Hi Griff
Jy het gesê ek kan gerus vertel hoe dit was, so hier is hy.
My wederhelfte is ‘n moerse Phillip Phillips fan so sy was moerse excited om te gaan. Aangesien The Script die hoof act was het ek morge broeksnoek verwag, maar “to my surprise” was die crowd mense van alle ouderdomme, kleure en geure! Alhoewel meeste van die ouer garde wat daar was, daar was omdat hul kinders nog nie kan bestuur nie eerder as omdat hulle aanhangers van die musiek is.
Die Dome is ook anders as buitelug venues soos Soccer City in die sin dat jy sommer bottels rooiwyn (fokken droë rooiwyn), kan haak en dit saam met jou dra eerder as net ‘n koppie bier. Die rooiwyn en dubbel vodkas en play het verseker dat jy reg was vir bietjie voet stamp en boude skud.
Phillip Phillips het weg gespring en onmiddelik was daar ‘n moerse lekker folk rock gevoel in die dome. Ek reken hy en Matthew Mole sal kak lekker saam kan musiek maak. Sy songs (alhoewel ek nie moerse baie van dit geken het nie), is genuine lekker luister musiek! Daai tiepe musiek wat jy by ‘n braai of by Koppi om die kampvuur kan luister net om ‘n lekker atmosfeer te skep, om jou lus te maak om bietjie fles te vat… Jy weet, net lekker “feel good” voet stamp vibes.
Jy sou nie sê dis ‘n Idols wenner nie, want hy ken actually van lekker musiek maak! Hy is nou nie ‘n Heinz Winkler of daai mollige Karin girl nie. Sy show was befok, maar nie moerse lank nie. Die intermission het ons net genoeg kans gegee om te gaan rook en genoeg osbloed in ons kele te gooi om uit te sien na The Script. Ek is nie ‘n fan van die Ier met die kolossale kuif en sy makkers nie, dis bietjie te pop/maroon 5 vir my….
That being said, ek weet nie of dit die groot hoeveelheid rooiwyn en vodka was nie, maar hulle show was toe actually glad nie kak nie! Inteendeel, dit was toe baie goed! Nie goed genoeg sodat ek nou gaan begin om my kuif te blow wave en hulle musiek te pomp soos ek deur die Vaal se strate ry nie, maar wel goed genoeg dat ek hulle vertoning terdeë geniet het! Ek het selfs bietjie saam gesing op die een of twee refreine wat ek geken het! Hulle hoofsanger is ook moerse “crowd friendly” en het met baie van sy groupies interact wat veroorsaak het dat die golden circle in ‘n glibberige glybaan ontaard het.
Bands wat met hulle fans interact tydens ‘n show kry klaar ‘n thumbs up van my, of ek nou van hul musiek hou of nie (behalwe sangers soos onse Kaptein, wat kan handjobs uitdeel aan die voorste ry en nogsteeds kak musiek maak). So all-and-all was dit ‘n moerse lekker aand, die musiek was bo verwagtinge goed en die bands was genuinely entertaining! Baie dankie weereens vir die kaartjies om dit te kon gaan kyk, dit was ‘n helse lekker jol! Die droogies en effens wynmagie is wel net taamlik kak.
Thanx Griff!
Groete
Schalk
Watkykjy staan op 3,092,340 post views in totaal sedert 1 November, 2019.