Wag nou eers so bietjie. Hou op om in jou neus te krap en luister vinnig hierso. Daar is so paar belangrike aankondigings.
Watkykjy is nou basies fokken orals op die interwebs (behalwe Instagram – daar is geen fokken nut vir Instagram nie). Jy kan ons op Facebrag join, tos praat op Twitter met Griffin en Chopper (soek maar die res van die team op) en ons het hierdie week ge-manage om ons smart phone app die lig te laat sien. Die eerste version is uit en jy kan jou daaglikse dosis kakpraat nou op jou foun of tablet kokkenodge, behalwe as jy ‘n Blackberrie of ‘n Nokia het – ons voel ‘n fok vir daai kak. Dis jou eie skuld as jy met daai nonsens rol.
Die Watkykjy app is nou beskikbaar vir IOS, asook alle Android devices en dit is, soos ‘n seksuele oordraagbare siekte, heelemal verniet. Met ‘n maklike click kan jy byvoorbeeld nou na ons bebfokte radiostasie, Interwebsradio ook luister, sommer so vanuit die app. Ons sal nog so paar kief features gaan bylas en die design so bietjie mooier maak, maar vir nou fokken loop hy soos stroop. Gaan kry die fokken ding en tune ons wat jy daarvan skiem.
En dan, voor jy fokof, onthou van ons kompetisie wat ons run waar ons Oppikoppi kaartjies weg te gee. Moenie fokken slaap of met jou broek om jou enkels gevang word nie. Dis pismaklik om in te skryf.
Fok, wag. Daar is nog een aankondiging – van julle het seker gesien dat ons ‘n nuwe pinball game op die site gelooi het- die Watkykjy Spykertafel. So hier is die storie – vanaf volgende Vrydag kry die bra met die high score op ons game, Mumford and Sons se nuwe “Wilder Mind” CD as ‘n prys. Elke Vrydag is daar ‘n nuwe wenner en daai wenners gaan aan die einde van 2 maande in ‘n draw op ‘n Mumford & Sons LP ook te wen. ‘n Fokken plaat, pappie! En dan verander ons die game se pryse na iets anders toe eventually. Piele, huh? Fokken jol games op Watkykjy en score pryse. So fokken maklik soos dit.
Raait, jy kan nou verdaag. En sterkte vir die naweek – dit gaan poeskoud raak…
Watkykjy staan op 3,085,064 post views in totaal sedert 1 November, 2019.