‘n Baie goeie pel van Watkykjy, Drikus (Brixton) Barnard, van die band Brixton Moord en Roof Orkes (wat by Watkykjy se heel eerste festival gespeel het), het ’n gewas op die brein nadat hy twee beroerte aanvalle gehad het. Sy broer en guitarist in dieselfde band, Gerhard, is besig om geld in te samel om die hoë hospitaalonkostes te dek deur middel van auctions op social media. Jy kan meer info kry oor die saak hierso op Netwerk24.
Die maklikste manier om ons tjommie te help is om ‘n finansiële bydrae te lewer (die bankbesonderhede is aan die einde van hierdie artikel), maar as jyself dalk iets wil skenk vir ‘n auction, lees verder af en ons vertel jou wat om te doen.
Ons wil moerse graag baie help, so van ons kant af is daar sover twee items wat ons sal opveil:
1) Die oorspronklike ninja suit wat Die Antwoord gebruik het in die music video vir Enter The Ninja.
Jy kan maar die video gaan soek om te check hoe die suit lyk. Dis al way back in 2008 gekoop van die overseas af en dit sluit die tabi (ninja) bootse in (nommer 9), asook hand claws en foot claws (jy weet, vir boomklim en so aan). As mense van die overseas af daarop bie, kan ons die gevaarlike claws ongelukkig nie saamstuur nie omdat dit as wapens gesien word. Locally sal ons dit courier. Hier is die suit in sy glory days, die dag toe hy ontvang is:
2) Tydens die verfilming van Die Antwoord se Evil Boy music video is daar ‘n Evil Boy houtbeeldjie as geskenk aan my gegee. Daar is net 3 van hulle laat maak. Ek sal hom ook laat gaan. So lyk die klein kak. En ons wil net hê dat Brixton ‘n piele tyd moet hê, want dis die tipe ou wat hy is, so laat daai bids inrol:
As daar genoeg belangstelling is in Die Antwoord se “memorabilia”, sal ons nog so paar items beskikbaar stel – daar is ‘n hele paar fokken skaars en one-of-a-kind items. Ons het geen probleem daarmee om daarvan onstlae te raak om ‘n vriend te help nie.
Hier is hoe jy op bogenoemde items bie:
Stuur ‘n e-mail na griffin@watkykjy.co.za met jou aanbod en die item wat jy graag wil koop.
Jy het kans tot 31 Maart, middernag. Daarna sal ons die persoon kontak en die items met die hoogste pryse op zefshop.com plaas sodat die item bestel kan word – die rede hiervoor is dat ons slegs in ernstige kopers belangstel (hierdie is vir ‘n goeie doel, onthou) en dat al die shipping info en delivery details daar ge-capture kan word. Dit gee die persoon ook die keuse om via EFT of kredietkaart te betaal. Sodra ons die geld ontvang, betaal ons dit oor aan Brixton se verloofde wat daai kant van sake hanteer.
Indien die persoon nie die item koop nie, stel ons dit internasionaal beskikbaar en sit die pryse op met R200 – ons is bewus daarvan dat Die Antwoord se fanbase eintlik oorsee is.
Vir ander items wat sover deur mense beskikbaar gestel is wat hieronder genoem word, kan julle ons kontak en ons sal jou in kontak sit met die regte persoon. Almal doen hulle auctions op hulle eie manier.
Die beste manier om items op te spoor is om op Twitter of Facebook vir die hasthag #HelpBrixtonBarnard te soek. Jy kan jou eie bydraes of items ook beskikbaar stel onder daardie hashtag en met almal deel.
Hier is wat ander mense sover beskikbaar stel wat ons kon optel:
Hi daar
Ek het die twee original sketse wat op auction is tot more middag 5uur. En die Johnny Cash skets sal ek probably op he van Maandag af. Dis A4 pencil on paper. Janis en Keith is unframed en Johnny kom met ‘n raam.
Ek het ook limited A3 prints (een van elk) van Jimi Hendrix, Tom Waits en Bob Dylan wat ek dan sal post.
Liezel
These three prints put up for auction by Elrie Joubert for the #helpbrixtonbard initiative.
Thanks so much Elrie X
“Preoccupation”
Digital print on Fabriano (3/5)
715 x 540 mm
2012
Unframed
“Everything has a Place”
Digital print on Fabriano (4/5)
715 x 540 mm
2012
Unframed
“I call it Passion”
Digital print on Fabriano (3/5)
715 x 540 mm
2012
Unframed
Behwalwe vir hierdie items is daar ‘n kakhuis vol ander kuns en muskiekinstrumente wat ook beskikbaar gestel is. Brixton se broer gaan byvoorbeeld ‘n baie nice Ibanez guitar ook beskikbaar stel.
Net om weer te re-iterate – gaan soek daai hash tag, HelpBrixtonBarnard op social media en help om ‘n verskil te maak,
Daar word ook so paar befokte benefit concerts gereel deur muso’s wat hulle harte oopgemaak het en ons sal die details met jou deel sodra ons al die info het. Iets baie cool en positiefs wat hieruit ontaard het, is dat daar ‘n permanente jaarlikse gig op die planke gebring word om musikante in SA te help wat deur die noodlot getref word.
Laat ons seblief weet as jy op enige ander manier ‘n bydrae kan lewer en ons pass gerus die info oor aan na die regte channels. En deel asseblief hierdie post met soveel mense as wat jy kan.
Skenkings:
M E Visser
ABSA Cheque Acc. Nr 4072317255
Branch: 632005
Watkykjy staan op 3,090,603 post views in totaal sedert 1 November, 2019.