Sunette Bridges, aandagvraat en dogter van befaamde musikale zefgat van Vereeniging, oorle Bles Bridges, het haarself vasgeketting aan die Paul Kruger standbeeld op kerkplein in Pretoria in reaksie op die skending van die standbeeld. Of so het sy gedink. Sien, sy was te fokken lui om al die pad op te klim en haarself vas te ketting aan die actual fokken Oom Paul standbeeld soos sy en Steve Geldeier hulle regse 50-shades-of-khaki kokkelolle belowe het. Toe ketting sy haarself maar vas aan ‘n onbekende soldaat aan die voet van Paul Kruger. Soos ons vriend Gareth Wilson gister tereg opgemerk het: “So Sunette Bridges has chained herself to a statue. First man she has ever been around that has been hard.”
Sy het ook nie lank genoeg aan die soldaat vasgeketting gebly sodat die duiwe op haar kon kak nie, wat duidelik ‘n teken van lack of commitment is. Sy het net lank genoeg gepose vir ‘n foto wat haar en Steve se aanhangers heel moontlik verkeerdelik as ‘n “selfie”sou beskryf.
Watkykjy staan op 3,090,357 post views in totaal sedert 1 November, 2019.