Deur Big H.
Ons het oor Paasnaweek ‘n bietjie Witchfest toe gegaan. Fok, dit was lekker.
Nadat die organiseerders die venue ‘n hele paar keer moes skuif, as gevolg van beswaarde verkramptes wat ten alle koste die duiwelskinders van hulle stoepe wou af hou, het die fees by die Bassline in Newtown, Johannesburg, plaasgevind. Ek dink mense was nogal skepties daaroor. En, ek moet erken, ek ook. Ek bedoel, wie de fok kamp nou in die middel van Johannesburg? Maar al daai vrese het baie vinnig verdwyn toe mense sien dat die plek eintlik perfek is vir so iets, dat die sekuriteit heeltemal goed genoeg is, en dat die vibe in die stad oor die algemeen net lekker is.
Die eerste dag (die Vrydag) van Witchfest was kakhard. Fok. Teen die einde daarvan wou ek net huistoe gaan en my mammie roep, want ek kon nie dink hoe ek nog twee dae daarvan sou maak nie. Met groot moeite het ek myself egter die volgende oggend uit my bed uit gesleep en aangegaan, en na ‘n paar biere was ek reg vir nog metal. En hoe langer die naweek aangegaan het, hoe beter het dit gegaan, en hoe meer energie was daar.
En so het dit vir drie hele dae gegaan. Bier, mosh, eet, mosh, bier, mosh, bier. Metal as fuck, sê ek vir jou. Teen die Sondag was die moshpits dalk ‘n bietjie meer bedees, en die oggend crowds dalk ‘n klein bietjie kleiner, maar die “die-hard” metal fans was nogstééds daar en die metal het nie vir ‘n fok opgehou nie. Vir drie hele dae lank.
Daar het 40 bands oor die naweek gespeel, waarvan 13 internasionaal was. Ek gaan dit weer sê, sodat dit ‘n bietjie insink. Witchdoctor Productions, die bra’s wat die hele ding aanmekaargeslaan het, het dit reggekry om ten spyte van al die teenstand DERTIEN internasionale bands van hoogstaande gehalte oor drie dae op een verhoog in Suid-Afrika bymekaar te kry. Dis nogal epic, as jy my vra.
Die eerste aand se internationals het my heeltemal weggeblaas. Skinned, Alestorm, Decapitated en Hatebreed het die toon, en die standaard, vir die res van die naweek gestel. Aborted, Belphegor en Kataklysm het die volgende aand daarop voortgebou, en Cannibal Corpse het vir almal gewys hoekom hulle sedert 1988 al aan die voorpunt van die death metal scene is. Hulle lead singer, George “Corpsegrinder” Fisher, het die dikste nek wat ek nog aan enige ou gesien het.
Fleshgod Apocalypse, Carnifex en Septicflesh het die laaste aand gespeel en was befok verby. Ek moet erken dat Epica, wat heel laaste gespeel het, ‘n bietjie oor my kop gegaan het, sorry. Na drie dae van kakharde metal was dit asof ons reg was vir die laaste doodskoot. Vir die heel laaste metal vuishou tussen die oë. En dis asof die symphonic metal wat hulle gespeel het dit nie heeltemal gedoen het nie. As if we were let off the hook, you know.
Anyway, wat vir my uitgestaan het soos ‘n paal bo water is dat die plaaslike acts wat die naweek gespeel het geen tree hoef terug te staan vir fokkol nie. Groepe soos Bile of Man, Theatre Runs Red, Sacrifist, Bleeding Spawn, Boargazm, Adorned in Ash, Wildernessking en The Drift is bewys daarvan dat die metal hier in Suid-Afrika sterk en gesond is. Wat ook die kak uit my impress het is hoe ongelooflik glad die naweek verloop het. Met die verandering in venue moes al die bands nou op een stage speel, en ek weet nie hoe die tegniese ouens dit reggekry het om alles vir drie dae lank so maklik te laat lyk nie.
So, dit het gebeur, dit het gewerk, en post-Witchfest depression is al klaar ‘n ding. Metalheads loop orals rond met kneusplekke en sulke breë smiles en sukkel om terug te kom werklikheid toe. Die goeie nuus is egter dat 2016 se Witchfest al klaar aan is, so jy kan sommer nou al kaartjies vir volgende jaar s’n koop op https://www.witchdoctorproductions.com/witchfest-2016-tickets-on-sale/. Doennit my ou, jy sal nie spyt wees nie.
\m/
Hier is foto’s van die internasionale bands wat by Witchfest gespeel het. Ons sal die res op ons Facebook page gooi.
Skinned (USA):
Alestorm (Scotland):
Decapitated (Poland):
Hatebreed (USA):
Aborted (Belgium):
Belphegor (Austria):
Kataklysm (Canada):
Cannibal Corpse (USA):
Fleshgod Apocalypse (Italy):
Carnifex (USA):
Septicflesh (Greece):
Epica (Holland):
Watkykjy staan op 3,118,708 post views in totaal sedert 1 November, 2019.