Deur Thys Nywerheid
Ons gaan vandag verder met nommer 12 tot 15 van ons 15 beste rock albums van alle tye. Lees deel III hierso.
12. Nevermind (1991) – Nirvana
Almal ken hierdie album. Almal. Ek het aanvanklik gewonder of ek dit hier moes insluit. My gunsteling album van die grunge era sal dalk eerder Soundgarden se Superunknown wees maar mens moet fair wees. Ten spyte daarvan dat hierdie album vrot gespeel is deur elke radio DJ van Antartika FM tot Radio Siberia klink dit steeds verfrissend as jy daarna luister . Kurt Cobain was verseker een van die beste rock song writers wat nog ooit geleef het en hy is op sy beste op hierdie album. Wat hierdie musiek so ongelooflik maak is die eenvoud daarvan. Enige musikant sal jou vertel dat dit baie moeiliker is om ‘n goeie tune te skryf wat eenvoudig is as wat dit is om iets complicated te doen. Enige Brakpan laaitie met ‘n Cash crusaders kitaar sal meeste van Nirvana se riffs kan jol maar die genius was om daai shit uit te dink. Something in the Way byvoorbeeld, is net 2 chords die hele song deur. Verder gebruik Nirvana nie eers volwaardige chords nie maar meestal power chords of 5th chords. Hierdie chord bestaan slegs uit 3 musieknote – die root note, die 5de noot van die rootnote se toonleer en die oktaaf. Die 3de noot wat die chord sy “major” of “minor” funksionaliteit gee ontbreek heeltemal. Daarsy, nou kry sommer ‘n free musiekles ook. My favourite songs op die album is Lithium, On a Plain en Polly maar hulle is almal goed. Die energy op hierdie album is ongelooflik en alles word netjies vasgegom met uistekende drumming deur ‘n dude wat op ‘n druppel lyk soos die vocalist en drummer van the Foo Fighters. Baie mense dink die Kurt Cobain legacy is verantwoordelik vir vandag se Emo kultuur waar almal deesdae net teem oor hulle eie kak maar ah well, whatever nevermind.
13. Rage against the machine (1992) – RATM
As jy ‘n album kry met ‘n Buddist monk wat homself aan die brand steek as ‘n vorm van protes op die omslag dan weet jy daar is groot kak oppad. Ontmoet Rage against the Machine, die band wat skuldig is aan van die beste protesmusiek in moderne musiekgeskiedenis. Rage is ook een van die eerste bands wat suksesvol rock en rap musiek gemeng het. Met Zack de la Rocha wat rap soos ‘n blaffende Pit-bull, Tim Commerford en Brad Wilk se fokkol nonsens rhythm section en Tom Morello op genius kitaar is dinge so warm soos daai arme brandende man op die omslag. Tom Morello is meins insiens een van die mees kreatiefste kitaarspelers wat nog ooit gelewe het. Exhibit A:
https://www.youtube.com/watch?v=6bjYAVk-DCs
(die doos wat hierdie video opgelaai het, het embedding disable, so gaan check hom uit)
Hierdie album is propvol gatskop riffs en skerp politiese liriekie. Killing in the name met sy hipnotiese “Fuck you, I won’t do what you tell me” is die beste middelvinger song in die heelal. Ek sal dit so geniet om dit vir Sanral te speel. Know your enemy, Bullet in your head, Township Rebellion en Bomb track is ander nommertjies wat deurtrek is van die wederstrewigheid en ondeundheid.
14. As jy met vuur speel sal jy brand (2003) – Fokofpolisiekar
Ek is nie ‘n fan van die hele “local is lekker“ trip nie. Net omdat iets nou local is moet dit nou spesiaal hanteer word. Dis soos die laat lammetjie wat nie so goed soos sy boeties en sussies presteer op skool nie en nou mamma se “spesiale seuntjie” is tipe tos. Nog minder val ek vir die hele “Afrikaans is groot“ pot snot. Óf iets is goed óf dit is kak. So simple soos dit. Of die band van Kazakstahn kom en of dit Yslandiese Gangster rap is, pla my glad nie – dit moet net lekker op die oor klink en Fokofpolisiekar klink lekker op die oor. Die feit dat hulle van ons buurland die Weskaap is en in Afrikôns sing is net toevallig. Die band is super tight, vrot van die attitude en die lirieke is vlymskerp. Vir dit wat dit werd is het Fokofpolisiekar ‘n rewolusie in Afrikaanse rock begin en was volgens my kennis die eerste band wat die woord “poes“ in hulle lirieke gebruik het. Dis nou as jy die Nederlandse kinderliedjies wat handel oor katte uitsluit natuurlik. Hierdie is hulle debut EP en bevat onder andere die legendariese tune Hemel op die Platteland maar al die ander tunes is net so cool. Daar is selfs ‘n versteekte snit aan die einde van die album waar 2 Afrikaners backward masking bespreek en Francois van Coke sing: “Sy soek dit in die anus eerste. En dan in die mond“. Wie sê Punk rock kan nie romanties wees nie?
15. Icky thump (2007) – The White Stripes
As jy ‘n kick ass vocalist, guitarist en song writer is maak dit nie saak of jou drummer suck en jy nie eens ‘n bassist het nie. In fact, dit kan jou net beter laat klink. All hail Jack White, die wereld se rock profeet van die 21ste eeu. Om te dink hy het nog nooit in sy lewe eens zol probeer nie, of so sê hy. Hard core verby, los die gateway drug vir die kinders en hardloop reguit na die wit lyne toe. Icky Thump is hulle sesde en laaste album en met songs soos Icky Thump, Bone broke, I’m Slowly turning into you en Rag and Bone wys Jack weereens dat hy ‘n meester van riffs is. Hierdie tunes is lekker rou en vol attitude en het ‘n sterk retro blues inslag sonder om cliché te wees. White Stripes is amper soos hierdie generasie se Led Zeppelin behalwe dat Bonzo ligjare beter as Meg White op die dromme. (Jammer Meg, ek belowe dis die laaste keer wat ek jou drom spel beledig in hierdie artikel.) Daar is ‘n briljante dokumentere movie getiteld “It might get loud“ waar Jimmy Page, the Edge en Jack White oor kitare praat. In hierdie movie openbaar Jack White sy kitaarspeel filosifie. Hy tune jy moet ‘n fight pick met jou kitaar – en die fight wen. Fokol van die playing-guitar-is-like-making-love bullshit, hierdie dude neem die Chuck Norris approach tot musiek en kom fok jou op met ‘n seven nation army.
Daar het jy dit, 15 albums wat elke rock en roll fan moet hê. Soos julle weet is daar ‘n legio albums wat net so goed soos hierdie albums is maar mens kan eenvoudig nie almal noem nie. Jy kan werklik oor goeie rock musiek skryf tot die dag wat Justin Bieber se stem breek.
Watkykjy staan op 3,090,335 post views in totaal sedert 1 November, 2019.