Wanneer manne soos Dan Patlansky, Martin Schofield, viool expert Waldo Alexander en slide-guitarist Richard Bruyns skiem dit is ‘n goeie idee om ‘n handjie by te sit wanneer jy jou band se eerste klomp tunes record is die kanse goed dit redelik befok gaan klink.
Gunshot Blue het juis die goot kanonne ingepul om die final touches op hul EP “12 369km” te doen en hierdie Kortbroek het admittedly sedert hul eerste show by 44 Stanley laasjaar, die album faktap gesluister.
Disclaimer: Fok ja,ek dig obviously die band baie en is erg bias aangesien ek hul naam op my lyf loop tattoo het, maar ek is ook een van daai trilkoppe wat net sekere CDs sal koop en die album is beslis een van daai.
Ek het Gunshot Blue sedert November al meer as vyf keer live gesien, maar wat weird was is dat dit feitlik elke keer gepis het. Nee seriously, as die hemele nie tydens hul shows oopmaak nie is daar at the very fokken least iewers ‘n tjerrie wat teen haar stoel afgly wanneer die brasse ‘n stage tackle.
Tattoos, netjiese suits en ’n staalkitaar wat hul image befok komplimenteer – dit is hoe die manne operate. Die band bestaan uit Frans Borman (vocals), Pepi Dimevski (lead guitar), Kevin Hughes (bass) en Wayne Pictor (drums). Pepi is oorspronklik van Macedonia en as hy nie kitaar jol nie is hy op sy fiets, besig om ‘n bergpas te maak huil. O ja, Pepi is ook die grootbaas by SA Hardcore Tattoos daar in Parkhurst en sy werk is fokken next level.
Wayne en Kevin is oor die algemeen baie meer chilled maar dit is ook goed so want my goeie bra Frans like van kalmte as hy sy stories in tunes verander, nie dat hy dit regkry om tydens hul shows vir te lank stil te sit nie.
Wat ek like van die band is hoe hulle dit ook regkry om met mense se koppe te smokkel voor die shows. Image is deesdae mos alles en as jou average bonehead na Pepi en Frans kyk skiem hulle die dudes is in ‘n death metal band of something – tussen die twee van hulle is daar genoeg tattoos om ‘n bad vol ink te maak. Elke bra wat hul voor die show judge voel egter bietjie soos ‘n tietkop wanneer hulle later agterkom die ouens het actually heavy goeie maniere en jol heel chilled tunes.
Gentlemen. Fokken once. Pepi sal byvoorbeeld noddefok sy lippe aan ‘n stuk kos sit as die dames aan tafel nie saam met hom eet nie.
Gunshot Blue is basies ‘n random collaboration tussen tjommas wat in iets befoks, my mening, ontwikkel het omdat een van die beste tattoo artists in all of Joburgs en een van die beste video story tellers tydens ‘n ink session oor tunes begin gesels het. Nie dat image en fame en al daai kak hulle te veel pla nie. Ek meen, wanneer laas het ‘n band ‘n music video uitgesit waarin nie een val hulle feature nie?
Frans tune die video vertel sy storie en dit is al wat saak maak:
Ek het vir Frans die ander dag gecorner en bietjie oor die tunes gechat. Ons het by sy nuwe pozzie gepark waar hy een befokte breakfast vir ons gebou het.
Thanks vir die munchies bra was befok lekker. Maar kom ons chat gou. So wat presies is jul genre? (ja fok ek ken ook groot woorde)
Well, ons term is gentle folk blues of… hou my vas en steek my stadig… op die gravel… dit is nie net sag en sweet nie, daar is so paar spykers op die bed as ek dit so kan stel.
Lekker. Jou day job is om ‘n befokte videos te bou en edit. Hoe pas die tunes in by dit wat jy doen?
My lewe buite Gunshot is soos die teleskoop waar ek deur kyk en die musiek is die sneller wat ek trek. So die twee gaan saam.
Tattoos, is dit ‘n race tussen jou en Peppi om te kyk wie die meeste het?
Ek dink ek het actually meer as hy, en ek het na hom begin. Dit is nou about 10 jaar sedert ek my eerste een gekry het, maar ja, ek het meer as hy en ek dink hy het sy eerste een gekry toe hy like 13 was.
Mense check daai tattoos op straat en skiem julle is some death metal band, en as julle jol is hulle breins uitgeblaas want julle is actually baie mellow. Fokken gentlemen. Hoe ervaar jy daai?
Ek dink mense is lui. Eerstens. En daar is tydskrifte en watokal en dan lees mense iets en dan dink hulle dit is die waarheid. Stereotipes oor tattoos en kak is maar daar en daar is soveel phobias in ons land al dit beweeg aan, maar tog bly ons so konserwatief. As ons regtig liberated was in Suid-Afrika, kon kuns en musiek baie groter gewees het. Mense is so poes bang vir kuns en die onbekende. Hulle besef nie dit vat actually guts om te perform nie. Ek meen as jy rugby speel draf jy uit saam met 14 ander ouens en as jy skilder of sing is dit meestal net jy. Mense sal jou either label vir either iets wat hul ken of maybe is jy dalk ‘n genre of your own. Mense is lui, ou.
Julle ouens lyk altyd fokken netjies op stage. Ek ken jou bra, waddefok is that all about?
Ek skiem dit is dalk ‘n geval van ons wat net wil wys dat ons die ding ernstig opvat. Ons was lus vir iets anders en ons stage image reflect dit. Ek meen Peppi jam in ‘n moerse befokte punk rock band ook (Bloodline) so dit is maar ‘n manier om ons rustiger vibe uit te bring. Ek wil nie sê dit is ‘n costume nie, maar om netjies te lyk sit jou in ‘n ander mind space en dit is amper asof mense jou ernstiger opneem.
Dit was raining season, maar fokkit hoekom reën dit by so baie van jul shows?
Ag ek het so bietjie van ‘n reëndansie wat ek doen [lag sy tiete af] maar ek doen dit nie in die publiek nie.
Bra, jy sit en sing in die band waar jy in Jet Black Camaro redelik rondspring. Waddefok is die rede vir dit? Wil jy nie soms opstaan en uitfreak nie?
Ek moet sê, jy kan dalk die reëngode meer oproep as jy begin dans, maar ja ek wil soms opstaan en litte losmaak, maar ons vibe is meestal chill en met die Blues werk dinge anders. You can’t talk about the Blues if you don’t walk in its shoes. You can’t sing about the Blues if you don’t dance in its ruins. Die Blues wat ek sing gaan nie net oor my eie Blues nie, so partykeer as dit reën vertel dit dalk iemand ander se storie. Fok bra jy weet, mense huil nie genoeg nie. Hoevel mense ken jy wat in die publiek sal huil? Ons moet almal huil. Dit is mos nie aanvaarbaar om te huil nie, so dan huil ons maar vir die mense…. sodat hulle bietjie van ‘n release te kry.
Favourite holiday destination?
Vir my is dit pretty much enige plek waar ek nog nie was nie, although… en jy weet dit, ek het ‘n moerse rubber arm vir die Karoo. Check bietjie uit, ons beplan iets befoks in Richmond in die Noord-Kaap so teen einde September waar art en poetry en musiek ‘n klein dorpie gaan verander.
Die toekoms…wat beplan julle marabse?
Ons vat dit maar soos ons kom. Ons het nou die EP uit en werk aan ‘n album wat ons seker ook baie organies sal doen. Ons sal seker ook weer collaborate met ‘n paar ouens. Maar intussen speel ons waar ons kan. Ons jam byvoorbeeld volgende week op YFM en more in Pretoria by die Dowe digters.
Goeie bliksem, julle het ‘n paar groot kanonne gekry om met die EP te help. Dan Patlansky, Waldo Alexander ens. Hoe het daai vir julle uitgewerk?
Dit was baie cool om daai mense daar te hê. Hulle gees, vibe en flavour en input was baie special. Elkeen van hulle is uniek en bring hul eie deel. Al die guest artist is super professional. Jy hoef amper nie eers vir hul te sê wat om te doen nie. Dit is ‘n eer.
Frans jy is single right?
Yup. Ek soek nog die regte een, ek dink amper die res van die manne is uitgesort, maar ja.
Is jy ‘n tits of ‘n ass man?
Albei, ou. Hoewel ek het die ander naweek gaan perd ry en toe kyk ek die perd se bene so van after af. So I guess die afgelope paar weke is ek bietjie van ‘n ass man. [lag so bietjie]
Favourite gig tot dusver?
House of Machines tydens ons Cape High Noon tour was befok. Die plek was vol en die mense het pretty much na ons show gewaai. Die mense was up close and personal. Dit was asof die mense my neushare kon sien. Die mense was net daar vir die musiek en dit was awesome.
Nog stand-out moments sedert jul eerste show by 44 Stanley in November 2014?
Ons het in Hanover in die Karoo gespeel. Daar was like 15 mense, maar steeds awesome. Ons show was klaar maar hulle het ons vir nog drie ure daar gehou. Hulle wou ons nie laat gaan nie. So ja, elke show het sy eie charm.
In jou tunes gooi jy baie lyrics wat like heavy op society se kak focus. Wanneer dink jy aan die kak en hoe sit jy dit op papier neer? Of is dit soos ‘n kak wat maar net kom sonder dat jy dit beplan?
In die verlede het ek begin en gesit en worstel met ‘n ding vir dae, maar mens kom nooit op ‘n punt waar jy werklik happy is nie en toe het ek besluit dat as daar iets is, ‘n gevoel, ‘n injustice, of something… ‘n klippie in jou skoen.. dan het ek daaroor geskryf. Soos ‘n boom.. Ek hou baie van bloekombome en ek wou iets daaroor skryf en somehow gebeur daar ‘n storie rondom dit en my intention met alles is om ‘n storie te vertel. So dit begin met ‘n gedagte en dit wat tussen in gebeur… ek maak dit so dat dit vir elke dude op die straat sal sin maak… maak dit sin?
As daar een ding is wat jy in die wêreld sou wou verander, wat sou dit wees?
Ek dink as mense net meer kon leer oor waar hul vandaan kom en meer in touch is met hul ancestors, ek het onlangs met die journey begin en dit is amper asof ons net wil produce, die boom wil net meer groei, maar hy weet nie eers waste wortelstelsel hy het nie.
As jy soos ek die dudes se tunes like kan jy dit op iTunes kry:
Of hou op lui wees en pitch op by een van hul shows.
Watkykjy staan op 3,089,796 post views in totaal sedert 1 November, 2019.