Wanneer Francois van Coke betrokke is by ‘n show of optrede, weet jy dat jy waarde vir jou zak sal kry. Of dit nou in Fokofpolisiekar, Van Coke Kartel, in ‘n side-project saam met Arno Carstens is of sy solo loopbaan aanpak saam met ‘n paar vriende.
Dit was weereens evident gewees verlede naweek toe Arcade Empire hulle vierdie birthday ge-celebrate het. Arcade Empire is nou nie my top tipe plek om uit te hang om live bands te kyk nie. Ek sukkel baie om van die venue te hou maar as daar nou en dan so lekker line-up soos verlede week was, steek ‘n ou maar so paar Rande in jou jeanpant se sak om die aand te gaan geniet. The Narrow, Red Huxley en Francois saam met so paar tjommies op stage. The Narrow deliver altyd die goods, so dit was ‘n given dat hulle sou gatskop maar vir een of ander onverklaarbare rede wasd dit die eerste keer wat ek Red Huxley gekokkenodge het. Die bra’s het dik impress en het dik gees op stage. Ook van die stage af – guitarist/vocalist en Dave Grohl look-alike, Dylan Jones het Jagermeister in my en Chopper se gesigte kom afgooi. As jy hierdie Kaapse band nie ken nie, gaan spandeer so bietjie tyd op hulle website: http://redhuxley.com/. Ek is steeds heavy skaam dat ek hulle nou onlangs eers live gesien het.
Teen die tyd wat Francois die stage betree het met sy backing band, het die sous reeds dik geloop. Sy supporting tjommies vir aand was Jedd Kossew (Van Coke Kartel) op lead guitar, Richard Onraet (Jesse Clegg) op rhythm guitar, Rudolph Willemse op die bass en keyboard en Sheldon Yoko (Die Heuwels Fantasties) het die drums gekliksem. Behalwe dat Francois weereens bevestig het dat hy ‘n crowd se aandag en participation kan hou soos geen ander local band nie was die gig ook moerse tight gewees. Daar was nie ‘n beat of ‘n noot uit plek gewees nie.
Nie net het Big H ‘n hele paar befokte foto’s geneem nie. Hy het ook seker gemaak dat die V-Town gopse veilig daar en terug by die huis kon wees:
Watkykjy staan op 2,932,076 post views in totaal sedert 1 November, 2019.