se rugbybase ook ‘n lek of twee oor die ogies gee om van die slaap ontslae te raak.
Die feit dat die Lions met amper fokkol budget die tradisionele ysters kon ore aansit behoort hulle slaaplose nagte te gee. Ons rappie is weens verskeie redes in die kak, maar kom ons kyk gou hoe behoort ons World Cup span te lyk. Hierdie is nie die span wat ek noodwendig sou kies nie, maar die kanse is goed dat hy min of meer so gaan lyk.
Die Span:
15. Wille le Roux – Dalk nie sy beste vanjaar nie, but you have to back your boytjie.
14. JP Pietersen – As hy goed is, is hy goed.
13. Jan Serfontein – Sukkel in die Blou trui, maar goed in die groen en goud. Ek sou Mapoe bo hom kies.
12. Jean de Villiers – Ons kaptein behoort reg te wees. Anders sal big Vic seker die span aanvoer.
11. Bryan Habana – Een van min manne wat nie oor sy plek hoef te worry nie.
10. Handre Pollard – Die lat like om die All Blacks aan te vat en ons weet Heineken like nie Jantjies se hairstyle nie.
9. Fourie du Preez – Match winner, rugby genius, probably Bulls backline coach oor so rukkie. Die feit dat hy steeds die eerste keuse is ‘n bewys dat ons game stagneer het.
8. Duane Vermeulen – Enough said.
7. Schalk Burger – Scalla het die ervaring en jol boonop kookwater rugby deesdae. Ek kies hom voor ek Matfield of Du Preez se kaartjies book.
6. Francois Louw – Die man maak dit lekker om rugby te kyk, nes Jaco Kriel wat beslis deel van die groter groep moet wees.
5. Victor Matfield – Sou persoonlik hom van die bench af laat operate met Andries Bekker in die saal. Behalwe vir sy lynstaanwerk is hy ook ‘n genius as dit by die hantering van kak refs kom.
4. Eben Etzebeth – Nes Willie het hy vanjaar so bietjie gesukkel, maar dit wil voorkom of hy sy beste vir laaste gespaar het.
3. Jannie du Plessis – Hoewel daar ‘n paar opwindende vaskoppe is om van te kies, kies jy ‘n yster in die kernposisie en dit is presies wat Doc Jannie is. Dudes wat nie dit verstaan nie, verstaan nie rugby nie.
2. Bismarck du Plessis – Die goeie ding van die kaarte wat hy die seisoen gekry het is dat hy goed uitgerus behoort te wees. Discipline will be key, boytjie!
1. Beast Mtawarira – Beslis nie die wêreld aan die brand gespeel nie en sal moet wys wat in hom steek. Jaag hy kak aan gaan die Rapport hom ‘n quota noem… mark my words.
Die bench:
Adriaan Strauss, Steven Kitshoff, Trevor Nyakane, Pieter-Steph du Toit, Ruan Pienaar, Pat Lambie – en nog een of ander groot unskilful witmens.
Kom ons hoop dat daar genoeg troepe in ‘n span met soveel leiers gaan wees. Kan ons die World Cup wen? Ek skiem ons rugby is, soos in 95 die geval was, net mooi kak genoeg dat ons ‘n paar manne kan verras.
Watkykjy staan op 3,071,850 post views in totaal sedert 1 November, 2019.