Deur Big H.
Dit gebeur nie aldag dat mens ware legendes in lewende lywe op ‘n verhoog kan sien nie. Ministry, en meer spesifiek hulle frontman Al Jourgensen (a.k.a. “Uncle Al”), val in daai kategorie.
Ministry bestaan al van 1981 af en het deur die jare, soos kakkerlakke wat ‘n nuclear holocaust oorleef het, eenvoudig net bly voortbestaan. Oorspronklik het hulle “new wave synthpop” gespeel (dink Depeche Mode en soortgelyke emo bands), maar in die middel van die 80’s het hulle ‘n ander rigting ingeslaan en geboorte gegee aan die kakharde industrial metal wat ons vandag ken. En liefhet.
Ministry het deur die jare verskeie veranderinge ondergaan. In 2008, na 27 jaar en 11 studio albums, het hulle ophou speel, maar vir 2012 se Wacken Open Air Fest het hulle ‘n reunion gig aangekondig en alles dui daarop dat hulle nogsteeds reunion. Daar was intussen twee nuwe albums uitgereik, hulle het weer begin toer, en daar is verskeie gigs vir die res van hierdie jaar in Amerika en Kanada beplan.
Die verrigtinge by Carfax is geopen deur Suid-Afrika se eie Slashdogs en Terminatrix, wat fokken lekker was. Niks kon mens egter voorberei op die oudiovisuele skouspel wat op die stage ontplof het toe Ministry begin speel het nie. Uncle Al het die hele verhoog vol rondgebons, en dit was duidelik hoekom baie mense hom as die “godfather of industrial metal” sien. Die klank was uitstekend, die skare het aapkak gegaan, en as jy nie gefokus het nie het daai moshpit jou sommer fokken heel ingesluk.
Ek dink almal het die aand tevrede huistoe gegaan. Dit was een van daai “once in a lifetime” ervarings, en mens wéét sommer dat jy nie so iets gou weer gaan sien nie.
Hier is ‘n paar foto’s:
The Slashdogs:
Terminatrix:
Ministry:
Watkykjy staan op 3,103,883 post views in totaal sedert 1 November, 2019.