As ek dit net tot Donderdag maak…
As ek dit net tot Donderdag maak, dan klim ek in die Swart Gevaar en druk hom innie rooi alliepad Swellendam toe. Want hierdie naweek, liewe Watkykertjies, gebeur daar ‘n grootse geleentheid genaamd Up The Creek…
O, om te kan sit en fokkol doen in die koelte van ‘n gazebo met ‘n laaaang drankie in my poot vasgeklem, die glas glimmend van die kondensasie soos die ys langsaam smelt in die Overbergse son – terwyl ek weet ander mense werk.
Om letterlik ‘n paar honderd meter te kan opstap na die verhoë en befokte local tunes te loop check. “Hey dude, bring sommer die coolbox saam ek sê! Nee, dis nie ver nie,” klink luid op soos klokkies uit die hemel.
O, om later jolig af te strompel na die bruin kronkels van die Breederivier en op jou rug te sit in ‘n lilo of cheap-ass bootjie met ‘n lafenissie byderhand. “Hey dude, bring sommer die coolbox saam ek sê. Nee, dis net hier onder!” sal iemand terugroep op pad af.
Om sommer so in die ronddryf lekker tunes te luister wat op die wal gespeel word. “Ja, net daar ou. Sommer hier by ons. Het jy skywe op jou, ek sê?” vra iemand hier agter my op ‘n vlot wat stadig verbydryf.
O, om in die koel dieptes water te trap of sommer net rond te mission terwyl mooie meisies in bikini’s ietsie vir die moeë oë van ‘n man bied daar in die sublieme skoonheid van die natuur. Sag op die oog. Sag…
Om later, as die son self begin koelte soek terug te keer na die kampplek, dié keer om reg te maak vir die nag se mannewales. Om ou vriende raak te drink by die kroeg en nuwes te maak in die gehoor terwyl ons boogie op die beat van kief kunstenaars soos Black Cat Bones, AKING, Hot Water, The Ballistics, Mean Black Mamba, Piet Botha & The Lyzyrd Kyngs, Gerald Clark, Taxi Violence, Nomadic Orchestra, Bandolero en vele meer.
Om by die kamp te after-party met ‘n bottel Jäger en baie kakpraat tot die vroeë ure van die oggend voor ons rooigebrand en blinkgedrink in ons tente intuimel, net om als weer die volgende twee dae te herhaal.
As ek dit net tot Donderdag kan maak…
Sorry maar kaartjies is ongelukkig uitverkoop. As jy ene soek, check die Up The Creek Facebook Page (https://www.facebook.com/UpTheCreek.MusicFestival) uit vir ouens wat dit nie maak nie. Fokkol kaartjies by die hek, china.
As jy ‘n kaartjie het en na die fees toe kom, ry asb poes stadig en poes versigtig op die grondpad. Hulle is besig om te skraap daaraan en jy gaan jou Corsa Lite omgooi en jou crew beseer of vrekmaak. Buddies doen nie dit nie.
Watkykjy staan op 3,090,783 post views in totaal sedert 1 November, 2019.