Seker die lekkerste bra in Suid-Afrikaanse rock – Francois van Coke drop vandag sy debuut solo album getiteld ‘Francois van Coke’. Ek het hom klaar geluister en kan jou belowe dat jy hom fokken soek pappie. Vir seker. Onmiskenbaar Franna, maar heelwat anders as beide Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel. Verfokkenfrissend van Coke. Kry nou by iTunes.
Die Watkykjy-Suid span was lucky genoeg om ’n week of drie gelede met die man van die uur ’n paar woorde te breek oor die nuwe album asook ’n limited edition 7” vinyl (oftewel plaat) uitgebring deur Permanent Record. Die plaatjie is fokken beautiful en ’n true collector’s piece. Straight to the pool room china!
(video deur die Image Engineer)
As jy in die Kaap bly, is daar vanaand ’n free launch party by SGT Pepper in Langstraat waar die heer van Coke met ’n vol band jol. Die band sluit in Jedd Kossew (Van Coke Kartel), Richard Onraet (Jesse Clegg), Rudolph Willemse en Sheldon Yoko (Die Heuwels Fantasties).
Check hier:
https://www.facebook.com/events/643277535776807/
O ja, en hier is sommer een van die nuwe tunes wat ook van die album af kom – Francois van Coke & Karen Zoid – Toe vind ek jou:
Watkykjy staan op 3,071,860 post views in totaal sedert 1 November, 2019.