Spoek Mathambo se nuwe projek Fantasma is gister amptelik gelaunch en die internet fokken gons. Die gesuis weerklink selfs op ‘n old school koerantjie soos The Guardian se website, maar jou Kaptein het die man so ruk terug gecorner en ‘n exclusive sound-bite spesiaal vir elke gelowige watkykertjie gekry.
Okay piele. So confused soos Piet Retief tydens ‘n braai by Dingaan se posse? Let me exaplain. Dit gebeur seker vir ‘n rede die heeltyd met my, maar soms moet jy net eenvoudig ‘n band meer as een keer live sien. As ‘n laaitie in die Oos Rand het Saron Gas deur my are gepomp. Ons het myle gery om hul shows by te woon en dit was elke keer befok. Nou dat ek daaran dink – ek en my bra Ertjies was even lucky genoeg om een aand saam met die manne ‘n dop in The Doors te drink.
Meer onlangs het die Black Cat Bones in my bloed beland en ek dink in 2014 alleen het ek hulle iets soos ses keer live gesien – Peertjies se skuld. By the way, die Bones se Blues vibes werk veral goed as jou tjerrie jou vir die soveelste keer in die pad gesteek het. Of jy iemand anders in die pad gesteek het.
Net so voor Krismis het ek perongeluk Fantasma in ‘n (soortvan) underground basement vibe loop luister. Fantsma was ‘n belewenis en toe ek die ander dag hoor hulle gaan weer in die Barrister Hotel in Braamies jam… Well, ek het weer gedans asof niemand my bierpens en plumber’s crack kon sien nie.
Om rond te spring soos ‘n tiener is lekker, maar soos die Kaapse Klopse wat dalk moontlik by laasweek se Ram Fokken Jam in Langstraat uitgeslaan het sal weet – die lyf hy vat hom die shots as daar vir te lank gemosh word. Fantasma is Spoek se nuwe projek en om dit in een sin op te som: Die bra het pretty much een mean musical army assemble. Spoek is redelik bekend vir sy slick township-rap skills en vermoë om soos die beste creative director by ‘n kak larnie establishment uit die boks te dink.
Maar kom ons kyk net gou wie is hierdie weermag:
Eerstens het hy vir Bheki Cele – not the Deputy Minister of Agriculture, Forestry and Fisheries – nader getrek. Nee Bheki is die sersant in Fantasma. Die ou wat uitmaak. Hy klap dik African bass tunes – nie dat hy net tot die spesifieke instrument beperk is nie. Hy jam gewoonlik voor die main act so stuk of drie traditional tunses (oftewel “maskandi music”) om jou in die mood te kry. Net dit dit op sy eie isal klaar piele.
Dan is daar op lead guitar Andre Geldennhuys wat ‘n paar dinge doen wat beswaarlik legal kan wees – dink Rage Against the Machine ontmoet Tupac en met Dr Dre wat die planne beraam het. Andre se goeie tjommas noem hom ook soms Dre.Heavy off-beat vibes waarmee die man moet werk. Dit is so fokken cool. Ek cream sommer weer in my panty as ek dink hoe hy met ‘n kitaar liede maak.
Dan is daar die drummer en Leviticus Buchannan maak ook sohalf uit in ‘n set wat baie maklik in ‘n moerse fokkop kan ontaard as iemand dalk ierwers ‘n beat of ‘n ding mis.
Laaste, maar beslis nie die minste nie mix DJ Spoko dinge wat jy dalk op ‘n kol iewers in isoos ‘n Mandoza mash-up by ‘n boeretroue gehoor het.
O ja, so bloukoptjerrie Moonchild feature ook op van Fantasma se tracks. Haar stem maak my so jags soos die manne by Rapport wat pretty much enige kak storie sal uitdink om ‘n koerant te verkoop.
Met Spoek in beheer is Fantasma ‘n army van ‘n ander soort. Dit maak ook meer sin dat Die Antwoord hom in een val hul ouer tracks so bietjie getune het.
#Once.
Gaan google bietjie vir Spoek en Fantasma, jy sal check die Britse pers skryf hom raak. Interviews links en regs. Live streaming vibes en natuurlik heavy intellectual quotes oor kak wat in ons land se musiek kan en gaan gebeur. Fantasma is iets anders. Gaan chekkit uit en kry sommer vir jou die limited edition vinyl. Ek weet ek soek een.
Watkykjy staan op 3,090,630 post views in totaal sedert 1 November, 2019.