About amper presies ‘n jaar gelede het Chopper ‘n review gedoen oor Donovan Borne se debuut solo album, Greatest Hits, Vol. 2. Die bra het nou ‘n nuwe tune of twee geskryf en het besluit om een van die nuwe outjies sommer op YouTube te sit. As jy dit smaak, gaan tune hom sommer op sy Facebook page.
Gee sommer so ‘n paar van die ander tunes se eerste dertig sekondes ook ‘n luister voor jy die video kokkenodge. Maybe like jy dit erg genoeg dat jy dit wil koop en befokte local musiek wil ondersteun. Dis bietjie van ‘n donker Tom Waits, Nick Cave of Johnny Cash-erige vaaib. Chopper het dit dalk die beste gestel in sy review:
Sy stem is fokken briljant. Donovan erken dat hy geinspireer is deur ouer sangers soos Johnny Cash en Roy Orbison, maar ook effe nuwer groot stemme soos Tom Waits en Nick Cave. Mens hoor die link na hierdie tradisie van sangers, maar hy pas telkens sy stem slim en fokken expertly aan by die spesifieke gevoel van die song. Hoog, laag, weird, cowboy of crooner. No problem. Borne is nie bang om te eksperimenteer nie en het die ammo in die keel om dit op te back.
Watkykjy staan op 3,084,128 post views in totaal sedert 1 November, 2019.