Dis nou al negentien jaar sedert Valiant Swart se debuutalbum, Die Mystic boer op CD verskyn het en dit is sopas her-uitgereik op vinyl. Vir die ware Valiant fans wat nog nie daarvan weet nie, sal hierdie befokte nuus wees. Heavy limited collector’s item vibes.
Bra Valiant het hierdie massiewe taak aangepak in samerking met Cow Africa (ook dik tjommies van Watkykjy), ‘n next level design en PR agency in die Kaap. Fans kan hulself opnuut verlustig in die songs wat die Boland punk vir die eerste keer op die map gesit het, met tunes soos “Die Mystic Boer”, “In Die Transvaal”, “Ware Liefde” en “Buitenkant”.
Hierdie LP is duidelik kief quality met die kenmerkende classic platecover asook ‘n moerse nice volkeur sleeve (daai ding waarin die LP slaap in die aand binne-in die cover) met lyrics en ‘n collage van historiese resensies en exclusive foto’s uit die band se persoonlike archives. ‘n Moerse nice touch.
Valiant tune: ‘Dit was van kleins af my droom om ‘n plaat te maak. Toe ek in 1990 voltyds begin musiek maak het, het ek gedink dis maar net ‘n kwessie van tyd voor my debuut-uitreiking sou gebeur. Sedert 1985, egter, het CD’s geleidelik begin om langspeelplate te vervang as die gewildste musiekformaat. In 1991 het The Dolly Rockers, in daardie stadium die grootste alternative groep in Kaapstad, die laaste beskikbare vinyl in die Kaap gebruik vir die druk van hul EP. Daar was fisies nie meer rou materiaal vir langspeelplate nie. Vir ‘n brandarm ‘alternatiewe’ Afrikaanse rocker soos ek was dit ‘n ondenkbare, onmoontlike droom om ‘n CD te maak. Ek moes nog vyf jaar vir my debuut wag – op CD.”
En dan verder: “Teen daardie tyd het langspeelplate al grootliks van die toneel verdwyn. Met die herlewing wat vinyl die afgelope paar jaar ondergaan het, het ek gedink dit sou nogal lekker wees om ‘n beperkte oplaag van een van my albums op LP uit te reik. Eendag het Charles van Cow Africa my gebel met die voorstel dat hulle so ‘n uitreiking namens my orkestreer. Ek het dadelik ingestem, en hier is my langspeelplaat-debuut uiteindelik – vyf-en-twintig jaar later!’
Die oorspronklike cover is sorgvuldig hersien en opgedateer deur Cow Africa. Die musiek self is egter onveranderd gelaat; sound levels is slegs effens aangepas vir die langspeelformaat.
Charles Miller van Cow Africa reken: “Die herlewing in langspeelplate is iets wat ons almal hier by Cow na aan die hart lê en meeste van ons is ywerige versamelaars. Ons het gesels oor kunstenaars wat perfek sou wees vir vinyl, maar nooit in daardie formaat verskyn het nie, en Valiant se naam het sommer heel eerste opgekom.”
Die ouens by Cow Africa tune ook verder dat hulle beslis daaraan dink om nog van hulle favourite local artists te help om legendary albums op vinyl uit te gee. My tepels bars sommer deur my Veldfokus knopieshemp van excitement!
Met hierdie re-release van “Die Mystic Boer” verskyn Valiant se musiek vir die eerste keer fokken ooit op vinyl, net betyds vir die 20-jaar anniversary daarvan.
Ons het die man vinnig ge-corner vir so paar woorde terwyl hy hierbo in Snor City was:
Daar is Slegs 500 van hierdie LPs laat maak (dis ‘n once-off, ou pellie) en is beskikbaar teen R300 elk. Bestellings kan geplaas word by Permanent Record (vir die mense in die Kaap) of by Stash Records (as jy in die Gauteng bly), maar jy sal moet fokken spring, want die eerste 100 copies het reeds by Valiant se shows verkoop toe hy ‘n week of wat terug hier in Gauteng was vir so stuk of drie gigs.
Jy kan ook jou kanse waag hierdie Saterdag by die vinyl sale by Lucky Rodrigo in Lynnwood (Pretoria), of die vinyl fair hierdie Sondag by Katy’s Palace in Sandton.
Koop by Permanent Record:
www.permanentrecord.co.za
Plaas ‘n bestelling by Stash Records:
richard@stashrecords.co.za
https://www.facebook.com/StashRecordsMusic
Valiant se website:
http://www.valiant.co.za
Watkykjy staan op 3,056,553 post views in totaal sedert 1 November, 2019.