‘n Watkykertjie het by ons kom aanklop om raad te vra. Hy wil graag sy kief tjor restoureer. Maybe kan een van julle kokkelolle hom uithelp. Drop sommer jou advies hieronder in die comments section
Dagse Griff
Hoop als is wel aan jou kant.
Ek het so ruk terug gesien jy is in die proses om n Hudson te restoreer en wou weet of jy nie dalk kennis dra van Restorers in die Kaap nie. Ek weet jy sit in GP en aangesien jy nou en dan by car shows uithang, het ek gehoop jy sal dalk n paar contacts he. Die ouens weet mos maar gewoonlik van mekaar. Ek kry nie iets op die net nie.
Ek het n ’71 Fairlane aangeskaf want my inner-zef kan nie n V8 weerstaan nie! Jy ken die storie……..
Die kar is in n moer goeie kontdisie ma ek wil hom weer blink laat maak.
Sal waardeer as jy kan help!
Watkykjy staan op 3,091,364 post views in totaal sedert 1 November, 2019.