Fubar het gesorg dat Hasraf Dulull die Renderyard Short Film Festival vir Best Animation wen in 2011. Ons neem aan dat Fubar staan vir “fucked up beyond any repair” soos wat jy hom op skool geroep het: “Jissis, na daai drie skelm Hunter’s Dry by die sokkie was ek fubar gewees, my bra!”
Dis ‘n short film oor ‘n epiese politiese struggle tussen katte en honde in ‘n alternatiewe realiteit. Jy sal skiem die interwebs het klaar te veel katte en honde (veral as jy na jou simpel tjommies se Facebook fotos kyk), maar hierdie is nogal nice gedoen. Dis ‘n mix tussen ‘n comic book, visual effects en fotos. Waarop dit neerkom is 3D movement wat vanaf still photography ge-animate word en dis iets wat kaklank vat om reg te kry.
Heavy moeite.
Watkykjy staan op 3,116,906 post views in totaal sedert 1 November, 2019.