Raak kalm en gaan kry miskien vir jou so paar pakke chips en ‘n koendrankie of drie. As jy by die huis sit, trek ‘n gemaklike broek aan, kry ‘n bersie en gryp so 12 biere en moerse sak bilbong. Ons vat ‘n trip af met memory lane en kyk na so paar goedjies uit die vervloë dae van Suid-Afrikaanse TV. Dit mag jou dalk vir vyf ure lank uit die kak of jou boring werk hou…
M-Net Oopketel-tyd
Vir al die arm marabsies in die laat 80s, 90s en tot en met 2007 was M-Net se oopkyktyd ‘n big fokken deal gewees. Amper so groot soos die presenter, Suanne Braun se hare. So gepraat van haar – sy het eventually gefokof uit Suid-Afrika en in die USA rolle gespeel in reekse soos Just Shoot Me en daai horrible sci-fi reeks, Stargate-SG1. Onder die foto kan julle Mnet Open time se intro kokkenodge uit 1991 uit, met Suanne wat jou tune wat is wat. Sy was effens minder bekend as Ashley Hayden, die ander Mnet presenter met die Madonna-gap tussen haar tande.
En so net na whatever teen 19:00 die aand klaargemaak het op Oopkyktyd (gewoonlik iets cool soos Simpsons of Dinosaurs) het Mnet jou armgat wie se ouers nie R120 per maand kon uitruk nie in kennis gestel dat jy nou op al die fokken magic gaan uitmis, ironies met die jingle “Welcome to the magic”. Ons het eventually as kids ook M-Net gekry deur my ouma wat ‘n fokken blaaint move op my ouers getrek het – sy het vir ons V-Town marabsies ‘n decoder en ‘n aerial vir krismis gekoop. Jirre, my pa was die poes in gewees, maar die parents het toe maar kak en betaal. Jy kan nie sommer ouma se persent net so laat staan nie. Welcome to the magic, inderdaad…
Die SABC se intro vibes
In 1996 het SABC2 en SABC3 se identity intros dieselfde gelyk behalwe vir die nommers 2 en 3, natuurlik. Dik futuristies. Jirre, kan jy glo die SABC het fokken 3d ontdek eventually? So losweg 10 jaar na die res van die wêreld.
Pumpkin Patch
Woof! Woof! Woof! *gooi ore so oor oë en fokken teem oor iets arbitrêr*
As daar nou een ding is wat ek van vroeg van kindsbeen af wou poesklappe gee, is dit Woofles die fokken poesdom watch dog van Pumpkin Patch. Hy en daai twee obnoxious gay nefie poppe, Freckles en Speckles ook. Gods, hoekom moes hulle heeltyd fokken skreeu op almal? Check jou conversation levels, bra. Jy is op ‘n 11. Ons soek jou op ‘n ashoop, soos die fokken lappop wat jy is. At least was Lauren soortvan iets om na te kyk, net omdat laities nie regtig van beter geweet het nie. Al het sy bietjie van ‘n skeel poep-ogie gehad. As mens nou terugkyk na die foto kan jy nie help om haar kaal te imagine (sommer op daai hooibaal) met twee Duitse mans wat kaalgat weerskante van haar so krom agteroor staan en “Ich komme!” gil nie. Big ups vir Uncle Bill though, die grootbaas van Pumpkin Patch en heel moontlik Suid-Afrika se eerste bruin burgemeester. Al was dit net op TV…
Egoli – Plek van Goud
Almal wat in Joburg of Pretoria drama geswot het, het eventually op Egoli opgeëindig, al was dit vir ‘n once-off rol gewees of om te help skryf aan ‘n episode. Dié wat dit nie gemaak het nie, hou tien teen een skool of verkoop versekering. Hierdie soapie het vir agt jaar lank sterk geloop vananf 1992 en uiteindelik ‘n stille dood gesterf in 2010 met die movie “Egoli: Afrikaners is Plesierig” met ‘n allemintige rating van 2.7/10. Eerstens, wie in hulle right minds het gedink ‘n movie met ‘n titel wat losweg op ‘n Karen Zoid chorus gebasseer is sou goed doen en tweedens, wiedefok het die ratings so hoog op-gevote op IMDB? Jirre. Sonder om verder oor die show te keelkots, hierso is die intro. Sorry, dis nie die een wat met die fancy blou juweelkissie met die ring in begin nie. Daai CGI was baie vêr voor sy tyd.
Simunye – we are one
Daar was ‘n tyd in Suid-Afrika waar “Simunye – we are one” ‘n slagspreuk was wat almal geken het en dit meestal geglo het ook. Vandag is dinge effens minder ayoba. 2015 se leuse vir Suid-Afrika blyk iets in die lyn te wees van “Get out of our fucking country, makwerekwere!” So loop hy maar. Anyway, hierso is so stukkie rainbow nation nostalgie. Die kans dat jy in die laaste jaar of twee iets op SABC gekyk het is baie laag…
Ou TV1 nuus – 1987
Hierdie is ‘n lekker vreemde enetjie. Check bietjie TV1 se title animations en daai heavy kenmerkende 80s nuus tune. Die nuusleser (kan iemand dalk sy naam onthou?) dra ‘n suit wat basies van die duurste polyester en kostmengsel geweef is. Check of jy deur die hele 15 minute kan kom. Een van die main berigte is een van Suid-Afrika se grootste jewelery heists in die hartjie van fancy Joburg, by die Johannesburg Sun Hotel. Meer as R1,5m se edelstene (wanneer laas het jy daar woord gehoor?) is gesteel deur twee skobbejakke. Fokweet of die ouens ooit gevang is want daar is fokol info op die internet beskikbaar. En vir julle wat skiem dit was ‘n Stander-bende storie, dink weer. In 1987 was dit alreeds 3 jaar sedert Stander in Amerika doodgeskiet is. Anyway, R1.5m is kakbaie zak om in 1987 te steel as jy dink dat dieselfde bedrag in goedere geroof is in Hyde Park, minder as ‘n maand terug.
Verder in die video word die vakansie se heavy traffic bespreek met visuals van karre wat jy fooookken lanklaas gesien het. Die omie wat ons vertel dat die Dollar 44 sent tenoor die Rand staan, Cobus Bester, werk ook nog steeds – by RSG. Dis fokken bizarre. Maar maybe is jy meer into die oom wat die sport aanbied en selfs ‘n storie file oor ‘n poes lame visvangkompetisie in Ventersdorp. En dan is daar ook something for the ladies. Hierdie sexy toppie wat vir jou vertel van koue fronte en kak uitwys op sy sinoptiese kaart wat lyk of dit deur ‘n blinde hond met ADHD geteken is:
Die Sonkring
As ek myself nie misgis nie, was hierdie die Afrikaanse TV reeks waarin Chris Chameleon ‘n roomyskind was en heeltyd vir sy sussie iets in die lyn van “Ryne! Ryne! Kyk die apies!” geskree het of iets. Dik drama storie gewees hierdie. Hoe anders met akteursname soos Henriëtta Gryffenberg, Philip Moolman, Trix Pienaar en Paul Eilers (fokweet, hy was ook in alles, al was dit net sy stem wat vir tos Duitse oorklankings soos Baasspeurder Faber en Derrick gebruik is). O ja, en moenie van Trudie Taljaard vergeet nie – “Morkels, your 2-year guarantee store”. As jy die storielyn effens kon onthou, hier is vir jou ‘n refresher: Drie skêre in matriek, Dina, Karen en Maryne gaan kuier by antie wat palms en kristalballe lees. Die antie voorspel net kak en hare vir hulle toekoms en dis alles daai stupitte asshôl bitch, Maryne se skuld. Vat so, toekoms!
PS: Dina was die hot een, hoor.
KTV
Een ding wat TV min of meer regoor die wêreld vir kinders opgefok het is dat kids shows, movies en cartoons die hele fokken tyd beskikbaar is oor heeltemal te veel channels. Jirre man, dit was mos lekker om bietjie na iets uit te sien. If memory serves me, het KTV altyd 15:00 tot 17:00 in weeksdae gewys en dan iets soos tussen 10:00 en 12:00 op Saterdae. Fokol op Sondae. Jy’t uitgesien na Turtles, Brave Star, Smurfs, Garfield, Inspector Gasget en fokweet wat alles. Die res van die tyd het jy in die strate van jou BMX afgepoes of jou enkels opgefok met daai verkakte fietse waarmee mens agteruit trap om te briek en broadies te kap om sesjarige tietlose meisies te probeer impress
. Deesdae begin kids al van 2-jarige ouderdom af eelte te kry van iPad vasklou. In ‘n manier mis mens ook die kinder-aanbieders van KTV se dae. Jy het ook secretly vir jare lank gewens (tot jy at least 18 was) dat die Simba Suprise by jou skool gaan uitslaan met presente en hampers en what-what. Daai fokken leeu het nooit gepitch nie. Ek fokken haat hom. Ek het nogal hard gesoek vir ‘n Simba surprise video op YouTube, maar die beste wat ek kon opspoor is Mike’s Kitchen se twintigste verjaarsdag op KTV. Toe ‘n pizza meal en Coke ‘n skamele fokken R9.95 was. Wat hierdie video ook verder bevestig is dat ten minste een van die kinder-aanbieders altyd baie ouer as die ander kinders is. Totes fokken awkies as jy my vra, behalwe as dit Candice Hillebrand is. Sy het nou vir jou fokken mooi grootgewoord, pappa!
*wolwefluit terwyl hand so voor in gulp rondvroetel*
Mannemarak
Mannemarak is my naam
ek kom ver van hiervandaan.
Met my ruimteskip, oud en gebreek
besoek ek die aarde een maal ‘n week!
Chorus: Op my planeet wil ons alles weet
en wat ek weet sal ek nooit vergeet.
Op enige plek kan ons twee land
en verfilm die aarde van hoek tot kant.
As die nood druk kan ons vinnig verdwyn
want ek en my skippie is baie klein
En dis al wat ons oor hierdie klein kak gaan sê…
Miena Moo
Louise Smit Produksies het SA kindertelevisie amper singelhandedly stewig aan die balhare beetgehad in die 80s en 90s. Sy was die baas agter onder andere Haas Das se Nuuskas, Pumpkin Patch, Kideo (met daai skêr wat op ‘n stadium Steve Hofmeyr se stok gery het), Wielie Walie en Mina Moo & Kie. Laagenoemde was nogal ‘n far-out storie gewees. Ek gaan ‘n wilde raai vat en skat dat Karring Straatkat se karakter gebasseer was op Popeye, want as die gemorskat eers ‘n slukkie melk inhet, moet jou voete raas, veral as jy een van daai twee klein konte, Bak en Terie was. Dan, pappie, verander Karring Straatkat in Karring Ramkat! *maak sulke baie onaardse katgeluide*. Dan moet jy maar jou saambreeltjie uithaal, want dit gaan poesklappe reën, ou perd. Geen wonder vandag se Afrikaanse grootmense sukkel so met agressie nie. Sodra hulle ‘n slukkie dop inkry wil hulle net alles poes.
Suid-Afrikaanse TV het 1976 afgeskop en Haas Das was die heel eerste local kinderprogram op TV. Dis half verstaanbaar dat antie Louise genoeg zak gemaak het om in 1980 haar eie televisie studio te bou en haar empire te vestig. In 1998 het sy dit aan Red Pepper Studios verkoop. Tien teen een vir ‘n kakhuis vol pitte. Maar genoeg nou eers van die tannie. Hoe lykit met ‘n bonus? Hier is die eerste vol episode van Mina Moo en Kie:
Super special bonus round as jy nog wakker is: Kyk Haasdas en Brakanjan.
As jy so drie ekstra ure wil relax, kokkenodge Haasdas en Brakanjan:
Haasdas
Brakanjan
Dis natuurlik ontmoontlik om alles te cover, maar ons het hierdie sakie al aangeroer terug in 2011. As jy een van daai presteerdertjies op skool was wat altyd eerste met alles klaargemaak het en dan oorgeslaan het na “verrykende werk toe” lees gerus hierdie artikel ook: Suid-Afrikaanse TV: 101 shows wat jy miskien sal onthou
Maybe gesels ons oor so 15 jaar oor Game Of Thrones se kak graphics…
Watkykjy staan op 3,049,111 post views in totaal sedert 1 November, 2019.