Om so paar moerse talented local musos te vra om hulle versions van die mees iconic tunes van 1960s en 1970s te perform is mos nou ‘n fokken kief idee. Jy weet, “musiek wat die wêreld verander het”.
*double clutch zol en blaas rook so stadig uit met skaapuitdrukking op gesig*
Bietjie anders as die gewone gigs wat jy in rokerige clubs bywoon wanneer jy jou town probeer rooi verf met longbotter en die volgende dag daaroor praat op Facebrag.
Retrofest trek nou ongelukkig al by hulle derde jaarlikse festival en ek sê “ongelukkig” want ek het die eerste twee gemis. Dis een van daardie gevalle waar jy voel asof jy iets te laat ontdek het. Soos marabsies wat Oppikoppi of Up The Creek vir die eerste keer ontdek dan na twintig jaar besef dat dit so ‘n befokte vibe is dat dit voel of jy iets ontneem is voor jou moerse ontdekking. Die laaste keer wat ek daai emosie beleef het was toe ek ontdek het dat my kar se vensters alliepad toegaan of oopgaan as ek die remote inhou – ‘n dag voor ek my kar verkoop het. Dit word hoogs aanbeveel dat jy nie uitmis volgende jaar nie.
Die setting vir Retrofest herinner nogal aan Up The Creek en Mieliepop se surroundings – dis fokken mooi. Doen ‘n Google image seasrch, jy sal sien. As jy al ooit in The Cradle of Humankind was (daai spot waar die eerste knopkierie of selfoon charger of watookal ontdek is) sal jy weet waarvan ek praat. Nirox Sculpture Park het gesorg vir die skildery en natuurlike backdrop waarteen die bands gejol het. Lekker rustige familievibes en acoustis music op ‘n Saterdag. Die ouens het elfuur die oggend afgeskop en alles was befok. Tot ongeveer kwart oor elf. Daar is altyd daai een poes….
‘n Chick het in die stroompie neergeslet wat voor die stage verby vloei en arms omhoog (asof dit Woodstock was) begin saamsing. En toe begin sy skree op die bands en die audience. As sy dalk meer aantrekliker as ‘n pug was, was dit dalk ‘n ander storie, maar sy was nie. Haar man/boyfriend/steek/parole officer was net so gekettie gewees. Dis onmoontlik om se vroeg die oggend gegok te raak op craft bier, so hierdie kokkelolle het moontlik welcanol en connies crystals gemeng en by die huis gerook en probably dadelik mayonaise tussen hulle tone gepsuit in die venue se kakhuis toe hulle daar aankom. Die twee het aan mekaar gehang en dinge vir almal versuur tot die security hulle van die property verwyder het. Mag hulle asseblief fokken nooit kinders maak nie.
Met die onaangenaamheid uit die weg het die bands ongesteurd voortgegaan en piele covers gedoen van Bob Dylan, Leonard Cohen, David Bowie, Jimi Hendrix, The Doors, Johnny Cash, Van Morrison, Nina Simone, Otis Redding, The Beatles, The Rolling Stones en klomp ander legends. Daar is natuurlik ook van hulle eie originals uitgeruk wat die hele vibe solidify het. So tussendeur die tunes kon ons rustig socialise, bier klap en stadig dronk raak. Lekker gesels-dronk. Nie wys-jou-lop-sided-tiete dronk nie. Ek het ook moontllik die lekkerste kos getand wat ek al by ‘n gig gehad het. Om-fokken-nom!
Hierso teen vyfuur se kant was ek moerse dankbaar dat Big H my en my skêr by ons huis kom oplaaai het vir die gig en weer veilig tergug tuis besorg het want die bier en rum het begin geselsies maak tussen my ore. En so bietjie in my broek ook, maar dit het fokol met julle uit te waai. Dis privaat.
Daar is ook nog ‘n rede om dankbaar te wees vir Big H se teenwoordigheid en dis iets wat ons met julle kan deel – die befokte foto’s wat hy deur die dag geneem het. Hier is so klein selection. Jy kan die res op die Watkykjy Facebook page gaan kokkenodge.
(moerse thanks ook aan Lloyd van Retrofest – jy run ‘n solid ship, bra)
Watkykjy staan op 3,090,617 post views in totaal sedert 1 November, 2019.