As jy die naam Oudtshoorn hoor is die eerste image wat in jou kop opflash heel moontlik dié van ‘n oopbek volstruis, jou tweede gedagte iets in die lyn van “Ah, dis mos waar die KKNK elke jaar plaasvind? Ek moet onthou om hierdie jaar weer nie te gaan nie” en jou derde gedagte sal moontlik iewers hover tussen “die Cango Caves is poesmooi” of “hier groei fokol en dit groei nogal pretty hoog.”
Wees eerlik, die image van die volstruis is die dominante een, right? Dit steek steeds vas in jou kop. Oudtshoorn word ook beskou as die “ostrich capital of the world” en dis fokken ironies, want dit het betrekking op die inwoners en hulle local government. Almal se koppe is diep in die fokken sand begrawe terwyl cowboys soos die burgemeester, Gordon April en sy tjommie, die onwettige (dis ‘n storie op sy eie) munisipale bestuurder, Ronnie Lottering doen net waddefok hulle wil. Asof die twee bra’s die twee diktrille, Uncle Bill en Woofles van Pumpkin Patch is. Hulle run daai volstruisplaas met ystervuiste. Of dit nou ‘n direkte of indirekte gevolg van mismanagement was (ek gaan raai direk), het die Cango Caves ook sommer in hulle skoot beland. Check, die ANC het met die munisipale by-elections in 2013 hulle majority votes verloor. Soos ‘n skelm second-hand car salesman wou hulle nie die sleutels aan die nuwe regmatige eienaar oorhandig nie en het allerhande legal cases gaan oopmaak om die proses te vertraag. Dit het hier by die R13m rond getrek en daar was gespekuleer dat daai zak sommer straight van die Cango Caves se trust af ge-funnel is. Sommer R16m. Wonder wat van die ander R3m geword het. “I give a-you the Chappies?”, sou die Griek by die kafee seker getune het. Geld wat gebruik moes word vir infrastrukteer, ontwikkleing en maintenance van die grotte.
Hulle kon net sowel ‘n poesgroot geel munisipale skip voor die grotte se entrance neergesit het wat tune “Fund ons bullshit hofsaak as jy die grotte wil sien, jou kont!” – Teen R60 per kind en R100 per grootmens het so paar Japanese toeriste met kameras seker die grootste deel van alles gecover. Hoe moeilik kan dit in elk geval wees om ‘n grot te manage? “Daar is die grot. Sit jou koplig aan. Moenie afpoes nie, dis glad.”
Suid-Afrika is seker die enigste plek op aarde waar die regering daarmee kan wegkom om ‘n heritage site onder hulle bevolking se gatte uit te steel. Dis fokken insane. Ons kan net moerse bly wees hierdie fokkers is vêr weg van Gauteng af, want hulle sou sekerlik Fort Schanskop en die Voortrekkermonument met so paar heavy duty helikopters kom steel het. Dan het ons almal met ons vingers in ons holle iewers in ‘n groot gat gesit en Van Coke Kartel kyk by Park Acoustics. Minder goeie tye. Ons moet sag partytjie hou.
*fluister* “Party-party-party….”
Met enige politician of hooggeplaasde is dit nou maar altyd ook so dat jy iemand nodig het om jou image te polish. Al is jy ‘n gewone ou met ‘n fancy ketting om jou nek wat uit oorgeblaasde goud gegiet is en met die dorp se sleutels rondloop in jou jeanpant se sak. Dink bietjie along the lines van The Fixer. Het jy hom? Ok vergeet nou heeltemal
van Kerry Washington se tiete en dink in terme van Oudtshoorn. Dink meer in die lyn van ‘n irriterende Freckles en Speckles van Pumpkin Patch, all fucked into one person. Hier het hulle ‘n ou wat drolle polish – Drewan Baird. Of soos hy vroëer onder ‘n alias bekend gestaan het as Nathan Bond. Die gevaarligte moet reeds soos Zuma se blouligbrigade jou mooi ogies verblind. Daar is redes hoekom mense hulle name verander. Gaan Google maar self hoe die bra beskuldig word van bedrog en gestelery oor ‘n wye spektrum. As jy wil fokken zak maak, trek Oudtshoorn toe en word een van die hoogsbetaalde konsultante in Suid-Afrika. Konserwatief geskat maak hierdie ou ongeveer R350k per maand uit die regering uit. Hy maak meer as wat onse his honorouable president, Jacob Zuma maak. En sodra mens Zuma mention weet jy dat hy meer zak maak as Modder Eiland se prime minister, David Cameron.
Hier is hoe die ou heuning oor sy eie piep smeer:
“In a career spanning three decades, I have engaged The United Nations, The Bill & Melinda Gates Foundation, The Henry J Kaiser Foundation, The Ford Foundation, The J Paul Getty Foundation, HBD (Here be Dragons), Population Services International. PayBills: ABSA, PwC, KPMG, Deloitte, SAB. Dimension Data: SARS, Gensec, Old Mutual, Sanlam. BMS: Multi-Data, Old Mutual. Q-Data Consulting: Sanlam e-Biz,Old Mutual. The Independent Communications Authority of South Africa (ICASA). The Centre for Innovation & Entrepreneurship at the UCT GSB. I advise several political and business leaders, anonymous by instruction. I have presented investment options to every South African Arms Procurement Program Participant in the South African Department of Trade & Industry’s National Industrial Participation (NIP) Program.”
Jirre, hierdie ou is fokken awesome! Sy website moet seker befok pro lyk en hy moet kakbaie followers op Twitter hê. Hy is die baas van kommunikasie! Hy vleg dik koeksusterpiele met almal. Alas, not so much.
Maar hey, dis seker heavy professioneel om ‘n .wordpress.com website te run as jy al daardie verantwoordelikhede het en die government jou beursie volmaak. Veral as jou career oor drie dekades strek ondanks die feit dat jy so paar jaar terug platsak in ‘n tolbosdorpie ingerol het op ‘n scooter en jou job description min of meer “die-tannie-by-die-poskantoor- wat-die-pakkies-gaan-haal-en-stamp” was. Ten minste groei careers bietjie meer welig in Oudsies as die fokol wat so in die wind waai…
More hou Oudtshoorn weer hulle by-elections en hopelik word hierdie fokop van ‘n dorp uitgesort once en for all. Jy skiem nou seker “hoekom de fok moet ek worry oor Oudtshoorn?” Dis ‘n moerse eenvoudige antwoord: Die manier waarop Oudtshoorn bestuur word in die Wes-Kaap is vergelykbaar met hoe eTolls gerun word in Gauteng. Ons almal betaal vir daai kak op een of ander manier sonder dat ons dit besef of deel wil wees van die groter gemors. Ons word deur onsigbare piele in die hol genaai. As die kleiner dorpies reggeruk word, kan die groter stede aangepak word. En hopelik, by any chance, verstaan jy dalk ‘n bietjie beter hoekom 2016 se munispale verkiesing nie ligtelik opgeneem moet word nie, landswyd. Kom ons fix hierdie kak man. Jissis.
*drop mic en loop van stage af in woestyn in en begrawe kop*
Watkykjy staan op 3,102,323 post views in totaal sedert 1 November, 2019.