‘n Post oor Facebook hier op Watkykjy is nou al vir so 8 jaar lank overdue, toe skiem ons maar om vir julle ‘n boksie vol tools te gee om Facebook beter te gebruik. Actually praat ons boktos. Dis nie ‘n variety van tools nie. Dis maar net 30 prentjies wat ons gemaak het om jou rondfokkery op Facebook so bietjie meer kleurvol te maak.
Situasie:
Op ‘n gereelde basis duik daar een of ander naai op wat luidkeels aankondig dat dit nou tyd geword het om bietjie van ‘n culling ‘n Facebook te doen, bietjie ontslae te raak van die dooie hout en net die “Ware vriende” sal waardig genoeg wees om die persoon se Facebook vriend te bly. Vir nou. Tot die volgende rapture. Asof die persoon Jesus is en afkom aarde toe vir die uitverkorenes om in sy space ship te laai en weer terug hemel toe te bars deur die wolke in al sy glorieryke awesomeness. Hier is vir jou ‘n tip: Bly net stil en delete die mense wat jy fokol like. Jy hoef dit nie met trompettergeskal aan te kondig nie.
Voorbeeld:
Dit word gewoonlik in Engels gedoen sodat die odd token swart of indië “vriende” ook mooi kan verstaan dat jy besig is om jou state of the Nation speech te maak:
“Dear Facebook Friends, I’ve been wondering when and how to do this for a while now but the time has come for me to bite the bullet and clean up what I’m doing on Facebook. For 99% of you – this means that I’m about to de-friend you from my personal account on Facebook. It is nothing personal – in fact…. that is what this is all about…. my personal account on Facebook does need to be personal and its not. To use a phrase Ed Dale used in doing this same thing – It’s not You It’s Me. I hope you’ll allow me to explain why I’m doing this and and provide those of you who wish to remain connected with some alternatives.
Oplossing:
Situasie:
Dit is die ou PC versus Mac, Android/Samsung versus Apple, Windows versus Linux (of enige van die 15 weergawes daarvan) debat. Jy ken daai fight, jy maak uit van die diktrildril. Jy was al deel daarvan.
Voorbeeld:
“Fok, julle, dis alweer ‘n mal dag op kantoor. Ek dink nie ek gaan deur al hierdie werk kom nie. Ek het moerse tight deadlines. See you on the flipside!”
*post foto van koffie, leather mansak en random boek oop doelgerig en noukeurig langs Mac met oop screen*
Oplossing:
Situasie:
Die patesiese kermgat maatjies. Die lewe is altyd swaarder as ‘n sak lood wat om sy linkerklok of -tiet met flatwrap razor wire vasgemaak is. Kak en drama (meestal kripties sodat jy daaroor moet uitvra) en geen cutlery om dit mee op te vreet nie.
Voorbeeld:
“Ugh, ek kan nie meer nie!”
“Ek het niks slaap ingekry gisteraand nie en vandag het ek <insert siekte of kwale hierso>”
Oplossing:Situasie:
Jy het een van hierdie vriende wat so fokken gullible is soos ‘n ANC supporter met elke verkiesing. Daai “vriend” wat links en regs total bullshit stories share. Ons praat nie hier van skinder nie, maar daai bogus nuusberigte.
Voorbeeld:
” Haai jille, ek share gewoonlik nie hierdie tiepe goet nie ma muni wee by KFC kos kopi want hulle hou hoenirs lewendag aan in ienkiebyters!!1 Di was op Carte Blanch gewees vilede week! Deel bq m allie maaikies!!!”
Oplossing:
Situasie:
Daar is altyd daai een ou wat van die begin af glad nie deel was van die gesprek nie. Die bra wat ter elfde ure uitslaan, soos ‘n dronk ou imet ‘n bottel brannas by ‘n braai sonder mix wat daar uitslaan soos masels sonder dat hy uitgenooi was in die eerste plek. Daai bra wat manage om alles sleg en maak en eventually fokof en dronk terug bestuur huistoe sonder dat die koeltekonte hom aftrek in sy Kia.
Voorbeeld:
Basies almal op Sunetter Bridges se Facepoes page.
Oplossing:
Situasie:
Daar is altyd daardie een persoon wat poesbaie tyd op sy hande het en about elke fokken produk en company daarbuite se se Facebook pages like in die hoop om iets te wen. Elke kompetisie moet ge-fokken-enter word. Dis ‘n konstante uphill battle. Nie vir daardie persoon nie, maar vir jou. Dis ‘n fokken gebmors. As jy jou Facebook account oopmaak lyk dit of die kots reeds uit die tumble dryer gemoer het.
Voorbeeld:
“Haai julle, help my groot asseblief om hierdie post te like en met almal te share. Ek het sover 150 likes en kort nog net 300 om afslag op ‘n pakkie chips te wen! Ek kan dit regkry as elkeen van julle my help!”
*Tag 150 mense. Elke poeslike dag*
Oplossing:
Situasie: Die world travelers wat backpack deur Europa en dit heeltyd op Facebook post, maar op so manier dat hulle actually soos hipster dooskoppe lyk. Daai nauseating beterweterige updates waar hulle jou wil laat verstaan dat hulle heavy kultuur het, gesoute wêreldreisigers is en kom ons wees eerlik – beter as jy is.
Voorbeeld:
“Bucharest is waarlik een van die mooiste stede wat in tyd gaan stilstaan het. Dit herinner my effens aan ons besoek aan Praag verlede winter toe ons by Alexandreina en Padraigan (ons liefste Europese gay vriende) gaan kuier het. Dit is net soveel mooier hier in die winter. Ek en Suzani-Jan gaan more regig tyd insit om die antieke winkels in Lipscani stadig deur te stap en te kyk of ons handgemaakte keramiek worshonde kan opspoor. Hopelik sal die krampe van gister se perdry by Hipocam in Corbeanca nie te veel pla nie. O ja, Jõhõæn-Ghert, jy sal mal wees oor hulle Jumări – dit kos slegs 190 Lei, goedkoper as Avignon se bagquettes.
PS: vir die van julle wat nie weet nie, Jumări is basies gesmelte varkvet. Dit klink aaklig, maar dis njammies!
*post 50 fokken foto’s van die eerste dag en hulle is vir at least nog 4 weke op die bragging-trip
Oplossing:
Jy kry min of meer die idee. Ons gaan nie al dertig bespreek nie, anders eindig ons op met heeltemal te veel fokken leeswerk en ons hou jou in elk geval weg van jou precious Facebook tyd af by die werk.
Hierso is die res van die outjies. Hoop jy kan hulle doeltreffend aanwend op jou reistog deur Facebook se doolhof. Dit behoort jou min of meer te cover vir amper enige situasie.
Watkykjy staan op 3,091,355 post views in totaal sedert 1 November, 2019.