Deur Thys Nywerheid
Ons gaan vandag verder met nommer 4 tot 7 van ons 15 beste rock albums van alle tye. Lees deel I hierso.
4. Paranoid (1971) – Black Sabbath
Baie mense is van mening dat Led Zeppelin die eerste metal band was en alhoewel hulle ongetwyfeld een van die beste rock bands van alle tye is dink ek die “Rodney Seale toekenning vir die uitvinding van heavy metal” gaan ongetwyfeld na Black Sabbath toe. Paranoid is hulle tweede album en sluit klassieke nommers in soos uhm .. Paranoid, War Pigs, Iron Man en my persoonlike gunsteling Fairies wear boots wat handel oor ‘n dagga halusinasie waarby Ozzy en Geezer, die groep se baskitaarspeler feetjies gesien wat boots dra. Ek het eenkeer op die TV ‘n poes in boots gesien in die parlement maar dit was ongelukkiga nie ‘n halusinasie nie. Bie mense assosieer Sabbath met Ozzy en alhoewel hy ‘n ongelooflike front man is, is die eintlike groot kokkedoor agter Black Sabbath egter eintlik Tony Iommi, die groep se kitaarspeler. Deur die jare was hy die enigste konstante lid van Sabbath en volgens my is hy die meester van riffs. Alle metal riffs wat daar is, is net variasies op die riffs wat reeds deur Iommi geskryf is. Hy het die punte van sy eerste 2 vingers verloor in ‘n industriële ongeluk en dra steel caps om kitaar te kan speel. Hy het ook onlangs op ‘n wereldtoer gegaan en ‘n nuwe album opgeneem ten spyte van die feit dat hy kankerbehandeling gekry het tussendeur. Jip, die bra is hardcore verby!
5. Queen(1973) – Queen
Lank voordat Queen kak popmusiek geskryf het vir Vanilla Ice was hulle ‘n fenominale rock band. In fact, Freddy Mercury is sekerlik een van die beste rock vocalists van alle tye. Queen is die ouens wat camp cool gemaak het en ek praat nie nou van kamp en damduik by Buffelspoort nie. Volgens legende was Sex Pistols en Queen besig met opnames by dieselfde studio en Sid Vicious het by Queen ingeloer en tartend aan Mercury gesê “So Freddy, are you trying to sell ballet to the masses?“, waarop Mercury non-chalantly geantwoord het: “We are trying our best dear!”.
Hierdie is Queen se eerste album en bevat niks van die bekende tunes soos Bohemian Rhapsody en We will rock you nie. Dis egter ‘n briljante album en rock net so hard soos die musiek van enige van die ander harde rockers van die vroëe 70s soos Uriah Heep, Deep Purple en Black Sabbath (sien nommer 4). Op die eerste track, Keep yourself Alive word ons bekendgestel aan Brian May se ongelooflike kitaarspel en Brian toor met ‘n kitaar soos wat Steve toor met regses se emosies. Terloops, Brian het sy eie elektriese kitaar gebou waarmee hy sy hele loopbaan in Queen mee gespeel het. Na sy loopbaan in Queen het May hy sy Phd in Astrophysics voltooi. Hy is tans besig om ‘n Time machine te bou. Anyway, hierdie album skop seriously gat. Tunes soos Liar, Jesus en Great King Rat is good hard rock as God (or rather the Devil?) intended. Luister hierna as jy my nie glo nie.
Not too bad for a bunch of Queens.
6. London Calling (1979) – The Clash
Ontmoet The Clash, beste Punk Rock band ooit. Waar Sex Pistols essentially ‘n boy band was wat deur Malcolm Mclaren geskep is, is the Clash the real deal en hierdie is een befokte album. Op Rolling Stone se lys van 500 beste albums van alle tye is London Calling nommer 8, die hoogste van enige Punk rock groep. Met ‘n sterk ska aanslag strum Joe Strummer en sy mede bandiete tunes uit die boonste rakke op hierdie plaat. Punk rock het basies ontwikkel nadat mense begin gatvol raak het vir prog-rock bands met 17 minute kitaarsolos en the Clash is goed daarmee om dinge kort en kragtig te hou. In fact daar is 19 tunes op London Calling en almal klink lekker op die oor. Persoonlike hoogtepunte op die album is London Calling, Brand New Cadillac, Spanish Bombs en natuurlik The Guns of Brixton. En van die van julle wat dink Rock musikante word oud soos gewone sterflinge, check hierdie video uit van Mick Jones, kitaar speler van the Clash wat hier diep in sy 50’s seriously rock and rol vibes gooi met slegs sy stem en ‘n Fender Telecaster.
7. AC/DC – Back in Black
Of jy dink AC/DC staan vir Anti Christ/Devil’s Child of Alternate Current/Direct Current, oor een ding kan niemand stry nie: hierdie Ausies is een van die giftigste rock en roll orkeste wat nog ooit die luggolwe besoedel het met rock musiek. Met die Young boeties op kitaarmishandeling en Brian Johnson met sy stem soos ‘n mengsel van sand, gebreekte glas en whiskey weet jy jy speel nou met hoë voltage hier pappie! Hierdie album is opgedra aan hulle vorige vocalist Bon Scott wat een aand na ‘n wilde party die verkeerde afrit gevat het en op ‘n highway to hell beland het.
Die album begin met Hells Bells en wat ‘n fokken tune is dit nie. Give those dudes a Bells. A Hells Bells! Die res van die tunes op hierdie nederige ou plaatjie is ook nie te kak nie. In fact jy kan die hele aand party deur net hierdie album op repeat te hou. Dit sal jou die hele aand lank skud. Skud soos daai man met die bioniese arm homself in die bad skud. Dis ook nie ‘n staatsgeheim dat hierdie album gatskop nie want naas Micheal Jackson se Thriller is dit die album wat meeste kopië ooit verkoop het!
Watkykjy staan op 3,091,020 post views in totaal sedert 1 November, 2019.