Op 20 Februarie 2005 het Hunter S. Thompson homself doodgeskiet. Op dieselfde dag is Dalene Matthee dood aan meer natuurlike oorsake.
Albei van hulle kón skryf, maar sou tien teen een nie te lekker om ‘n braai gekuier het nie. So lief soos Dalene vir olifante was, so maklik het Hunter hulle gesien as hy sy sewende tab acid vir die dag gedrop het.
Die een ding wat die twee egter in gemeen het, is dat hulle oorspronklik was. Niemand kon soos Hunter skryf oor drugs vat nie en niemand kon ‘n bos en ‘n olifant so fokken impressive maak soos Tannie Dalene nie. Dit was hulle eie, oorspronklike idees.
So as jy ‘n lekker af naweek het, gebruik jou tyd om te chill en kak aan te jaag met geen langdurige gevolge nie. Moet tog assefokkenblief net nie besluit om een of ander true original se kak te loop staan en vertaal en ‘jou eie’ te maak nie.
Nie soos hierdie fokken nool nie:
PS – As jy arm genoeg is om nie te kan weggaan nie, maar ryk genoeg om dstv te bekostig, check vanaand om 21:30 op kykNet hoe Melt die pis vat uit vertalings met ‘n lekker (kak) Credence nommertjie. Die Middernag Spesiale Aanbod.
Maar nou eers vir ‘n advertensie. Tiete:
Watkykjy staan op 3,084,307 post views in totaal sedert 1 November, 2019.