Pak ons mos die Assembly hier in Kaapstad uit vir die amptelike launch van “Dagdronk”, Fokofpolisiekar se eie bier. Met free Dagdronk en tunes deur Fokof, De Wallen en die Fokof DJs kon dit nie anders as om ‘n blurry goeie fokken aand uit te wees nie. Kom sit mooi stil, dan vertel ek julle…
Dagdronk
Kom ons praat eers bier. “Hulle eie bier?” vra jy met ongeloof in jou bloedbelope en dikgerookte ogies? Ja jou fokken klein marabsie. Hulle eie fokken bier!
Check, Fokof het verlede jaar die krane begin oopdraai. Die Bende, in samewerking met Sir Thomas Brewing Co is actually besig om vier verskillende craft biere te maak. Fokken vier china, alhoewel vyf nog beter sou wees. Een vir elke band member.
Anyways, die eerste van die reeks is ‘n 440ml ‘Blonde Ale’ en word Dagdronk genoem. Omdat hulle weet watse dronkgatte hulle fans is, word Dagdronk net per doos verkoop teen R640 per boks van 16 biere (dit sluit aflewering in Suid-Afrika in).
As jy wonder hoe hy proe, hy proe soos nog!
Klap hulle website vir orders, ek sê.
(Die tweede ene is Antibiotika en hy is ‘n Indian Pale Ale. Fokof launch hom 20 Maart by Rumours en 21 Maart by die Atterbury Teater. Stiek uit!)
Nagdronk
Na ‘n paar Dagdronkies afgewissel met net die regte hoeveelheid tequila begin die dinge lekker op dreef te kom by Assembly. Die Fokof DJs crank die tunes tussenin, enige iets van rock tot indie tot hip-hop en what what. Darem manne van formaat so niks fokken ntss-ntss tos of so iets nie. Ons skuifel solank verhoog toe vir De Wallen.
De Wallen is rock en roll. Hulle tunes is straight-forward rock, onverdun en ballas-uit allie pad hel toe. Dis mos hoe ‘n regte man vir hom soek. Behalwe vir die klas tunes, deliver hulle die goods ook op stage. Energie bruis soos bier in ons are en ons is net die regte temperatuur opgewarm vir Fokof.
En wat kan ‘n ou tune oor Fokof wat nog nie getune is nie? Anders as ‘n bier wat lank oopgelos is, word hierdie legends net nog beter met tyd. Die crowd lewe die tunes en Francois connect met hulle, sommer bo-oor die crowd barrier, soos net hy kan. Frontman van Coke, the one to beat. Vuiste bal, sweet stroom, nekare bult van die saamsing. Nog ‘n Fokof aand vir die boeke. Soos altyd.
Thanks boys! As die nuwe enetjie launch, maak ons weer so!
Cheers.
Fenomenale foto’s deur die Image Engineer – gaan check die res van die kiekies uit op Watkykjy se Facebook page.
Watkykjy staan op 3,048,235 post views in totaal sedert 1 November, 2019.