Ek skiem dit is tyd dat ons vir Jake White in Frankryk gaan haal sodat die marabs die Sharks en Bokke vir ons kan kom afrig. Jake is ‘n kenner en ‘n wenner en al weet ons hy gaan dalk net vir 20 minute by die spanne wees voor hy weer fokof, sal dit tog so nice wees om sy kennis hier in te span.
Okay fine, ek was soos altyd redelik gesuip toe ek hierdie weeklikse stukkie rappie begin skryf het – ons is beslis beter af met White in ‘n ander land. Jake White sal my altyd aan my my eerste ontmoetting met Gert Vlok Nel laat dink en niks loop so lekker saam met ‘n bottle rooiwyn as ‘n ou Gertjie-treffer in die agtergrond nie. Net so terloops, Jake is aansienlik minder van ‘n legend as Gertjie, al het hy ‘n World Cup gewen.
Eendag lank-lank gelede het ek ‘n Gertjie show in Perigators daar in Pringle Baai gaan check. Dit was ‘n ekstra special performance want Johan Smit (wat deesdae somewhere in Europa bly) het kontrabas gejol. Bra Eckard Potgieter en Gustav van die Wittzenbergies was ook in die omtrek en die Perigators pizzas was beter as enige iets wat ek al by ‘n faktap franchise kon kry. Fokkit Kaapstad, hulle gooi lekker shows daar en dit is net vêr genoeg uit jul comfort-zone om jul te laat vergeet dat jou lewe deur ‘n berg beheer word. Gaan chekkit uit, dit is ook naby genoeg aan die Hangklip Hotel waar daar glo dik trance tunes gegooi word. Ek het nog altyd ‘n groot bewondering vir Getjie gehad. My tjommas het in die early 2000’s vir hom roady stuff gedoen en as jy al ooit met die poetry crowds in Pretoria te doen gehad het sal jy weet dat fokken baie ouens soos die man probeer wees.
One of a kind, fokken #Once.
Iewers in 2008 in some Sandton bar het ek in my dronkenskap ‘n bottel Jake White collectors rooiwyn by ‘n funksie gekoop. Dit was een van daardie setups waar cleavage my arm gedraai het om my kredietkaart besonderhede vir iemand te gee. Die bottel het ‘n paar jaar later dit tot in die Karoo gemaak en op een warm somersdag is dit uit die Springbokhuis in Richmond geruk en tydens kersfees in Beaufort-Wes deur Gertjie en John gedrink.
As doc Willie se shop net langer oop was…
“I wish you a Merry Jake White Christmas” is die SMS wat ek gekry het. In Perigators, toe ek nou uiteindelik vir Gert tesienne kon kry, het ek na die show vir hom gevra wat hy van Jake White dink.
“Jack White?” was sy eerste reaksie.
“Nee, Jake White”, tune ek toe en sien dat die man (heel verstaanbaar) so bietjie deurmekaar was. Die bra moes seker dink ek is kens om hom na so befokte show oor ‘n omstrede rugbyaftrigter uit te vra.
“Ek geniet my rugby maar is nie heeltemal op hoogte van dit wat tans aan die gang is nie,” het Gertjie verduidelik.
Die bottel Jake White het iets soos R2500 daardie tyd gekos en nadat ek dit aan een van ons land se beste kunstenaars verduidelik het, was die volgende paar rondes op hom. Ons het nie oor rappie gepraat nie en na laasweek se totale fokop met my SuperBru, wil ek ook nie die week oor die game praat nie. Gert se tunes is in any case beter as rappie, sy poetry maak meeste meisies teen hul stoele afgly en die feit dat jou average Nicholas of Bobby of (*insert bonehead band hier) meer plate as die legend verkoop… dit maak my oor die toekoms van die Afrikaner worry.
Dink bietjie daaroor voor jy weer die ANC of Eskom kakbyt…
Round 2 SuperBru Pics:
Iemand gaan verloor en dit mag dalk net weer die Bulls wees.
Join ons pool of iets:
http://www.superbru.com/superrugby/pool.php?p=11349289
Pool name: Duidelik
Pool code: yarnores
Watkykjy staan op 3,085,037 post views in totaal sedert 1 November, 2019.