Kykhie, stop alles waarmee jy besig is by die werk en slip gou uit om chips, dips, biltong, jelly babies, droëwors en bier te gaan koop, want die fokken Proteas jol more ‘n poesbelangrike game. Hopelik was jy wakker genoeg om soos ‘n paar van my tjommies leave in te sit vir more se game en jou werk ‘n vet pit te druk. Jy het nog tyd – sweef daai fokken leave form oor na HR se kant toe en kry die fokken ding net gesign. Drie-uur die oggend is ‘n heavy muf tyd om krieket te kokkenodge, maar dis nou maar ongelukkig hoe dit werk met die international time zones en daai klas van kak. Die ander cool ding is dat jy sommer van 3am af gespat kan raak, net na 11 sommer ‘n brekfis kan braai as die game klaar is en dan hoenderkop terug in die bed klim en jouself aan die slaap lag of huil, watookal die results tussen die Proteas en New Zealand gaan wees.
Môre se game is moontlik die taaiste World Cup game wat SA se beste sportspan ooit moet jol. Die Kiwis sit met seker die beste span in hulle geskiedenis wat hulle na die World Cup toe gestuur het en hulle het sover fokol games verloor. Not a one. Nada. Jirre, en hulle kan bliksem en boul. Heavy gevaarlike tye waarin ons lewe, maats. Die Proteas, aan die ander kant, het bietjie van ‘n weird team. Jy is nie aldag seker wat jy van hulle af gaan kry nie. Hulle is bietjie soos daai skisofreniese oom van jou van Waterkloofrif wat by jou 16de verjaarsdag uitslaan – jy weet nou nie so lekker of hy vir almal by die party R1000 in die hand gaan stop en fokof en of hy sy piel aan al die meisies gaan ontbloot sodra hy met sy clown suit uit sy Mazipa Benz spring nie… Kom ons hoop en bid die Proteas het nie clown suits aan nie, want ons land se wêreldbekerkrieketgeskiedenis is amper so donker soos wat ESKOM dinge vir ons maak sedert 2008…
Die slim mense tune altyd jy moet weet waar jy vandaan kom om te weet waarheen jy op pad is, so hou gou handjies vas en bid saam terwyl ons die donkerte saam inloop…
(vrywaring – visuele beelde mag sensitiewe Watkykertjies ontstel)
1992: Semi-finals – Proteas vs die Bleekbene
Hierdie is rofweg twee jaar voor Suid-Afrika begin bitch het oor dial-up speed. Die vloekwoord, Duckworth-Lewis was aan weinig bekend. Ook nie die woord “Choker” nie – maar hier was fokol choking – hier was trane. Baie, baie fokken trane. Suid-Afrika het 22 lopies gekort om Engeland op te fok, en dit slegs van 13 balle af. Heel maklik. Finals, hier kom ons! CHAAARGE! Skielik word dit 22 van 7 balle. Ook doenbaar.
Toe kom een of ander poes met ‘n wit hoed uit en tune dat Suid-Afrika nou 22 lopies kort van slegs een bal. “Totsiens, en baie dankie dat julle gekom het, hoor.”
*poep so in sy hand en gooi poep in die algemene rigting van ons krieketspan*
1996: Quarter-finals – Proteas vs West Indies
In 1996 het ons eerste in ons groep gekwalifiseer. Mammas en pappas het al begin klaskapteinbalkies uithaal. Toe verloor ons teen die Windies met 19 runs. Brian Lara het vir ons stukkend gepoes. Herleef die horries:
1999: Semi-finals – Proteas vs Die Gifappeltjies
Klusener en Donald staan reg met die stokke om leerballe te etter. Die laaste over was die kakste ooit in SA krieket. Daar is mense wat nou nog kwaad is vir Donald daaroor. Ons weet nie of hy ooit weer tiet gesien het na daardie game nie. Nee eers op die internet nie:
2003: Eerste rondte, klaar met kees.
Met tromme en klinkende simbale het Suid-Afrika ons mooi land aangebied as speelgrond vir die wêreld se beste. Een van die swakste jare in SA krieket het in 2004 gevolg, waarin ons net die Windies in ‘n single match kon oorwin. Maar terug by 2003 – die Proteas moes chase teen Sri Lanka. Dis die jaar toe Shaun Pollock ons kaptein was en die span moes tune wat om te doen. Dis ook die jaar waarin hy uiteindelik na die match uitgevind het hoe ‘n fokken calculator werk. Suid-Afrika was op 229 en het net een fokken punt gekort om deur te gaan na die volgende rondte. Mark Boucher het geskiem ons target was 229 en nie 230 nie. Hy het toe sy mooste textbook block gedemonstreer met die laaste bal en Suid-Afrika huis toe gestuur. Hulle hoef darem nie te ver moes loop nie, siende dat ons die hosts was. Ons was daardie jaar die Bafana van krieket. Pollock, die rooikop-stiefkind, het bedank as kaptein (maar steeds vir die Proteas aanhou speel) en Biff was ons nuwe kaptein. Daai is ‘n fokken storie op sy eie ook…
2007: Semi-finals Proteas – vs daai Geel Stink Mannetjie van Sin City (Ozzies)
Wat die Proteas fokken mooi reggekry het in 2007 was om eerder met almal se emosies te speel as actual krieket. Jirre, pappie, hulle het vir ons ge-rollercoaster daai jaar. Ons het Engeland, die Windies, Ierland en Skotland goed opgefok (maak so denkbeeldige draadtrekbeweing) en Sri Lanka net-net geklop. Australia, New Zealand en Bangladesh het vir ons in Rizlas gesit en vir ons gefokken double clutch. Dis egter die Ozzies wat vir ons die hardste gerook het in die semis – laagste score ooit vir die groen-en-goud – almal uitgeboul vir 149 om ons te verneder met ‘n oorwinning van 7 wickets.
2011: Quarter-finals – Proteas vs die Kiwis
Vreeslike dramaties match. *rol oë soos ‘n tiener* Voor hierdie twee spanne mekaar die stryd aangesê het, kon die Proteas net sowel sertifikate gekry het vir die prestasie “boul almal teen wie jy speel uit voor 50 overs”. Toe loop die Kiwis op die veld en dun straaltjies pis loop teen Suid-Afrika se been af in sy tekkies in. In ‘n dramatiese wending het ons 8 paaltjies in ‘n kwessie van 68 runs verloor. Dit was so ‘n fokken skaam oomblik gewees dat YouTube moontlik geweier het om enige iemand toe te laat om soveel skaam in een video op YouTube toe te laat.
*vee sweet van voorkop af en dab trane met sneesdoekie uit ooghoeke uit*
Hier kom ons by 2015.
Hier kom ons by 2015. Dis ‘n groot oomlbik. Die choker-apie is van die rug af geskud en die Proteas het baie om oor trots te wees. Ons brasse het hulle heel eerste knock-out oorwinning in Wêreldbekerkrieket beleef en die pressure, alhoewel massive, is draaglik. Ons het ‘n goeie kaptein in AB en daar heers ‘n groot kalmte voor die storm. Aan die ander kant is New Zealand hopelik over confident en so paar verkeerde judgement calls kan ons red. Ons moet net nie chase nie. Jirre, laat ons net nie chase nie, samblief. As ons môre se match wen, dan fokken drink ons. As ons môre se match verloor, dan fokken suip ons!
As ‘n side note is hier vir jou ietsie om oor te dink – die Proteas het nog net 7 ODI matches teen die ozzies gejol by die MCG sedert 1992, waarvan ons 6 gewen het. Daai is lekker stats. Fok ons New Zealand môre op, sal dit dalk een van die beste finals ooit in krieketgeskiedenis wees by die MCG. En hopelik teen die Ozzies, want dis fokken lekker om iemand by sy eie huis te verneder. Soos wanneer jy by jou vriend Hennie se huis braai, kakhuis toe gaan en terugkom om te announce: “Jirre Hennie, jy was laaste in die kakhuis. Jy het ‘n floater met mielies en en rys gelos, jou naai!”
O ja, en as Duminy dit by some miracle regkry om in more se match weer ‘n hat-trick te boul, maak ek ‘n GoPro aan my tril vas, smeer myself vol heuning en hardloop al skreeuende deur Danville se strate. Dronk, obviously…
Watkykjy staan op 3,085,446 post views in totaal sedert 1 November, 2019.