Deur Big H.
Witchdoctor Productions, die ouens wat Witchfest laat gebeur het, het laasweek vir Sam Dunn van Banger Films hier in Suid-Afrika gehad om ‘n dokumentêr oor die Suid-Afrikaanse metal scene te skiet. As jy nie weet wie Sam Dunn is nie, gaan Google dit ‘n bietjie, jou kokkelol. Die ou is soos rock ‘n roll royalty, en het al verskeie toekennings vir sy film- en televisie produksies ontvang.
Ek het met Heine van der Walt van Boargazm ‘n bietjie daaroor gechat.
Hoessit bra. Wat het Sam Dunn en sy Banger Films crew in Suid-Afrika gemaak? Hoe het hy hier uitgekom?
Hi Big H en Watkykertjies! Ek het hom dieselfde ding gevra. Hy tune toe hulle die movie “Global Metal” in 2008 gemaak het, het hulle baie navorsing gedoen oor metal hieronder, maar dit was aan die gatkant van die aarde en metal in die land was nog relatief stil en minder aktief gewees in vergelyking met nou. Maar nou is ons op die map! Sam bestuur ’n groot film maatskappy in Kanada wat spesialiseer in groot musiek konsert produksies wêreldwyd. Als het maar met tyd so bymekaar gekom sodat hulle op die regte plek op die regte tyd kon wees, en hulle het nou gekom om iets spesiaals vir al ons aanhangers en metalheads te doen. Almal is moerse dankbaar dat daar ‘n bietjie lig geskyn word op ons kultuur.
Befok. En hoe het Sean Dunn by Boargazm uitgekom?
Ek is nie heeltemal 100% seker hoe hulle by ons uitgekom het nie, ons is net baie dankbaar dat hulle kon tyd maak vir ons. Ek dink toe hulle hoor van die Wolmers, die metal-familie/studio/venue/bands, was dit vir hulle ’n interessante onderwerp. Ons het begin chat met hulle span oor e-pos, en the rest is history.
E-pos is so ‘n mooi woord. Anyway, vertel ons meer van die dag wat Banger Films by julle in Wolmer spandeer het?
Ons het begin deur bietjie van ’n chat te hê terwyl die charcoal brand, en ons het ook die hele familie om die tafel gehad en net gepraat oor hoe dit was om as ’n gesin met metal groot te word in Suid-Afrika. Dit was sy hoof fokus. Dit was heel gesellig.
En ek hoor dat Sam Dunn vir jou ouers ook ‘n paar vrae gevra het?
Natuurlik, hulle was die groter onderwerp. Hulle is die hart van die masjien, en die coolste mense in die wêreld. Hy was baie geïnteresseerd in hoe hulle ons grootgemaak het en hoe als gebeur het. Kort antwoord: Ruk en rol pappie, ruk en rol.
Once. Die verfilming van die dokumentêr by Iron Tusk in Johannesburg laasweek was insane gewees. Ek skiem die aand was nogal verteenwoordigend van die huidige stand van metal in Suid-Afrika?
Presies. Die manne van Witchdoctor Productions het ’n wonderlike aand aangebied by hul (baie cool) nuwe metal club, Iron Tusk. Checkit uit as jy in die area is, dis nogal spif. Bands van ooral af in die land het groot kak gesaai, met stage-dives, mosh-pits en smiles all round. Die gees is groot pappie! Elke liewe Suid-Afrikaanse metalhead het die aand hard ge-represent!
Ek kan nie wag om die dokumentêr te sien nie. Op ‘n ander noot, ek sien dat Boargazm die afgelope naweek met ‘n hele paar pryse by die South African Metal Music Awards weggestap het. Dis fokken befok! Vertel ons meer daarvan.
Fênks broe! Ons het drie toekennings die aand terug geneem huistoe en ons is opreg dankbaar vir al die ondersteuning van almal af. Die aand was ook baie lekker met al die tjommies wat in hulle beste kleure uitpak. Almal het so lekker saam gekuier, en die bands wat die aand gespeel het was uit die boonste rakke. Dis soos die jaarlikse dans/bal/sokkie/prysuitdeling vir metalheads. Gees.
‘Best Live Act’, ‘Best Album’ en ‘Best Nu Metal’. Dik respek, julle ouens verdien dit! En verder? Wat lê voor vir die res van die jaar?
Vinnig opgesom: Ek neem deel aan ’n metal-tema besoekersprogram in Duitsland, in ’n geleentheid wat die Duitse Ambassade in Pretoria vir my aangebied het. Hulle stuur my soontoe (waaaat!?) en ek gaan die Wacken Open Air Festival beleef en ander workshops en seminare oor die metal-industrie daar bywoon. Ons klap dan in Augustus ’n Kaap-toer met so ‘n paar shows, en in September support ons vir Enthroned in ’n string shows in Rusland, Estonia, en Latvia. Intussen doen ons pre-production op ons nuwe plaat, Armagammon, sodat ons in Oktober kan begin opneem en in Desember die plaat kan vrystel en bemark met ’n toer om die kus.
Julle varkies gaan kakbesig wees! Thanks vir die tyd bra. Hail bacon!
Hail bacon!
Hier is ‘n paar foto’s wat ons die aand by Iron Tusk geneem het terwyl Sam Dunn en die Banger Films crew hulle ding gedoen het.
Sam Dunn:
Watkykjy staan op 2,933,254 post views in totaal sedert 1 November, 2019.