The Coalition is ‘n maandelikse collab tussen local SA musos uit die rock, metal, grunge, blues en whatever genres wat bymekaar kom om saam ‘n nuwe tune te skryf en for free beskikbaar te stel vir almal om te download. Die collab volg ook ‘n documentary video style. Julle is seker nou al gewoon aan ou Chopper en The Image Engineer wat Watkykjy-Suid se gras sny, die honde kos gee, koeie melk, die huis oppas en seker maak die kantoor brand nie af nie. Hulle pas die Kaap vir ons almal beter op as Helen Zille en Patricia de Lille. Nou check, hierdie doccie series volg die process van die begin af wat die song writing en recording aanbetref en word deur onse The Image Engineer aanmekaargesit – hy film so bietjie terwyl Loedi van Renen space bar druk op die editing masjien.
The Coalition Part 1 feature die brasse van Stoker, Filth, Kingdom, The Sleepers en Taxi Violence. Hierdie eerste “nuwe band” roep hulleself The Flying Sex Snakes. Dis ‘n lekker naam. Slange wat vlieg en zaber klink poesgevaarlik. Die cool ding van hierdie vibe is dat dit bands en artist so bietjie uit hulle comfort zones vat, soos wanneer mamma die duvet van jou afruk voor skool om vir jou koffie te gee en perongeluk een van jou poepe in gesig in fan. Of erger, jou met jou peester in die een hand en Kleenex in die ander hand vang. Uncomfort zone. In die bands se geval het dit die gevolg dat hulle saam met musiek opkom wat hulle nie noodwendig in hulle eie bands sou hoor nie. In jou geval, net skaam.
In die eerste coalition lyk die line-up soos volg:
Guitar:Patrick Skuce (Kingdom/We Set Sail/Howard Roark)
Bass: Zack Emmanuel (Filth)
Chorus Vocals: Chris de Wet Bornman (Stoker/Dead Lucky)
Drums & Verse vocals: George van der Spuy (Taxi Violence/Goodnight Wembley)
Guitar: Nicolai Roos (The Sleepers/Big Exit)
Die vibes is gemix en ge-engineer deur George van der Spuy en Nicolai Roos by Kill City Blues in Woodstock. Hierso is die outjie. Gee hom ‘n luister:
Dis nogal ‘n piele idee. Hieso is die doccie. Enjoy.
Watkykjy staan op 3,089,928 post views in totaal sedert 1 November, 2019.