Daardie drie treëtjies voor sy run-up (waar hy so ‘n sirkel gooi) het vir Morne Morkel die naam Mantis gewen.
But in all fairness, die lang lêl van ‘n man kan nie juis moan nie want die geniuses wat daarmee vorendag gekom het, het net soveel Vereeniging soos hy in hulle bloed.
En kom ons neem aan dat ‘n hele klomp huisgesinne van daardie valley af fokken vroeg wakker gaan word om semi-final te kyk. V-Town represent in ‘n fokken Cricket World Cup semi-final. Guns gelaai pappie. Die produk is Morne Mantis Morkel – pace bowler en dude wat skiem hy is Matthew Hayden as hy dalk ‘n stuk hout in die hand gestop word.
Kyk hier, ons weet Dale is diè yster en as hy eers bloed ruik kak alles en almal voor hom maar bid solank vir die armsalige Kiwi kreatuur wat dalk Dinsdag ‘n bemoerde Morkel in ‘n crunch game moet face. Imagine gou hoe bekak ‘n bra homself as Mantis net 15% soveel nek-are soos die Steyn Remover wys. Fokkit, as ou Mantis net so klein bietjie meer aggro vibes wou gooi… As hy dalk meer soos Coenraad de Buys kon wees.
Coenraad de Buys?
De Buys was die eerste wit man (so ver die ouens wat sulke stuff opgeteken het weet) wat geskiem het om so vêr noord soos die Trasvaal te mission – hoofsaaklik omdat almal hom wou bliksem, maar nie kon nie. Anyway, in die Boere se geskiedenis is hulle skaam oor die bra – hy haal nie eers die voetnotas nie en dalk is die hoofrede omdat hy regdeur die kleurgrens gespyker het. Hoekom? Want hy kón. Tog was hy, nes Mantis, ‘n sewe-voet reus van sy tyd en het hy iets soos 315 kids gebou. Yup 315. Sit daai in jou pyp Zumpies en rook hom.
Henry Lichtenstein het De Buys as volg beskryf:
“His uncommon height, for he measured nearly seven feet; the strength, yet admirable proportion of his limbs, his excellent carriage, the confident look in his eyes, his high forehead, his whole mien, and the dignity in his movements, made altogether a most pleasing impression. Such one might conceive to have been the heroes of ancient times; he seemed the living figure of a Hercules, the terror of his enemies, the hope of his friends…”
Ek het heel per toeval ‘n Max du Preez stukkie op Net-Werk24 oor hierdie kak wat nou eweskielig op die UCT kampus spat gelees en daar het hy ook na ‘n Coenraad de Buys verwys. Die feit dat ek gelees het was ‘n wonderwerk, granted, maar fokkit, gaan Google bietjie die bra. Hoewel De Buys en Mantis beide sewe-foot reuse is/was, was ou Coenraad aansienlik meer hardcore as onse Proteas speler.
Coenraad het vir hom ‘n properse stam gebou en daar is selfs ‘n dorp na hom vernoem – ‘n hele fokken dorp. Nee, moenie nou simpel raak nie – Van Coke Burg Stad is ‘n kak idee. De Buys het aanvanklik in die Oos-Kaap beeste gesteel by die Xhosas en later vir die Xhosas by die Boere (en tussenin het hy nog die Engelse ook lekker befok). Totdat almal in die omgewing vir hom gatvol geraak het – wit, swart en bruin. En dit was alles in ‘n tyd voor Tinder (and for that matter, tampons) en die bra het meer as enige hip-hop artist in die geskiedenis van die mensdom geraps.
Hy was Tiger Woods maal ‘n biljoen! Net ligter van gelaat. Sy tydverdryf was baklei of saag (of albei), en op ‘n kol het hy selfs by die Xhosa queen gebly. Hashtag – true story. Some may even say that the dude took nasiebou to a next level. Die laaste keer wat iemand hom gesien het, het hy deur die Limpopo geloop, oppad na greener pastures of iets.
Punt is: Coenraad de Buys was ‘n legend. En ek skiem as Mantis Morkel die balletjie teen so 140 km per uur net so kort van ‘n lengte (ribcage area) kan plant, gaan geen fokken spannetjie ons in die World Cup ons kan klop nie. En dan’s hy ook ‘n legend. Sonder die 315 nasate, maar ‘n legend nonetheless.
Watkykjy staan op 3,089,795 post views in totaal sedert 1 November, 2019.