Ons het bietjie met ‘n nuwe band op die scene, Dead Lucky ge-chat. Hulle het sopas hulle eerste album, Sons Of Lazarus gedrop (verlede week) en ons sal hom ook review deur die loop van die maand. Check eers gou hulle video uit vir een van die tunes van die album af, “Live Fast, Die Last” voor jy deur die interview lees. Check aan die einde van die interview uit vir nog so paar tunes waarna jy kan luister.
Kom ons kry lame poesvraag eerste uit die pad uit: Hoekom die naam Dead Lucky vir julle band?
Chris: Ek het geen fokken idee nie. Dit klink heavy cool, soos Pantera, Metallica, Sepultura, Mötorhead, Fuck, ens.
Jean: Ons het n naam gesoek en kon nie op een fokken kom nie, toe raak ons maar poestoe gesuip en tattoo mekaar, toe ons weer kyk sit Kyle met ‘n tattoo wat sê Dead Lucky met so paar karate en what not. Van die naam gehou en toe het dit gestick
Jeandré: As jy n fokken show survive is jy dead lucky…
Wie is almal in Dead Lucky en wat is die brasse se backgrounds?
Ek is Chris, ek jol die fokken bass kitaar. Ek maak laat die mense se holle dans. Groove is my plig.
Ek is fokken Jean Middelvinger. Ek poes dromme, suip ‘n ding fuctup en snuif enige iets en rook poesbaie boom.
Ek is Kyle Lucky, ek probeer sing, suip whiskey en ry bikes, BRAAAAAP!!!
Im Alex, I play lead guitar and FIFA.
Ek’s Jeandre, ek’s nuut in die outfit, speel rhythm en doen backing vocals. Ek is ‘n 21-jarige naai uit Kuilsriver, jam guitar, love ‘n lekker party en meisies met groot tiete.
Julle debut album, Sons of Lazarus is sopas uit. Kom ons praat eers oor die fisiese album – Dit lyk nogal fokken slick. Hoeveel werk het in die planning van die album gegaan? Die design en daai tipe van vibe? Daar is even ‘n poster in die inlay. Dis poes fancy.
Chris: Dis alles Jean, Steve Harzen en Hybrid Media. Die recording het gebeur voor ek in die band was. Dit het vir my off-the-bat lekker geklink, dit maak net sin dat dit lekker lyk ook. Full package.
Jean: Ons design bra is Steven Crack Hharzen – hy was die oorspronklikke bass speler toe ons begin het back in the day. Ons wou ‘n poes slick package drop, iets wat op n internasionale level gan impress. Als wat ons nog altyd gedink het cool was het ons gebruik as guidelines vir die design. Dit het befok uitgekom op die einde. Thank fuck.
Ek sien Brendyn Rossouw en Theo Crous het julle album produce. Hoe duur is dit deesdae om so tipe van professionele album uit te sit met die beste ouens in die business?
Chris: Ek het nie ’n fokken idee nie, maar dis die moeite werd.
Jean: Ag, die brasse is goeie tjommies, so ons was nie so hard gecharge nie. Krap maar mekaar se rûe…
Reuben Cohen het die outjie vir julle ge-master. Hy het ook Rob Zombie se shit gemaster. Op watter stadium begin jy piele afkap om hierdie kak te kan bekostig? En hoekom juis daai bra vra om dinge te master?
Chris: Ek het nie ’n fokken idee nie, maar dis ook die moeite werd gewees.
Jean: Snaaks genoeg, uit als is die mastering die cheapste gewees. Ons het met Theo gesit en brainstorm oor wie te gebruik as master engineer. Hy en Reuben het al baie saam gewerk en ken mekaar. Ook ‘n rede hoekom ons ‘n baie goeie prys gekry het op die job. So dinge het maklik geloop. Almal het nog hul piele gelukkig
Die album self nou – ek sal Sons Of Lazarus se musiek of styl opsom as Lemmy van Motorhead en Rob Zombie wat ‘n kind aangeneem het en grootgemaak het op musiek, zol en poesklappe. Hoe sal julle dit beskryf?
Chris: Dis groovy, vinnig, hard, en mooi. Die vocals klink soos ’n reus, die dromme is solid, guitare riff kliphard, bass maak mooi. Daar’s killer riffs en befokte vocal content, die songs het almal ’n mood en hulle werk befok live.
Jean: Haaha, ja. Wel , poes groot guitar riffs, heavy driving drum, vocals is soos ‘n poese reus wat op jou skree. Ag fok jong, dis poes hard, poes lekke, jy wil net fokken party op die musiek. So dis shap!
Jeandre: Dit is die tipe soundtrack wat sal jol as mense ‘n bank beroof.
Afgesien van my vergelyking klink julle sound tog heavy uniek. Ek was kakbly toe ek dit in die CD player druk en skiem “dank god dit klink nie soos ‘n Suid-Afrikaanse band nie” – jy weet wat ek bedoel. Is dit ook wat julle motifeer om SA ‘n pit te druk en hele band Europa toe te vat? Is daar ‘n future vir hard rock en metal in SA of is dit maar dieselfde groep wat mekaar se piele suig?
Jeandre: Daar sal altyd ‘n baie klein mark wees.
Chris: Daar word maar piel gesuig. *vee kom tussen tande uit* Ons jol hier vir die kleinste persentasie van alternatiewe rock luisteraars. Dis about 2%, dan is dit ook nog ’n kompetisie, mense is mos fokken cool. Daar is ’n paar (festivals) wat help vir rock en metal, maar radio word geswamp deur ander populêre musiek. Afrikaanse Techno, House, Gospel, Electro, R&B, Hip-Hop, ens. In Europa is daar ’n groter persentasie van die bevolking wat rock en metal luister.
Jean: Ons is nie juis in die metal scene nie, so ek weet nie wat daai dudes doen backstage nie. Ons poes eerder iemand voor ons sy piel suig. Ek dink daar is defnitief nog ‘n groot toekoms vir heavy rock en ook metal bands seker vanuit ons land, die toekoms is net nie in S.A nie. Sal nooit vir SA ‘n pit druk nie. Drugs en drank is mos lekke cheap hier. Ons het 4 jaar gevat voor ons ons album begin record het, mooi eers aan ons sound gewerk.
Hoekom het julle Sons Of Lazarus gekies as ‘n naam virrie album? Het julle madjat gerook en te veel Sons Of Anarchy gekyk?Chris: Ek het nie ’n fokken idee nie, maar dit klink cool. Die album sou eers 13 gewees het, maar toe kom die Black Sabbath plaat uit. Suicidal Tendencies het ook ’n 13, en ek dink daar is ’n Highway 13 Jack Hammer album.
Jean: Sons of Anarchy se poes man! En nee, ons rook net chronic, ek’s fokken Middelvinger, fok. Die oorspronklike idee was dat ons die album 13 noem, toe drop black Sabbath ‘n album met daai poese naam. Naaiers. Toe besluit ma om een van die songs se titles te gebruik.
As daar een persoon is past of present, dead or alive vir wie jy ‘n copy van jou album in sy koue moet stop, wie sou dit wees?
Chris: Jesus, of Dimebag Darrel.
Jean: Fokken hitler papa
Jeandre: Lucky dube – shoutout vir Andre Kriel! Hahahaha!
Wat kyk jy, poes?
Chris: Fokol, want jy is fokol.
Jean: Hou jou ma se poes dop, jou nai!
Jeandre: nou moet ek keer of dit is amper naweek…
Watkykjy staan op 3,083,857 post views in totaal sedert 1 November, 2019.