(deur Befokte Wetenskap-juffrou)
Geagte watkykjy-leser,
Siende dat daar onlangs weer ‘n berig was oor ‘n onderwyseres van Menlo wat deur die een of ander onopgevoede bliksem seksueel geteister is, en ek self as juffrou meermale moes deurloop, skrywe ek nou die volgende aan al die hoërskoolseuns daar buite: MOENIE ‘N POES WEES NIE.
Kom ons kry sommer die volgende van die begin af reg:
1. Ek is nie een of ander eng ou tannie met suur pruime nie. As jy en juffrou Van der Merwe oor naweke of wanneer-ookal soos twee perdebye steek, en sy wil en jy wil en alles geskied dienooreenkomstig voel ek nie eens een vlieënde fok daaromtrent nie. Gedra jou net by die skool en hou alles on the down-low. En moenie dink oor een juffrou game is, is ons almal reg om jou ‘n blowjob te gee nie.
2. Mooi was nog nooit lelik nie en ek verstaan dit. As jy dus dink ek lyk mooi vandag en jy gee dan vir my ‘n opregte kompliment gaan ek jou nie voor die dissiplinêre kommitee sleep nie want ek is nie ‘n pedantiese doos nie, en meeste ander juffrouens ook nie. Maar om godsnaam moet my asseblief nie vra of ek ‘n boobjob gehad het nie. (Die antwoord is “Nee, maar wat de fok het dit met jou uit te waai?” en ongelukkig mag ek nie die bogenoemde sin hardop sê vanweë my posisie nie).
3. Ek dink nie ek is besonders warm nie en ek “soek” definitief nie “daarvoor” nie. Moenie so verkrampte chauvinistiese poephol wees nie. Ek trek ordentlik aan en kam my hare want arme jy moet elke dag in my gesig vaskyk en ek wil dit darem nie vir jou ondraaglik maak nie. Ek lyk oukei maar voel nog lank nie na ‘n super-model nie.
‘n Paar moenies:
• Net oor jy iets dink beteken nie dit hoef sonder sensuur uit jou mond uit te bars nie. Moenie kommin wees en vir my vra of my pussy so lekker soos ek is nie. Ek sou graag wou antwoord dat “almal se “pussies” maar dieselfde is, so hoekom voel jy nie maar bietjie in jou eie een rond nie?” maar apparently is dit onbeskof van my.
• Moenie die etter wees wat sy broeksakke sny en daardeur sit en tos terwyl ek praat oor hoe awesome Tesla was en Faraday se wet van elektromagnetiese induksie aan jou probeer verduidelik nie. Almal kan sien jy is ‘n doos wat geen beheer oor jouself het nie, want ons is nie fokken blind nie. Moenie daarna ‘n groter doos wees en liefies vir my vra of jy jou hande kan gaan was nie, want ek sweer ek is net een tosser weg daarvan om saam met jou badkamer toe te gaan en jou tottie vir jou af te sny en in jou hol op te druk, met ‘n “Ek sien hy pla jou. Kom juffrou help jou gou”-refrein wat dit gepaard sal gaan. Gaan trek eerder draad by die huis.
• En dan vir die ander onderwysers en hoofde, moenie as ‘n geskokte juffrou vir jou ‘n storie soortgelyk aan bogenoemde vertel, vir haar vertel dat sy “eerder nie haar hare moet los dra nie want dit is uitlokkend” of dat sy “moes gedink het voor sy afgebuk het” by iemand se tafel om iets aan hom te verduidelik nie, of dat sy “moes gedink het” voor sy na skool iets aan die sukkelende seun in graad tien alleen in haar klaskamer verduidelik het nie. Jy is ‘n groter poes as die laaitie wat in die eerste plek oortree het. En ek is jammer, ek gaan nie 60kg optel en my borste laat verklein net sodat ek meer “aanvaarbaar” lyk “vir ‘n juffrou” en nie meer geteister word nie. Fok julle almal. Ek doen my werk. Ek doen meer as my werk, ek swot selfs verder sodat ek beter en beter kan word want ek gee ‘n fok om. Ek is meer gekwalifiseerd as meeste ingenieurs en ek kan fokof maar ek wil nie want om een of ander rede dink ek ek kan jongmense help glo en hoop vir die toekoms en om hul volle potensiaal te bereik. So sien asseblief net dit óók raak nadat jy my tiete byna onder my bra en top en baadjie uitgekýk het.
• Moenie net aanneem dat ek genoë is daarmee dat jy vir my vertel ek het die een of ander effek op jou nie. Dink wat jy wil, maar hê minstens genoeg respek vir my moeite om jou klas interessant te maak en my werk te doen om nie alles vir my te sê nie. Contrary tot wat baie mense dink, is dit nie lekker om al die op- en aanmerkings te moet aanhoor nie.
• Moenie vir my vertel jy sal my aand maak met ‘n knip-oog nie. Seun, jy is veels te dun en te min vir my, okei?
• Ek kan nog baie aangaan maar dit sal dieselfde refrein oor en oor wees.
• Kortom: MOENIE ‘N POES WEES NIE.
Dankie boys, jul samewerking word waardeer.
Groete,
Befokte Wetenskap-juffrou
xxx
Watkykjy staan op 3,090,335 post views in totaal sedert 1 November, 2019.