(deur Barend Buitekamer)
So, dis weer Paasfees of Paastyd of Paasnaweek.
PAAS? PAAS wat? Wat is PAAS? PAAS die sout aan asseblief? Wat is PAAS se storie? Is dit PAAS se blaas of MAAS se poes? Deon MAAS skryf befokte artikels. Boetie het uit ge-PAAS want hy’t weer te veel SWART LABAAL gesuip. PAAS sop die slang! Waddefok? Hoekom, as dit in Engels Easter genoem word, kan dit nie in Afrikaans OOSTER of IESTER genoem word nie? Dankie tog, dit word nie gedoen nie.
Which brings me tot die punt!
Die Ou Toppie en Ou Lady luister mos na RSG, soos die meeste ou mense mos maar doen, en omdat ek nou weer vir ‘n rukkie hier rond mission, kan ek nie anders as om die klomp TOS soms aan te hoor nie.
So, nou die dag loop ek weer verby daai ou meide-draadloos in die kombuis. Ja, DRAADLOOS. Mooi Afrikaanse woord daai. Soos MELKSKOMMEL en BRUISMELK en PADKAFEE en SPYKERTAFEL en SKOPPELMAAI en MAAIFOEDIE – woorde wat mens maar min op skrif sien of hoor in gesprekke.
Anyway, toe ek verby die DRAADLOOS loop was daar een of ander DISKUSSIE aan die gang op RSG. DISKUSSIE is natuurlik die Afrikaanse woord (en hiper-anglisisme) vir gesprekvoering, en word graag deur pseudo-intellektuele hipster PLOERTE op RSG en kykNET gebruik. Dit is ook POPULAAR… ek bedoel gewild… onder diegene wat in Centurion bly, met ander woorde, die SENTUURIAANE.
Predikante gebruik hiper-anglisismes ook graag in hul preke, maar dan is daar die ding van GEMEENSKAP. Voordat jy kan Hemel toe gaan moet jy eers GEMEENSKAP met Jesus hê. SEKS? HOKAAI! AIKÔNA! Klink vir my dodgy.
Maar laat ek by die SUBJEK bly. Oor die DRAADLOOS op die diepe RSG diskussie, hoor ek toe die woord: PARTIKULAAR. Jirrejissesgot! En daar bekak ek myself amper. Waddefok?
Ek is nie ‘n taalkundige of taal puris nie. Ek skryf ‘n ding soos hy uit my serebrale rektum kom, maar… PARTIKULAAR?
PARTIKULAAR! Laat ek dit in konteks plaas: Eerstens, die dom pseudo-intellektuele hipster PLOERT wat die woord gebruik het se MAAS se poes. Sy PAAS se blaas ook sommer. Ek neem aan die BOKS wat die woord gebruik het, het probeer KLEVAAR klink wou fancy wees. In die konteks van sy sin het hy die Engelse woord PARTICULAR met opset in Afrikaans uitgespreek as PARTIKULAAR. Kon die dom fok nie net die woord ‘spesifiek’ gebruik het nie? Spesifiek is ook ‘n anglisisme, maar wat is dit nou met hierdie hiper-anglisismes? Dis net so erg soos daai luigat SMS taal wat so POPULAAR is, indien nie erger nie. Kan ons miskien ‘n DISKUSSIE daaroor hou en tot ‘n PARTIKULARE gevolgtrekking kom? Of is dit PARTIKULÊRE KONKLUSIE?
Watkykjy staan op 3,064,244 post views in totaal sedert 1 November, 2019.