Join ons Superbru pool want jy kan dalk net mooi fokol wen, of dalk kom jy in aanmerking om, soos laasjaar, saam met die watkykjy crew die Bokke te gaan kyk en lekker dik gesuip te raak.
Wie weet?
http://www.superbru.com/superrugby/pool.php?p=11349289
Pool name: Duidelik
Pool code: yarnores
Kortbroek skiem die Stormers beter wen
Onthou julle nog die tyd toe jy jou tjommas in Slaapstad heeltyd kon kak byt oor hul van iets soos 10-jaar sonder ‘n trophy gesit het? Dit was nie so lank terug nie, maar intussen het hulle gekook in die Vodacom Cup, ‘n Currie Cup of twee gelig en was hulle altyd there and there abouts wanneer dit by Super Rugby gekom het.
Die joke is deesdae op die Herbou Bulls wat heel moontlik weer ‘n PK of twee by die Lions gaan kry. Anyway, die Stormers het nou al lank genoeg aan die Super deur geklop en dit is dalk ‘n geval van nou of nooit as ek dinge so kyk. Beserings en die kak wat hul op slot moet uitsorteer considered, die groep lyk reg om die volgende stap te neem en dit sal ‘n perfect send-off vir hul coach wees. Nes Duane Vermeulen een van die redes is waarom die Stormers so goed presteer het, kan mens nie hul coach, Allistair Coetzee, min genoeg prys vir die rol wat hy oor die jare daar gespeel het nie.
Fokkit, ouens vergeet vinnig en bekak hulself net so vinnig as dinge nie heeltemal so lekker uitwerk nie. Boys, Toetie, soos sy spelers en dies meer hom ken, was ook deel van ‘n World Cup coaching team wat dit actually reg gekry het om die beker te wen. Die man verdien ‘n een moerse gong net vir die feit dat hy elke week, wen of verloor, deur die wêreld se arm-chair specialists uitgekak is oor daar nou weer iets was wat hulle nie so lekker gelike het nie. Telkemale het die man vrae deur tietkoppe wat nog nooit eers die game gejol het nie beantwoord en was hy ‘n gentlemen al was dit elke week dieselfde kak, oor en oor.
Ja die Sharks lyk wit-warm, die Lions mag dalk ook iets regkry en as jy mooi na die span kyk sal jy nie die Bulls kan afskryf nie. Vir die Stormers is dit egter ‘n geval van nou of nooit. Toe nou marabse, doen dit vir die coach en try om nie in die play-offs te choke nie.
So hoe lyk die spanne?
Bulls: Dit kan seker nie so groot fokop soos laasjaar wees nie, of hoe? As die Bulls dit dalk regkry om eendag minder manne aan die Euro af te staan sal die zefsyfer op die Oos Paviljoen seker ook styg. Kom ons hou egter nie ons asems te veel op nie.
Lions: Coach of the year en elke ding. Daar word baie van die Lions verwag, hoewel jou eerlike Lions supporter ook goed weet hoe dit voel om prematurely te ejaculate. Ek like wat ek by die Lions laasjaar gesien het en kom ons hoop hulle vat dit nog so stappie vêrder.
Sharks: Wie coach nou die Sharks? Of eerder, vir hoe lank gaan hulle dieselfde coach in die tank laat swem. Durban politics het die laaste tyd ringsting of note afgegge. Tog het hul steeds ‘n lekker span en is hulle probably ons land se beste hoop vir ‘n home final. Gary Gold… onthou ek nounet.
Cheetahs: Almal het nou klaar inkopies kom doen en nou sit die Vrystaat weer met ‘n span wat dalk so bietjie shots gaan vat terwyl die nuwe future exports aan die level rugby gewoond raak. Cry me a fokken Oranje River en kom ons hoop hulle surprise weer soos jy jou tjerrie die ander aand surprise het toe jy hom in jou dronkenskap perongeluk by die verkeerde gat ingedruk het.
Stormers: Nuweland het al baie dinge beleef maar tot vandag toe kon nog net die Bulls oor ‘n Super Rugby trophy brag. Dit sal ‘n piele send-off vir hul coach wees as hul vanjaar die beker huistoe bring en met Duane in die mix is niks seker onmoontlik nie. Kom ons kyk maar.
Round 1 picks
In die verlede het ek en Griif elke week soos mal marabse ons opinie gegee oor wie gaan wen en met hoeveel punte dit gaan gebeur. Ons was egter heeltemal te besig met ander kak om pre-season rappie te kyk so maak jy nou maar vir eers jou eie mind op. Ons sal volgende week weer slim probeer wees. Al wat ons wel weet is dat die Stormers dalk op Loftus gaan sukkel aangesien Francois Hougaard vir ‘n verandering weer jol waar hy hoort. Blaas my fokken brein dat die Bokke hom op 9 kies en die Bulls hom op vleuel, waar hy hoort, jol.
Happy Rappie seisoen en onthou, jy kan jou drie op haar middelyn gaan druk maar gebruik ‘n konna want Aids bestaan nog my bra.
Watkykjy staan op 3,089,796 post views in totaal sedert 1 November, 2019.