Vandag dink ons met heimweë in onse swart harte terug aan daardie bedonnerde tyd laasjaar toe ons kliphard en aanhoudend uitgerock en uitgefok het by RAMfest. Al die vriende wat ons verloor het en die nuwe vyande wat ons gemaak het. Die stukkende tafels, die stukkender knieë, die ongelukkige security guards, die hard karpartytjie-hou, K.O.B.U.S. op die radio, Chollo in die stof, die bokswyn op die vuur, die simpel Metal Braai en dan die strelende klanke van Judas Priest lanks kabbelende rivierstroompies.
Neem my terug… #Marabs4Life
Hierdie post is 169 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.
Watkykjy staan op 3,090,340 post views in totaal sedert 1 November, 2019.