Dit het als so onskuldig begin… Check ek tune toe mos op Facebook dat die woord van die dag ‘beeldbestormer’ is want ‘n spul studente freak uit oor Cecil John Rhodes eerder as om bier te drink en te naai soos gewone studente. ‘n Pel tune of ek die band Beeldenstorm ken, want hulle is metal en in die Kaap (waar ek ook is) en hulle is fokken lekker.
‘n Emailtjie hier, ‘n Facebookie daar en fokken siedaar: ‘n Interview met Waldi van Hunks oor die band Beeldenstorm, mal metal bliksems van Kaapstad. Kom ons fokken doen dit.
Ek sê, introduce my eers bietjie aan die manne. Laat ek check wie’s wie en what what.
Jis ja buddy! Dis Hilton ‘Niersteen’ Olivier, Waldi Van Hunks, Eugene Rossouw, Stephen Jones en Alex ‘Balexander’ Toua.
Once. Hoekom Beeldenstorm?
Vir die wat nie weet nie, dis die naam wat gegee is aan die afbreking van politiese en godsdienstige standbeelde in Europa in die ou dae. Ek sien so ‘n bietjie van hierdie kak het sy nek hier by ons ook uitgesteek onlangs, maar ons het darem al lank terug die naam gekies voordat dit cool was.
Ek check. Hoekom het julle dit spesifiek gekies?
Ons is nie noodwendig voorstaanders van vandalisme nie, maar die konsep van vernietiging is vir ons van belang. Ook die vernietiging van ideale, sosio-politieke-kulturele instansies en konserwatiwiteit. Basies… ANARGIE!
Mal kak. Soos jy sê was daar hier in SA onlangs effe kak gewees met mense wat letterlik beelde bestorm. Wat skiem jy daarvan – moet die beelde bly of gly? Of maak dit nie ’n fok saak nie?
Om eerlik te wees kan ons rerig nie ‘n fok omgee nie. Om die waarheid te sê, sodra ou Steve betrokke raak met enige iets dan is ons maar bang ons pis dalk een van sy kinders af. Haha! Dis fokken kinderagtig. Om drolle rond te slinger en geraas te maak is bedoel vir die nasorg of ‘n kleuterskool. As hulle groot geword het kan hul weer kom gesels oor regte rewolusie.
Feite. Wat is die eerste metal album wat julle laat aanswitch het tot metal (vir ewig en ewig, amen)?
Ek dink vir ons elkeen sal dit ietsie anders wees. Almal het maar n bietjie ge-Nirvana en ge-Metallica totdat hulle hulle groove vind. Vir my persoonlik het System of a Down my hard teen die oor geklap. Opeth, Amon Amarth, KOBUS!, Mind Assault en FPK het groot dele in ons metal opvoeding gespeel. Melodie, heavygeid en eenvoud is die key.
Jy weet vir party puriste is metal all about the sub-genres. Watter sub-genre van metal is Beeldenstorm? (moerse belangrike vraag, let op asseblief)
Ons is wel n mengsel van sub-genres en goed. Ons is in essence ‘n melodic death metal band. Maar daar’s baie groove ook ingemeng. Ons noem onsself maar Lekker Metal!
Ag lekker man! Lekker. Hoekom die besluit om in Afrikaans te grom, al limit dit die international appeal?
Dis ons moedertaal so hoekom nie? Fok jou as jy nie daarvan hou nie. As jy wil weet wat ons ‘grom’ kap ‘n Google Translate.
Wat skiem jy is die status van local metal?
Meeste mense dink dat die local scene dood is/ was. Soos alle genres vat dit maar ‘n knou nou en dan. Hier en daar het hy weer sy hey-day! Dit kom in golwe. Die mense wat betrokke is is ALTYD betrokke. Daar is baie passie in die metalharte. In die paar jare wat ons nou al optree en voor dit ook het die golf weer begin bult.
Saam met watse international band sal julle die graagste wil toer?
Jissis, daai is ‘n moeilike vraag want daar is te veel. Vir my is dit definitief Amon Amarth of Mastodon. Ek sal myself bekak van die excitement. Die ander ouens sê In Flames, Job For A Cowboy, Lamb Of God, All That Remains, As Blood Runs Black, Black Dahlia Murder, Cannibal Corpse… Die lys is lank.
Lank en hard. Saam met watse local band sal julle die graagste wil toer?
Bra ek scheme jy bedoel seker: ‘watter local bands moet vir ons open’! (Haha – Ed.) KOBUS! V.O.D! FPK! Kom ons maak dit sommer ‘n variety show. Gooi Koos Kombuis en Laurika Rauch ook daar in. Juggernaut is ‘n lekker klomp bliksems. Mind Assault sal weer vet pret wees en selfs ons goeie buddies in Suiderbees. The Narrow. Fok! Kom ons speel saam almal.
Julle ses track EP – Die Donker Wetenskap – is onlangs bekendgestel. Hoe sou jy die album beskryf en hoe is die reception sover?
Sover is die reception nogals spils. Almal is waternat vir dit. Ek hoor dit onstig die dames en bedwelm die here.
Ses songs soos jy sê. Dit bevat bevat elemente van angs, moord, paranoia en gemoedsbekakkings. Dis sosio-politieke kommentaar in een opsig en dan ook ‘n satiriese uitbeelding en afbrekery van daardie einste kommentaar… As dit sin maak. Hard, vinnig, fokken sexy!
Waar kan metal gemorsies soos ek die album koop/ download/ pirate/ ens?
By enige van ons shows. Kap ons Facebook page ‘n like. Drop ons ‘n message en ons sal jou uitsort. Check onse Soundcloud uit. Julle kan verniet na hom luister. Kan julle sommer ‘n link vir download stuur vir n appel en ‘n ei. Die mense wat wel ons album al gekoop het… Copy daai shit en gee dit vir jou tjommies. Leen die CD vir jou nefie sodat hy dit kan oortape. Kom kyk ‘n show en kry die volle gloed in jou bek!
Wie het die cover gedoen en wat is die inspirasie?
Die lieflike Sean Abell! Ek sê dit weer… Die skitterende, bobaas, naaldgun maestro Sean Abell! Hy het dit vir ons geverf nadat hy die songs geluister het. Die inspirasie agter dit is alles te doen met die donker strome wat ons almal beïnvloed en waaruit ons grootgemaak is. Ons is almal produkte van die donker wetenskappe.
Amen. Waaroor gaan julle tunes meestal?
Soos ek vroeër gestel het, handel dit oor ‘n bietjie politiek. So ‘n bietjie angs. Misbruik. Trots. Skaamte. Dit alles en meer vasgevang tussen vibracrete mure.
Wat kan mense verwag by ’n Beeldenstorm gig?
Verwag ‘n moerse jol! Ons kuier lank. Ons kuier hard. As jy nie lang hare het nie, is ek seker iemand anders s’n sal in jou gevreet opeindig. Ons vat nie kak nie! Harde vinnige riffs, volume vol oop, warm dames, gesuipte kêrels en ‘n klomp mal etters op die stage. Kyk uit vir die watergun.
Watergun. Okay. En wat is die vibe met die funnel by julle gigs?
Die funnel is ‘n nuwe ding. Ons liewe vriendin en toegewyde ‘Stormtroep’ Karin Pretorius het dit vir ons gemaak as ‘n geskenk vir ons CD launch. Gewoonlik het ons ‘n Beeldenstorm watergun wat gevul is met drank. Maak oop jou bek as jy wil proe wat daar in is. Ons interchange maar so tussen die funnel en die gun. Gedurende ons song ‘Doemprofeet’ se solo sal Hilton so ‘n bietjie met die gehoor rondfok en almal so aanmoedig om dronk te raak. ‘n Lekker groot geesfees.
Gees. Wat is volgende vir julle beeldbestormers. Pretoria? Welkom? Bloemfontein? Waar is die jol? Waar breek julle af?
Op 22 Mei (dis more) het ons ‘n jol soos oudergewoonte by ROAR in Observatory (https://www.facebook.com/events/812746162155419/). Pretoria, ons is op pad! Ons speel 6 Junie by die Emalyth Arts Expo (https://www.facebook.com/events/1588643044702317/). Kom drink saam met ons ‘n giffie of twee en gooi ‘n bietjie naam weg. Daar is vele ander spiffie bands wat op beide die Vrydag en Saterdag ook optree. Julle kan ook kaartjies vir Emalyth deur ons bestel. Kontak ons deur onse Facebook page. Dan het ons ook nou onlangs uitgevind dat ons by saam met Aborted (vanaf België) gaan optree by Mercury Live in Kaapstad (https://www.facebook.com/events/1590465801223807/) op die 18de Julie. Dankie, Witchdoctor Productions! Dis ‘n moerse eer! En sover is daar ook ‘n fundraiser wat ons doen in Augustus vir die xenophobia aanvalle se victims ook by ROAR op die 29ste (https://www.facebook.com/pages/MAX-Campaign/346859412178876). Hou dit aan die cool kant! \m/
Ons is Beeldenstorm en ons fok alles op!
Watkykjy staan op 3,084,139 post views in totaal sedert 1 November, 2019.