Jirre maats, julle harte is fokken groot. Ons het gemanage om net onder R17k te maak by die hek vir Brixton Barnard se benefit gig. Dis nou wat oorgebly het na expenses vir die sound engineer en die gawe ou wat die hek vir ons beman het. Die geld word aangewend vir sy hospitaalonkostes en om vir sy operasie te betaal om ‘n brein tumor te verwyder. Dis ‘n moerse gevaarlike resies teen tyd.
Moet egter nie vashaak by die R17k nie. Ons het verdere donasies ontvang van mense, Watkykertjies (pa se groot seun!), companies, muso’s, vriende en vreemdelinge tydens en veral na die gig. Hierdie laaste vier dae was absoluut fokken mal gewees en geld het aanhou instroom. Om julle ‘n idee te gee het mense begin oorbetaal en belowe vir geld en skenkings van R200, R500, R2000 het begin invloei. Daar was selfs’n skening van ‘n bra al die pad uit Bloemfontein genaamd Francois Fourie wat op sy eie R10k oorbetaal het. Kyk hierso:
Dan was daar ook nog ‘n enkele skenking van ‘n anonieme persoon vir ‘n verdere R10k. Dis twintig-fokken-duisend-Rand wat deur twee bra’s oorbetaal is! Kan jy dit nou aan ‘n man met ‘n tumor oorvertel? Goeie fok! Ek haal my hoed af vir daai ouens en ek hou hom sommer staight voor jou gevreet, uitgestrek. Hoe lykit, is daar iemand wat hierdie ouens wil match? Laat weet gerus. Die son trek water…
All-in-all is daar ge-manage om ‘n totaal van R72600 in te samel in die laaste week of so. Dit is die bedrag teen 14:30 vandag, 21 Mei. Daai geld is reeds in die bank, done en dusted. Brixton se verloofe, Marguerite gaan vandag hulle eerste uitstaande mediese rekeninge betaal. Die implikasie hiervan is huge. Dit beteken dat hulle verder privaat mediese hulp kan kry om met die operasie voort te gaan. Dis so fantasties, ek dans sommer spasties op Heuwels Fantasties.
Uit ons beoogde R93k het ons dus R72600 ingesamel. Daar is so paar beloftes vir skenkings met ‘n totaal van R15k ook gemaak vir die 28ste Mei. As ons hierdie in ag neem en die ouens staan by hulle woord, kort ons net ‘n skamele R6400 om ons mikpunt te bereik. Dis nie onmoontlik nie. Dis sewe mense wat elkeen R1k donate. Ons is baie fokken amper daar! Ons pleit vir so laaste keer, as jy een van daai sewe mense is wat ‘n verskil kan en wil maak, doen seblief so. Sulke operasies verg altyd opvolg afsprake, duur scans en duur toetse. Maak asseblief jou hart vir Brixton oop en klap hom met ‘n grand. Stuur jou proof of payment na bucks4brixton@gmail.com. Hier is die bankbesonderhede:
M E Visser
ABSA Cheque Acc. Nr 4072317255
Branch: 632005
Reference: Bux4Brix
Join ook seblief hierdie FB groep en vra jou gabbas om ook te join. Dis net ‘n click weg. Kom ons skop hierdie fokken tumor in die pille.
https://www.facebook.com/groups/807638249314258/
Besonderse, opregte dank gaan uit aan almal wat die gig bygewoon het en ‘n sukses daarvan gemaak het *haal speech uit en sit leesbrille op*:
Yaki vir die flyer se design.
Terry en Sonika wat Die Melkery vir ons verniet gegee het vir die dag
Die crowd wat daar uitgeslaan het – julle is fokken main! Kom ons party sommer weer.
Jackson wat die hek beman het. *fist bump*
Kuberkoos wat finansies laat smooth loop het. *loer oor bril*
Liela Groenewald wat in ‘n admin-masjien verander het.
Melt Sieberhagen wat kahard help reel het en ook ge-MC het.
Rob Edling en Johan Lombard wat vir ons poesduur sound verniet gegee het. Jirre, ouens!
Franco Jamneck wat daai kaklekker sound ge-engineer het van 8am tot about 2am die volgende oggend.
Die bands, comdedians en MCs: Pseudo Ego, Empire of Desire, Marcia Moon, Spoonerman, 88 Kilos of Sunshine, Die Flying Dutchmen, Werner Cloete, Vittorio Leonardi, Deep Fried Man, Matthew van der Want, Liela Groenewald Band, The Oh So Serious, Panjo The Missing Tiger, Bacchus Nel, Die Menere en Valiant Swart. Sonder julle ouens was daar fokol. Mense tune ons nog steeds dit was die fokken gig van die jaar.
En finally al die gawe mense wat deur die gig en die gedrinkery befokte fotos geneem het. Hierdie is net ‘n klein selection daar sal ‘n kakhuis vol meer uit wees op die Facebook page.
Chantel de Lange se kiekies:
Vark1 se kiekies:
Tweetkak se kiekies:
Let wel, hierdie is nie die einde nie. Ons deel more nog goeie nuus.
Watkykjy staan op 3,083,883 post views in totaal sedert 1 November, 2019.